{"id":44480,"date":"2017-08-11T16:04:08","date_gmt":"2017-08-11T14:04:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44480"},"modified":"2017-08-11T16:04:08","modified_gmt":"2017-08-11T14:04:08","slug":"google-dank-ingenieur-af-omdat-hy-geslagsverskille-raaksien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44480","title":{"rendered":"Google dank ingenieur af omdat hy geslagsverskille raaksien"},"content":{"rendered":"<p>Nadat Google vir James Damore, skrywer van &#8216;n manifes waarin &#8216;n feitelike, wetenskaplike benadering tot die beweerde &#8220;geslagsgaping&#8221; by tegnologie verdedig word, afgedank het, het vele Google-werknemers sy mening ondersteun.<\/p>\n<p>Damore se manifes van tien bladsye lank druis in teen die heersende linkse en &#8220;progressiewe&#8221; narratiewe by die maatskappy. Die voormalige Google-ingenieur staan by sy sienings en s\u00ea dat die maatskappy poog om sy reputasie skade te berokken.<\/p>\n<p>Damore, wat Maandag deur die soekenjinreus afgedank is, het sy menings Woensdag in gesprek met Bloomberg TV verdedig, waartydens hy aangevoer het dat die biologie vroue verhoed om ewe goed as mans in die tegnologienywerheid te vaar en het die maatskappy vir sy &#8220;links-neigende vooroordele&#8221; gekritiseer.<\/p>\n<p>Damore s\u00ea hy het reeds\u00a0 &#8216;n maand gelede sy memorandum gedeel, maar niemand &#8220;ho\u00ebr op het ooit na my toe gekom en ges\u00ea, &#8216;Moenie so iets doen nie,&#8217; in weerwil daarvan dat vele mense daarna gekyk het,&#8221;het Damore aan Bloomberg ges\u00ea. &#8220;Dit was eers toe dit viraal begin versprei dat senior bestuur begin het om my te hoon en my uiteindelik af te dank.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het &#8216;n klag by die Nasionale Arbeidsverhoudingeraad in die VSA aanhangig gemaak waarin hy aanvoer dat Google se senior bestuur &#8220;wanvoorstellings van my maak en my hoon ten einde my griewe in die doofpot te stook&#8221;.<\/p>\n<p>Damore voer aan dat biologiese verskille veroorsaak dat vroue onderverteenwoordig is in die tegnologiebedryf\u00a0 en nie weens vooroordeel of diskriminasie nie. Hy benadruk verder dat &#8220;die verspreiding van voorkeure en vermo\u00ebns van mans en vroue ten dele om biologiese redes verskil en dat di\u00e9 verskille mag verklaar waarom ons nie &#8216;n ewe verteenwoordiging van vroue in tegnologie en leierskap sien nie&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Daar was &#8216;n gesamentlike poging deur die senior bestuur om &#8216;n baie duidelike sein uit te stuur dat d\u00edt waarmee ek besig is skadelik en verkeerd is en nie Google verteenwoordig nie,&#8221; verduidelik Damore. &#8220;Dit sou op loopbaanselfmoord neerkom vir enige uitvoerende amptenare of direkteure om my te ondersteun.&#8221;<\/p>\n<p>Ondanks Siliconvalleimaatskappye\u00a0 wat hoog opgee oor &#8220;personeeldiversiteit&#8221; in &#8216;n bedryf wat deur blanke mans oorheers word, het die geslagsbalans nie verbeter nie. Maatskappye soos Google, Facebook en Microsoft maak gereeld &#8220;diversiteitsverslae&#8221; bekend waarin di\u00e9 toestand duidelik is.<\/p>\n<p>Maandag, op dieselfde dag waarop Damore deur Google afgedank is omdat hy &#8220;maatskappyre\u00ebls verbreek het&#8221;, het die maatskappy se hoofuitvoerendebeampte, Sundar Pichai, paradoksaal genoeg verklaar dat dit &#8220;nie OK&#8221; is vir werknemers om te voel dat hulle nie &#8220;veilig hul menings mag uitspreek nie (veral diegene met &#8216;n minderheidstandpunt)&#8221;.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">In the Google employee handbook. <a href=\"https:\/\/t.co\/DFRJPgTntY\">pic.twitter.com\/DFRJPgTntY<\/a><\/p>\n<p>\u2014 RAMZPAUL (@ramzpaul) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/ramzpaul\/status\/895098157536825348\">August 9, 2017<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>In sy internetmemorandum met die opskrif \u201cGoogle\u2019s Ideological Echo Chamber \u2013 How bias clouds our thinking about diversity and inclusion\u201d, argumenteer die ingenieur dat geslagsverskille &#8220;nie bloot sosiaal gekonstrueer word nie&#8221;.<\/p>\n<p>Die skrywer s\u00ea dat di\u00e9 beleid op ideologie gegrond is en nie op rasionaliteit nie en noem verskeie wetenskaplike studies waarin bevind is dat mans en vroue (as kategorie\u00eb, nie as spesifieke individue nie) vanuit verskeie maatskaplike gesigspunte ongelyk is.<\/p>\n<p>Hy voer insgelyks aan dat kulturele vooroordeel alleen nie die gaping kan verklaar nie, en dit maak nie sin om na gelyke groepsverteenwoordiging in alle beroepe te streef nie. Google se beleid, wys hy inderdaad uit, is gegrond op onbewese ideologie, nie op die wetenskap nie.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">After today&#8217;s firing of a Google engineer for the diversity memo, ask yourself would any scientist publicly say climate change isn&#8217;t real?<\/p>\n<p>\u2014 Michael Gray (@graywolf) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/graywolf\/status\/894749712305102849\">August 8, 2017<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>In weerwil van al die praatjies oor inklusiwiteit en diversiteit, is die werklikheid dat as jy nie blank of Asies is nie, het jy slegs &#8216;n vyf persent kans om lid van Google se leierskapspan te word. En terwyl 31 persent van Google se werknemers vroue is, is slegs 20 persent van die maatskappy se tegniese werknemers vroulik.<\/p>\n<p>As dit by rekenaar- en wiskundige beroepe kom, toon die syfers duidelik dat vroue en mans nie gelyk verteenwoordig is nie. In 1960 het vroue 27 persent van sulke betrekkings beklee, en dertig jaar later is hulle 35 persent.<\/p>\n<p>In 2013 het die aantal vroue in rekenaar- en wiskundige beroepe tot 26 persent teruggesak, en duidelik nie omdat minder vroue universiteit toe gaan nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Ondersoek deur die Amerikaanse onderwysdepartement het aangetoon dat meer vroue as mans universiteit toe gaan en grade behaal, maar mans en vroue oefen verskillende keuses uit. &#8216;n Onlangse studie deur die Georgetownse Universiteit het aangetoon dat 80 persent van petroleumingenieursgraduandi mans is. So ook byna 70 persent van diegene wat wiskunde rekenaarwetenskap as hoofvakke neem.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nadat Google vir James Damore, skrywer van &#8216;n manifes waarin &#8216;n feitelike, wetenskaplike benadering tot die beweerde &#8220;geslagsgaping&#8221; by tegnologie verdedig word, afgedank het, het vele Google-werknemers sy mening ondersteun. Damore se manifes van tien bladsye lank druis in teen die heersende linkse en &#8220;progressiewe&#8221; narratiewe by die maatskappy. Die voormalige Google-ingenieur staan by sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44480\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Google dank ingenieur af omdat hy geslagsverskille raaksien&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44481,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[24045,2276,24046],"class_list":["post-44480","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-geslagsverskille","tag-google","tag-james-damore"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44480","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44480"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44480\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44481"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44480"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44480"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44480"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}