{"id":44299,"date":"2017-07-12T08:36:34","date_gmt":"2017-07-12T06:36:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44299"},"modified":"2017-07-12T08:48:29","modified_gmt":"2017-07-12T06:48:29","slug":"cnn-se-top-withuis-korrespondent-het-nog-nooit-gehoor-van-stagflasie-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44299","title":{"rendered":"CNN se top Withuis-korrespondent het nog nooit gehoor van stagflasie nie"},"content":{"rendered":"<p>CNN is in die kollig vir al die verkeerde redes. &#8216;n Top CNN politieke ontleder het haar onkunde uitgestal Maandag, toe sy smalend getwiet het dat die woord &#8220;stagflasie&#8221; &#8216;n &#8220;nuwe woord&#8221; is.<\/p>\n<p>April Ryan, CNN-korrespondent in die Withuis en Washington-kantoorhoof vir die Amerikaanse Urban Radio Networks, het 20 jaar ondervinding as joernalis met top klaring, maar duidelik nie veel insig in sake van ekonomiese belang nie.<\/p>\n<p>Ryan het die Trump-administrasie beterweterig gespot oor hulle &#8216;n &#8220;nuwe woord&#8221; gemaak het tydens Maandag se perskonferensie: &#8220;Die Trump-administrasie het 133 genomineerdes en wag vir &#8216;n stem en al wat ons geleer het in die inligtingsessie is &#8216;n nuwe woord, &#8216;stagflasie&#8217;!&#8221;<\/p>\n<p>Natuurlik, weet enigeen wat &#8216;n inleidende ekonomiese kursus geneem het, wat dit beteken. Die woord, wat gedurende die oliepryskrisse van die 1970&#8217;s en 1980&#8217;s gemunt is, dui op baie lae ekonomiese groei tesame met ho\u00eb inflasie. Stagflasie is skaars in die ekonomie, maar nie as &#8216;n konsep in taal nie.<\/p>\n<p>Twitter-gebruikers was verstom dat Ryan nog nooit van die woord &#8220;stagflasie&#8221; gehoor het nie. Sy het later beweer sy het &#8216;n spelfout aangespreek wat die woordvoerder van die Withuis, Marc Short, begaan het wat haar eie onkunde net verder beklemtoon het.<\/p>\n<p>&#8220;Marc Short het &#8216;n fout gemaak en ges\u00ea stagflasie in plaas van stagnasie,&#8221; het sy ges\u00ea. &#8220;Natuurlik het ek van die woord gehoor oor die dekades!&#8221;<\/p>\n<p>Ryan is as 2017 joernalis van die jaar deur die Nasionale Vereniging van Swart Joernaliste aangewys. &#8220;April Ryan is &#8216;n ware voorloper en waarheidsoeker,&#8221; het die president van die NABJ, Sarah Glover, aangekondig. &#8220;In die Withuis se perskorps, waar te min swart vroue &#8216;n geleentheid gegee word om te rapporteer, het April uitgeblink en volhard ten spyte van die vele struikelblokke wat sy gekonfronteer het. Haar werk is uit die boonste rakke.&#8221;<\/p>\n<p>Sy dien op die direksie van die gesogte <em>White House Correspondent&#8217;s Association<\/em>, een van slegs drie Afro-Amerikaners in die vereniging se meer as 100 jaar geskiedenis om op sy direksie te dien. Sy is ook &#8216;n lid van die Nasionale Persklub. <\/p>\n<p>CNN het intussen ook die vloedhekke van meme-oorlogvoering per ongeluk geopen, maar ongelukkig nou self die teiken van kritiek geword. Konserwatiewe skrywer Ann Coulter <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=wNVtyNDpwe8\">het daarop gewys<\/a> dat terwyl CNN gereeld teen &#8220;wit mans&#8221; en te min diversiteit woed, bestaan die hele uitvoerende struktuur byna uitsluitlik uit Jode.<\/p>\n<p>CNN se dikwels <a href=\"http:\/\/www.independent.co.uk\/news\/world\/americas\/us-politics\/donald-trump-cnn-fake-news-russia-story-retract-three-reporters-resign-anthony-scaramucci-a7810071.html\">bedrieglike <\/a>artikels beklemtoon hoe die netwerk kykers <a href=\"http:\/\/www.news.com.au\/finance\/business\/media\/social-media-users-accuse-cnn-of-fake-news-over-staged-london-attack-protest\/news-story\/48d9966b71d72a26149b9f9ebae75465\">mislei <\/a>met propaganda wat ontwerp is om &#8220;toeskouer demokrasie&#8221; te skep.<\/p>\n<p>Hierdie naweek, met die dekking van die G20 in Hamburg, Duitsland, het CNN beweer dat &#8220;vreedsame aktiviste&#8221; teenwoordig was en die gewelddadige onluste wat deur elke ander nuusagentskap gerapporteer is, blykbaar misgekyk.<\/p>\n<p>Hulle het die klimaat in Hamburg se betogings as vriendelik beskryf: &#8220;&#8216;n Feestelike en gemeenskaplike gevoel het die skare byeengebring, met mense wat plakkate van klimaatsverandering en feministiese plakkate ophou en musiek speel. Baie het saam met familie gekom.&#8221;<\/p>\n<p>Die netwerk het nooit die burgerlike onrus genoem wat die protes oorskadu het tot die 12de paragraaf van hul artikel nie, ten spyte van Hamburg wat soos &#8216;n oorlogsone gelyk het. Dit het net genoem dat straatgeweld &#8220;plek-plek&#8221; voorgekom het terwyl dit eintlik &#8216;n permanente kenmerk van die beraad was.<\/p>\n<p>Die Duitse polisie self het die onluste beskryf as &#8220;uiters gewelddadig&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>CNN is in die kollig vir al die verkeerde redes. &#8216;n Top CNN politieke ontleder het haar onkunde uitgestal Maandag, toe sy smalend getwiet het dat die woord &#8220;stagflasie&#8221; &#8216;n &#8220;nuwe woord&#8221; is. April Ryan, CNN-korrespondent in die Withuis en Washington-kantoorhoof vir die Amerikaanse Urban Radio Networks, het 20 jaar ondervinding as joernalis met top &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44299\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;CNN se top Withuis-korrespondent het nog nooit gehoor van stagflasie nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44300,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[23995,6767,5227,23770,15078,21163],"class_list":["post-44299","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-april-ryan","tag-cnn","tag-duitsland","tag-fopnuus","tag-hamburg","tag-stagflasie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44299","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44299"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44299\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44300"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44299"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44299"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44299"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}