{"id":44540,"date":"2017-08-20T13:09:51","date_gmt":"2017-08-20T11:09:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44540"},"modified":"2017-08-20T15:35:48","modified_gmt":"2017-08-20T13:35:48","slug":"dan-roodt-apple-paypal-en-die-res-van-die-goolag-moet-geboikot-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44540","title":{"rendered":"Dan Roodt: Apple, PayPal en die res van die Goolag moet geboikot word"},"content":{"rendered":"<p>Die situasie wat hom tans in die VSA afspeel, hou ook vir ons verreikende gevolge in. Soos enige nugter mens reeds besef het, lui die huidige alliansie tussen polities korrekte globale maatskappye en maatskaplikegeregtigheidskrygers (MGK\u2019s) \u2018n nuwe tydvak van sensuur en sentrale beheer in, die tyd van die \u201cGoolag\u201d. Laasgenoemde woordspel met Google se naam is gemunt of ten minste beroemd gemaak deur die programmeerder James Damore wat dit gewaag het om \u2018n memorandum te skryf waarin hy portuurbeoordeelde feite oor die verskillende loopbaanbelangstellings en gedragspatrone van die geslagte aangehaal het. In vandag se hiper- polities korrekte omgewing was die suggestie dat die geslagte mag verskil, genoeg om Damore afgedank te kry.<\/p>\n<figure id=\"attachment_44546\" aria-describedby=\"caption-attachment-44546\" style=\"width: 235px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/jamesdamore2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-44546\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/jamesdamore2-235x300.jpg\" alt=\"\" width=\"235\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/jamesdamore2-235x300.jpg 235w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/jamesdamore2-116x148.jpg 116w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/jamesdamore2-24x31.jpg 24w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/jamesdamore2-30x38.jpg 30w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/jamesdamore2-168x215.jpg 168w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/jamesdamore2.jpg 507w\" sizes=\"auto, (max-width: 235px) 100vw, 235px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-44546\" class=\"wp-caption-text\">James Damore, die IT-ingenieur wat afgedank is omdat hy wou aantoon dat mans en vrouens nie noodwendig dieselfde loopbaankeuses maak nie.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit het doodmaklik vir MGK\u2019s of linkse aktiviste geword om gewoon klagtes by globale internetreuse soos Google, Facebook, Twitter, Instagram, PayPal, ens., aanhangig te maak teen organisasies of individue aan die dissidente regterkant van die spektrum wie se rekeninge dan eenvoudig opgeskort of gesluit word sonder enige bohaai in die vorm van app\u00e8lprosedures of feitelike ondersoeke. N\u00e1 alles is Amerikaners veronderstel om \u2018n wye mate van spraakvryheid te geniet, ten minste in teorie, danksy die Eerste Wysiging aan die Amerikaanse Grondwet, sonder dat die wet deur sodanige spraak oortree word.<\/p>\n<p>Oor die laaste paar dae het <a href=\"http:\/\/freewestmedia.com\/2017\/08\/19\/tech-companies-move-to-take-down-alt-right-websites-from-internet\/\">tegnologiemaatskappye egter op altregse webblaaie toegeslaan<\/a> en hulle van die internet verwyder. \u2018n Hele paar huishoudelike name in Amerika en in Suid-Afrika, waaronder Apple wat die w\u00eareld se waardevolste maatskappy na sy markkapitalisering is, het hul eens met Links verklaar in die huidige \u201ckultuuroorlog\u201d wat tans in die VSA en die meeste Westerse lande woed. Geen van die topvyf globale tegnologiereuse (Apple, Alphabet\/Google, Microsoft, Amazon en Facebook), kan van regse politieke voorkeure verdink word nie. Google en Facebook ondersteun sensuur en die onderdrukking van pro-blanke, pro-manlike en sogenaamde \u201csisgender\u201d-standpunte, terwyl Amazon die <em>Washington Post<\/em> besit en Bill Gates verkies om sy enorme rykdom in Afrika uit te gee.<\/p>\n<p>Dog die HUB van Apple, Tim Cook, het \u2018n nuwe hoogtepunt, of eerder laagtepunt, bereik toe hy selfs die matige intellektuele debat oor die probleme van multikulturalisme as kriminele \u201chaatspraak\u201d gestigmatiseer het en besluit het om self as mega-maatskappy by politieke spraak in te meng.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/apple-sensuur.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-44547\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/apple-sensuur.jpg\" alt=\"\" width=\"635\" height=\"480\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/apple-sensuur.jpg 635w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/apple-sensuur-300x227.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/apple-sensuur-148x112.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/apple-sensuur-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/apple-sensuur-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/apple-sensuur-284x215.jpg 284w\" sizes=\"auto, (max-width: 635px) 100vw, 635px\" \/><\/a>Apple se produkte verkeer gewoonlik op die lys van GWWH (\u201cgoed waarvan witmense hou\u201d) en, soos Mercedes of BMW, is die hoofmarkte vir sy produkte in die ontwikkelde, ho\u00eb-inkomstew\u00eareld te vinde. Hoewel Cook \u201cnie sy opgewondenheid oor Indi\u00eb kan beteuel nie\u201d, soos hy verlede jaar verklaar het, beskik Apple slegs oor drie persent markaandeel in daardie hoogs bevolkte Suid-Asiese land.<\/p>\n<p>Ironies genoeg besit vele altregse ondersteuners iPhones. Persoonlik gebruik ek ook een maar slegs omdat ek \u2018n gebruikte model verniet gekry het en omdat ek as deel van \u2018n spesiale pakket onbeperkte oproepe in Suid-Afrika teen R149 per maand kan maak. Andersins sou ek tevrede gewees het met enige ou nie-Apple-foon, waaronder \u2018n paar puik Sjinese fone soos Xiaomi wat veel beter waarde vir geld en ho\u00ebr spesifikasies as die jongste iPhone bied. Om nie te vergeet van Apple se aartsmededinger, die Suid-Koreaanse Samsung nie, wat meer slimfone as enige ander maatskappy verkoop.<\/p>\n<p>Die punt is: soos met die Spurboikot, kan ons almal sonder iPhones, MacBooks of enige van Apple se ander veel geadverteerde produkte klaarkom. Daar moet ten minste 100 miljoen Europe\u00ebrs of Europese Amerikaners wees, indien nie 200 of 300 miljoen nie, wat dalk bekommerd mag raak oor die koms van \u2018n hoe-tegnologies Goolag wat die hele planeet in \u2018n weergawe van George Orwell se <em>1984<\/em> mag verander waarin niemand dit waag om denkmisdaad (<em>thoughtcrime<\/em>) of spraakmisdaad (<em>speechcrime<\/em>) te pleeg nie. Dis nog \u2018n ironie: Apple het aanvanklik verwysings na <em>1984<\/em> in sy advertensies gebruik met die loodsing van sy MacIntosh-rekenaar in die middeltagtigerjare teen \u201cGrootbroer\u201d IBM. Hoe is die rolle nie omgekeer nie! In Orwelliaanse terme, het Apple so pas aangemeld om die grootste globale lid van die Denkpolisie (<em>Thought Police<\/em>) te word.<\/p>\n<p>Waarom dan nie maar Apple, PayPal, Google en ander teg-maatskappye boikot nie? O\u00ebnskynlik het hulle \u2018n nuwe vorm van ontwerpersowjetisme omhels, waar \u2018n pragtige uiterlike en demokratiese clich\u00e9s \u2018n sinistere geneigdheid tot totalit\u00eare beheer en die onderdrukking van afwykende menings verdoesel. Dit sou tragies wees indien die spraakvryheid en alternatiewe media wat deur die internet losgelaat is deur enkele \u201carbitr\u00eare besluite\u201d deur tegnologie-amptenare onderdruk mag word, om nou \u2018n frase te gebruik wat vandeesweek deur die HUB van Cloudflare gebesig is toe hy ges\u00ea het: \u201cEk het vanoggend in \u2018n slegte bui wakker geword en het besluit om hulle (die <em>Daily Stormer<\/em>-webblad) van die internet af te skop. Dit was \u2018n besluit wat ek kon neem omdat ek die HUB van \u2018n groot internetinfrastruktuurmaatskappy is.\u201d<\/p>\n<p>Dit spreek vanself dat \u2018n blad soos Andrew Anglin se <em>Daily Stormer<\/em> met sy positiewe toespelings op nazisme hoogs omstrede is, maar gegewe die linkse kultus van revolusion\u00eare geweld wat dekades lank al toegelaat word om te gedy, waarmee Ch\u00e9 Guevara en lede van die Italiaanse Rooi Brigade-terroristegroep as hoofstroomhelde voorgestel word, behoort daar tog effens \u201cruimte\u201d aan die regterkant ook te wees, vir mense om ideologiese eksperimente of stilistiese oortredings te pleeg\u2026 nie waar nie? As student het ek \u2018n nagraadse verhandeling oor die teorie van \u201coortreding\u201d in die Franse erotiese letterkunde geskryf, en dis \u2018n gegewe dat die internet ook pornografie in elke huis ingebring het. Dus, waarom nie ook politieke pornografie, tussen instemmende volwassenes, verdra nie? N\u00e1 alles word niemand gedwing om Andrew Anglin te lees, of Milo Yiannopoulos of Richard Spencer of enige van die meer gewaagde stemme wat die afgelope paar jaar met Altregs verbind word nie.<\/p>\n<p>Maar daar is twee probleme wat ons nou in die gesig staar, danksy die totalitarisme van Groot Tegnologie: betalings en huisvesting. Albei kan myns insiens taamlik maklik opgelos word, en kan tot opwindende nuwe sake-ondernemings lei soos wat pro-Westerse groepe regoor die w\u00eareld besef dat die PK maatskappye, banke en betaalstelsels nie langer ons ondersteuning verdien nie.<\/p>\n<p>Hier in Suid-Afrika is ons dalk steeds vryer, want aangesien die rand nie altyd as \u2018n geldeenheid deur PayPal en ander globale stelsels aanvaar word nie, bestaan daar plaaslike oplossings en alternatiewe betaalstelsels. Ook ondervind die privaat sektor in ons land ander probleme met ons regering en sou dus onwillig wees om nuwe politieke kwessies te ontketen deur dienste te weier aan blankes wat ietwat regs van die politieke sentrum verkeer. Dus as \u2018n korttermynmaatre\u00ebl, is dit selfs moontlik om Amerikaanse of Europese betalings op die web of met kredietkaarte via Suid-Afrika te kanaliseer terwyl nuwe betaalstelsels ontwikkel word.<\/p>\n<p>Wat die huisvesting van webblaaie betref, lyk al die groot maatskappye verdag en sou dit daarom riskant te wees om steeds hul dienste te gebruik. Maar weereens, kan enige kragtige rekenaar wat vir so R15 000 of so uit onderdele gebou kan word, tesame met \u2018n vinnige internetkoppeling, en met gratis programmatuur soos Linux en Apache, opgestel word as \u2018n webbediener wat miljoene bladsyonttrekkings sou kon hanteer. Ideaal behoort daar \u2018n nuwe huisvestingsmaatskappy met \u2018n wolk rekenaars in verskeie Westerse lande met geheime liggings opgerig te word sodat vyandige regerings of Groot Teg ons nie meer kan stilmaak nie. Uiteindelik sou alle reg(s)denkende mense van so \u2018n diens gebruik maak omdat spraakvryheid en betroubaarheid die grondbeginsels daarvan sou uitmaak.<\/p>\n<p>Sogenaamde \u201ctorrent\u201d-dienste soos die berugte <em>The Pirate Bay<\/em> waarmee gratis musiek en films afgelaai kan word, het reeds opspraakwekkende hofsake en regeringsklopjagte oorleef, sonder om gesluit te word. Hulle metodes behoort bestudeer te word; nie omdat ons enigiets onwettigs wil aanvang nie, maar as jy jou bediener vir regerings en Hollywood-ateljees kan wegsteek, kan dit sekerlik minder toeganklik vir linkse MGK\u2019s ook gemaak word.<\/p>\n<p>Dit klink na \u2018n gemeenplaas deur een van daardie ellendige \u201csakeskole\u201d waar mense soos Willie Esterhuyse vegeteer, maar kom ons \u201cmaak van te\u00ebspoed \u2018n geleentheid\u201d!<\/p>\n<p>En sit maar daardie iPhones weg. As Apple die handelsmerk vir onwettige immigrante en die AntiFa wil wees, grawe die maatskappy sy eie ondergang.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die situasie wat hom tans in die VSA afspeel, hou ook vir ons verreikende gevolge in. Soos enige nugter mens reeds besef het, lui die huidige alliansie tussen polities korrekte globale maatskappye en maatskaplikegeregtigheidskrygers (MGK\u2019s) \u2018n nuwe tydvak van sensuur en sentrale beheer in, die tyd van die \u201cGoolag\u201d. Laasgenoemde woordspel met Google se naam [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":44541,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[23732,24065,24069,22110,24068,24066,24070,2276,24063,22158,24071,17110,24064,7321,21090,24067],"class_list":["post-44540","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-altregs","tag-amazon","tag-andrew-anglin","tag-apple","tag-betaalstelsel","tag-cloudflare","tag-daily-stormer","tag-google","tag-goolag","tag-iphone","tag-milo-yiannopoulos","tag-richard-spencer","tag-samsung","tag-spraakvryheid","tag-s26-tegnologie","tag-tim-cook"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44540"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44540\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44541"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}