{"id":44181,"date":"2017-06-28T08:07:58","date_gmt":"2017-06-28T06:07:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44181"},"modified":"2017-06-28T08:17:15","modified_gmt":"2017-06-28T06:17:15","slug":"pierre-fouche-oor-leiers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44181","title":{"rendered":"Pierre Fouch\u00e9: Oor leiers"},"content":{"rendered":"<p>Die V.S. Marine Corps se 1997-boek getiteld <em>Warfighting<\/em>, stel dit dat oorlog gekenmerk word deur die interaksie van fisiese, morele, en verstandelike kragte. \u201cMoreel\u201d in hierdie sin is nie beperk tot etiek nie, maar het betrekking op kragte wat sielkundig in plaas van tasbaar van aard is.<br \/>\nDit stel verder dat morele kragte moeilik is om te begryp en onmoontlik is om te kwantifiseer. Kragte soos:<\/p>\n<ul>\n<li>Nasionale en milit\u00eare voorneme (Volkswil)<\/li>\n<li>Nasionale of individuele gewete, emosie, vrees, moed, moreel, leierskap, of <em>esprit<\/em> (geestigheid).<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hier kom \u2018n mens weer \u201cwil\u201d en \u201cmoed\u201d te\u00eb wat so alomteenwoordig is in regse kringe, en nog meer die geval is in Germaanse kringe. Die onmiskenbare belang van hierdie konsepte kan nie genoeg onderstreep word nie.<\/p>\n<p>Die leser sal nou hopelik \u201cleierskap\u201d raak gelees het in die tweede punt hier bo genoem, en dit is waarom hierdie rubriek handel.<\/p>\n<p>Voor ons verder beweeg wil ek interessantheidshalwe hierdie stukkie aanhaal:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cAlthough material factors are more easily quantified, the moral and mental forces exert a greater influence on the nature and outcome of war. This is not to lessen the importance of physical forces, for the physical forces in war can have a significant impact on the others. For example, the greatest effect of fires is generally not the amount of physical destruction they cause, but the effect of that physical destruction on the enemy\u2019s moral strength (bl. 16).\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>\u2018n Groep sonder leiers, moet in \u2018n stryd teen ander groepe met leiers, altyd verloor. Soos \u2018n mens se liggaam nie sonder sy kop kan veg nie, so kan \u2018n onthoofde volk geen weerstand teen di\u00e9 wat hom wil verkrag bied nie. In dieselfde sin moet \u2018n man sonder moed altyd die neerlaag ly as hy teen \u2018n man met moed opgaan. Dit is iets wat ons teenstanders goed verstaan, en dit is hoekom hulle altyd soveel moontlik doen om ons leiers hier en elders in die w\u00eareld so gou moontlik te ontsenu, sowel as om hulle propaganda (op slinkse en ondermynende wyse) in te span om ons te demoraliseer.<\/p>\n<p>Teen die demokratiese gebabbel, stel leiers die pas, en steur hulle nie aan wat hulle dink die volk wil h\u00ea nie. Met byna alle propagandamiddele in ander hande, sal die volkswil altyd nader en nader om die drein spoel. Afwaarts en nie opwaarts nie.<\/p>\n<p>Xenofon van Athene (430? \u2013 355? v.Chr.) het ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cWat die leiers is, dit, as \u2018n re\u00ebl, sal die mans onder hulle wees.\u201d [bl. 59, <em>The 33 Strategies of War<\/em>, Robert Greene, Penguin Books \u2013 Joost Elffers, 2006]<\/p><\/blockquote>\n<p>Nou staan ons op \u2018n punt waar ons ons volk met net \u2018n handjie vol leiers betrag. Boonop woon ons almal wydversprei vanaf mekaar.<\/p>\n<p>Djengis Khan het sy le\u00ebr gedurende vredestyd in die winter die Groot Jag laat oefen, om hulle ko\u00f6rdinasie en samehorigheidsgevoel te versterk. Die Groot Jag het in die grasvlaktes van Sentraal-Asi\u00eb, teenswoordige Mongoli\u00eb plaasgevind. Khan het sy le\u00ebr in \u2018n 80 myl lange lyn versprei, en honderde myle vanaf die le\u00ebr \u2018n vlag geplant. Die le\u00ebr het dan na hierdie vlag toe voortbeweeg. Soos die le\u00ebr nader aan die eindpunt gekom het, het die punte van die lyn begin buig sodat \u2018n boog om die eindvlag begin vorm het, wat dan uiteindelik \u2018n sirkel uitgemaak het. Die sirkel het dan nouer en nouer getrek om die eindpunt, en so al die diere wat binne gevang was beet gekry. (Soos wat al die wilde diere in die le\u00ebr se weg voorentoe gejaag is, moes individuele soldate ook gevaarlike diere soos tiere teengaan, dit was deel van die doel om dapperheid in die mans te bewerk.) [<em>Strategies of war<\/em>, bll. 75-76, ibid.]<\/p>\n<p>Ons posisie is soortgelyk en kan met die Groot Jag vergelyk word.<br \/>\nEk dink dat die tydperk waarin ons nou verkeer bloot &#8216;n oefening vir die Afrikaners is, ter voorbereiding van iets groters. Die tyd sal my nog reg of verkeerd bewys. Die huidige stand van sake kan vergelyk word met \u2018n klomp jagters wat wyd om \u2018n sentrale punt verspreid is. Die sentrale punt is in ons geval oorlewing. Aangesien ons nie tans een saamhorige blok vorm nie, is ons min of meer soos enkele of klein groepies jagters in die vlakte.<\/p>\n<p>Nou, ek vermoed dat amper almal van ons in ons harte al die klok gehoor lui het; en dat ons weet dat die tyd vir optrede aangebreek het. Selfs nou wag die buiteland in spanning om te sien wat ons gaan maak. Mens moet hom nie mislei oor die erns van hierdie tydvak nie. Iedereen moet nou besef dat hy sy weg moet inslaan na die sentrale vlag toe, hetsy alleen of saam met ander in \u2018n groep. Vir di\u00e9 wie nie ander mense vertrou nie, gaan dan alleen, maar besef dat jou pad \u2018n moeiliker een gaan wees.<\/p>\n<p>Dit is teen hierdie tyd te verwagte dat daar mense is wat soos ons lyk en soos ons praat, maar nie soos ons is nie. Hulle het verwronge harte en wil ander verlei om dieselfde vreeslike lot as hulle te deel. Sulke mense se fisionomie en hulle narcistiese persoonlikheid verraai hul gewoonlik; ons volk moet leer om hulle te identifiseer en te verwag.<\/p>\n<p>In hierdie Wilde Jag sal daar natuurlik ook vo\u00ebltjies wees wat \u201cdie nuus en feite\u201d versprei om al die diere van die ryk \u201cin te lig\u201d. Vir nou kan ons niks aan di\u00e9 saak doen nie, en moet die vo\u00ebltjies maar los om hulle liedjies te versprei soos dit in hulle aard is.<\/p>\n<p>Di\u00e9 wat die eindvlag aan die einde van hierdie oefentydperk haal \u2014 en dit kan die meeste van ons wees, mits ons fokus \u2014 sal diegene wees wat die fondament vir \u2018n nuwe w\u00eareld gaan l\u00ea. Die leiers van vandag gaan die helde van m\u00f4re wees.<\/p>\n<p>Die Wilde Jag sluit almal van ons volk in, ongeag jou posisie in die lewe. Dus moet di\u00e9 met onbuigbare moed, grootheid van siel, en opregte karakter vandag begin leiding neem by hulle werk, hul kerk, hul skool, of hul gemeenskap.<\/p>\n<p>Dit is soos wat Ralph Waldo Emerson ges\u00ea het:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cIf good men will not lead<em>,<\/em> they must be content if lesser men do.\u201d<em>[Ek kon nie hierdie aanhaling weer opspoor nie. Ek het dit ~2 jaar gelede gelees en is 80% seker dit kom van Emerson af.]<\/em><\/p><\/blockquote>\n<p>Soos wat \u201cbekommerde\u201d pasifisme aansteeklik is, net so is wilsgedrewe aktivisme aansteeklik.<\/p>\n<p>Vir die wankelmoedige ou mans wat geskiedenis uit \u2018n eskatologiese hoek bekyk: hou jou Semitiese waars\u00eaery vir jouself. Moet nie die stand van die w\u00eareld misgis vir die stand van jou eie lewensduur nie, naamlik naby aan die einde.<\/p>\n<p>Ons staan nou aan die einde van hierdie, die mees skandelike tydperk in ons volk se geskiedenis. Laat die toekomstige gedreun van ons tromme en die gesing van ons volk vir ons elkeen \u2018n besielende vooruitsig wees.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" width=\"560\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/tpdtbTBbM_c\" frameborder=\"0\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die V.S. Marine Corps se 1997-boek getiteld Warfighting, stel dit dat oorlog gekenmerk word deur die interaksie van fisiese, morele, en verstandelike kragte. \u201cMoreel\u201d in hierdie sin is nie beperk tot etiek nie, maar het betrekking op kragte wat sielkundig in plaas van tasbaar van aard is. Dit stel verder dat morele kragte moeilik is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44181\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pierre Fouch\u00e9: Oor leiers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":100046,"featured_media":44184,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23974,10],"tags":[2188,23972,23973,8511,9575],"class_list":["post-44181","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-pierre-fouche","category-rubrieke","tag-afrikaners","tag-die-groot-jag","tag-djengis-khan","tag-leiers","tag-oorlog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100046"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44181"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44181\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44184"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}