{"id":44350,"date":"2017-07-19T11:08:43","date_gmt":"2017-07-19T09:08:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44350"},"modified":"2017-07-19T11:08:43","modified_gmt":"2017-07-19T09:08:43","slug":"brief-ons-volkstaat-se-naam-is-suid-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44350","title":{"rendered":"Brief: Ons volkstaat se naam is Suid-Afrika"},"content":{"rendered":"<p>Daar is drie henne op die werf. Twee l\u00ea al eiers. Daar is geen haan, dus l\u00ea hul onbevrugte eiers.<\/p>\n<p>Een is broeis. Ek kry haar weer vanoggend op die plek waar hulle eiers l\u00ea en ek verwilder haar waar sy op daardie enkele eier gaan l\u00ea tot hy vrot is: Want dis &#8216;n onbevrugte eier. En al is daar tien eiers wat sy wil uitbroei, dit gaan nie help nie. Want dis onbevrugte eiers.<\/p>\n<p>So is dit met ons volk.<\/p>\n<p>Verskoon maar die terme waarvolgens ek leierskap bespreek en dat ek aanvoer leierskap het &#8216;n bevrugtende taak. Maar dis nou maar eenmaal so: &#8216;n Leier of leierskap het &#8216;n bevrugtende taak wat die volk betref. Is daar nie &#8216;n leier en leierskap nie, sit die Afrikanervolk sonder bevrugte politiek. Klaar. Oor. Uit. Aanskou die les van meer as twintig vermorste jare.<\/p>\n<p>Daar is die oulikste eiers gel\u00ea en die volk en sy hoofsaaklik alternatiewe nuusmedia het al wat ideologie en dwaling en godsdienstige rigting is verken. Of die volk nie sy aard, sy godsdiens, sy politieke toegeneenthede, ken nie maar tog het die volk die moeite gedoen en al die uiteenlopende filosofie\u00eb besnuif en befrons om te kyk waar hy die waarheid dalk misgelees of misgehoor het.<\/p>\n<p>Ja, die volk het &#8216;n mooi klompie eiers in die nes onder hom gekry. En gebroei. En sommer later vir hom broeimasjiene gekry om te help om die eiers uit te broei. Maar niks broei uit nie, genugtig.<\/p>\n<p>Een van die broeimasjiene is vir &#8216;n volkstaat. Wat hulle nou nog soek. Gaan lees die twak wat sekere webwerwe verkoop, hulle soek nog &#8216;n volkstaat en al daardie eienaardige vorme van &#8220;selfbeskikking&#8221;: Ons het ons volkstaat en sy naam is Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Hulle wil volkstate omlyn en kaarte trek. So al of hulle Vasco da Gama en Bartlomias Dias is wat nog &#8216;n seeweg na Indi\u00eb soek. Of kaptein James Cook wat met &#8216;n paar skepe \u2014 ja, ook kaarttekenaars en navigators het hulle genoeg\u00a0\u2014 presies wil gaan uitvind waar Van Diemensland is en as Van Diemensland daar is, gaan kyk of die vestiging van nog &#8216;n Britse kolonie moontlik is.<\/p>\n<p>Die Afrikanervolk weet waar is sy land, hy sal net weer en klaarblyklik n\u00e1 harde en dadelike stryd harde grense moet trek.<\/p>\n<p>Maar sonder die bevrugtende en bevestigende rol van &#8216;n leier en leierskap sal die Afrikanervolk nie gedoen kry wat hy moet nie.<\/p>\n<p>\u2014 Hansard de Wet<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is drie henne op die werf. Twee l\u00ea al eiers. Daar is geen haan, dus l\u00ea hul onbevrugte eiers. Een is broeis. Ek kry haar weer vanoggend op die plek waar hulle eiers l\u00ea en ek verwilder haar waar sy op daardie enkele eier gaan l\u00ea tot hy vrot is: Want dis &#8216;n onbevrugte &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44350\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: Ons volkstaat se naam is Suid-Afrika&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44352,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[24006,2242,2224],"class_list":["post-44350","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-leier","tag-suid-afrika","tag-volkstaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44350","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44350"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44350\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44352"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44350"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44350"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44350"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}