{"id":44364,"date":"2017-07-21T11:45:21","date_gmt":"2017-07-21T09:45:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44364"},"modified":"2017-07-21T11:45:21","modified_gmt":"2017-07-21T09:45:21","slug":"1984-bly-bo-aan-die-blitsverkoperlyste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44364","title":{"rendered":"\u20181984\u2019 bly bo-aan die blitsverkoperlyste"},"content":{"rendered":"<p>George Orwell se distopiese roman, <em>1984<\/em>, bly gewild, moontlik omdat die w\u00eareld beweeg in die rigting van &#8216;n totalit\u00eare staat met onophoudelike propaganda en sielkundige manipulasie, nes hy voorsien het.<\/p>\n<p>Alvorens Orwell <em>1984<\/em> geskryf het, het hy tydens die Tweede W\u00eareldoorlog vir die Britse regering as &#8216;n propagandis gewerk.<\/p>\n<p>Hy het aanvanklik die roman 1980 genoem, en daarna 1982, voordat hy op <em>1984<\/em> besluit het. Die boek is in 1948 geskryf, wat sommige laat glo dat hy bloot die laaste twee syfers van die jaartal omgeruil het. &#8216;n Ander titel wat hy oorweeg het, was glo The last man in Europe.<\/p>\n<p>Orwell het vele elemente in sy boek aan Japannese propaganda ontleen. Die \u201cDenkpolisie\u201d in die boek is gegrond op die Japannese geheime polisie tydens die oorlogsjare wat mense goedsmoeds vir \u201conpatriotiese gedagtes\u201d in hegtenis geneem het. Hul amptelike naam was <em>Kempeitai<\/em>, wat besig was met &#8216;n \u201cdenkoorlog\u201d.<\/p>\n<p>Terwyl Orwell besig was om die boek te skryf, is hy met tuberkulose gediagnoseer. Hy het sewe maande nadat 1984 gepubliseer is aan di\u00e9 siekte gesterf.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-44366\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/orwell2-300x104.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"104\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/orwell2-300x104.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/orwell2-148x51.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/orwell2-31x11.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/orwell2-38x13.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/orwell2.jpg 382w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/>Ondanks die feit dat Orwell se roman &#8216;n historiese blitsverkoper verteenwoordig, figureer dit steeds onder die w\u00eareld se toptien van boeke wat die meeste verbied word. Dit skets die toekoms van &#8216;n samelewing sonder vrye wil, privaatheid en waarheid. Dit was ook &#8216;n bedekte aanval op Josef Stalin en die Sowjetheerser se berugte \u201cmiddernagsuiwerings\u201d. Daarom is 1984 ook dan in 1950 deur die Sowjetunie verbied, aangesien Stalin begryp het dat dit &#8216;n satire op sy leierskap was.<\/p>\n<p>Terwyl vele mense die boek as \u201canti-kommunisties\u201d sien, hou sommige vol dat dit \u201cpro-kommunisties\u201d is. Die ironie is dat &#8216;n boek wat waarsku teen totalitarisme dikwels gesensureer word deur&#8230; totalitariste.<\/p>\n<p>In 2002 is Orwell se boek Animal Farm op skool in die Verenigde Arabiese Emirate verbied, omdat dit sekere dele bevat wat teen Islamitiese waardes indruis, waaronder die voorkoms van &#8216;n mensagtige, pratende vark.<\/p>\n<p>Orwell is self deur die Britse regering dopgehou terwyl hy sy roman oor regeringsmonitering geskryf het. Die Britse regering was bekommerd dat Orwell oor \u201csosialistiese menings\u201d beskik het nadat hy The road to Wigan Pier, &#8216;n ware verhaal oor armoede en die toestand van die laer klas in Engeland, gepubliseer het.<\/p>\n<p>Hoewel Suid-Afrika oor die afgelope paar dekades gebuk gaan onder &#8216;n intense propagandastryd en die land tans insgelyks neig in die rigting van &#8216;n totalit\u00eare distopie, is <em>1984<\/em> nog nooit in Afrikaans vertaal nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>George Orwell se distopiese roman, 1984, bly gewild, moontlik omdat die w\u00eareld beweeg in die rigting van &#8216;n totalit\u00eare staat met onophoudelike propaganda en sielkundige manipulasie, nes hy voorsien het. Alvorens Orwell 1984 geskryf het, het hy tydens die Tweede W\u00eareldoorlog vir die Britse regering as &#8216;n propagandis gewerk. Hy het aanvanklik die roman 1980 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44364\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;\u20181984\u2019 bly bo-aan die blitsverkoperlyste&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44365,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,7],"tags":[24009,10575,7343,6002],"class_list":["post-44364","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c87-boeke","category-s27-vermaak","tag-24009","tag-distopie","tag-george-orwell","tag-propaganda"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44364","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44364"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44364\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44365"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44364"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44364"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44364"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}