{"id":44107,"date":"2017-06-21T09:57:38","date_gmt":"2017-06-21T07:57:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44107"},"modified":"2017-06-21T09:59:19","modified_gmt":"2017-06-21T07:59:19","slug":"rand-onder-druk-weens-praatjies-oor-reserwebank-radikale-ekonomiese-transformasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44107","title":{"rendered":"Rand onder druk weens praatjies oor Reserwebank, &#8216;radikale ekonomiese transformasie&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse rand het vanoggend verder verswak tot R13,10 per dollar nadat dit Maandag twee persent van sy waarde verloor het in reaksie op &#8216;n verklaring deur die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, wat ges\u00ea het dat die Reserwebank nie meer die waarde van die geldeenheid in ag moet neem as dit kom by die &#8220;beskerming van die maatskaplike status van Suid-Afrikaanse burgers nie&#8221;.<\/p>\n<p>Standard &amp; Poor het gister gewaarsku dat indien die Reserwebank se onafhanklikheid aangetas sou word, sou die land se kredietgradering nog verder verlaag word. Wat skuld in buitelandse geldeenhede betref, verkeer Suid-Afrika reeds op sogenaamde &#8220;rommelstatus&#8221;-vlak.<\/p>\n<p>Die vrystelling van die Mynbou-handves wat swart eienaarskap van myne van &#8216;n verpligte 25 persent tot 30 persent verhoog, speel ook &#8216;n rol by die negatiewe sentiment wat daar tans oor die rand bestaan.<\/p>\n<p>Dit wil voorkom asof daar steeds kapitaal uit die land vloei, want die tekort op die lopende rekening het in die eerste kwartaal toegneem van 1,7% tot 2,1% van die BNP. Die tekort op die lopende rekening in die eerste kwartaal het toegeneem tot R92 miljard, &#8216;n syfer wat gister vrygestel is. Markontleders het verwag dat die syfer tussen R79 miljard en R85 miljard sou wees.<\/p>\n<p>Daar word egter verwag dat die swak verbruikersvraag in die SA ekonomie die geldeenheid in die komende maande mag ondersteun, soos wat minder goedere ingevoer word.<\/p>\n<p>Verskeie ANC-politici het oor die afgelope dae weereens die slagspreuk &#8220;radikale ekonomiese transformasie&#8221; herhaal, waaronder nasionalisering van bates verstaan moet word. President Jacob Zuma het ook op Jeugdag ges\u00ea dat die jeug &#8220;radikaal en revolusion\u00ear&#8221; moet dink.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse rand het vanoggend verder verswak tot R13,10 per dollar nadat dit Maandag twee persent van sy waarde verloor het in reaksie op &#8216;n verklaring deur die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, wat ges\u00ea het dat die Reserwebank nie meer die waarde van die geldeenheid in ag moet neem as dit kom by die &#8220;beskerming [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44108,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[23954,23952,11912,23953],"class_list":["post-44107","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-busisiwe-mkhwebane","tag-lopende-rekening","tag-rand","tag-tekort"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44107","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44107"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44107\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44108"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44107"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44107"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44107"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}