{"id":44095,"date":"2017-06-20T10:41:22","date_gmt":"2017-06-20T08:41:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44095"},"modified":"2017-06-20T10:45:42","modified_gmt":"2017-06-20T08:45:42","slug":"franse-terreuraanval-faal-dag-na-macron-se-party-wen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44095","title":{"rendered":"Franse terreuraanval faal dag na Macron se party wen"},"content":{"rendered":"<p>Die Franse polisie s\u00ea die kamikaze-aanval op die Champs-Elysees was &#8216;n gefaalde terreuraanval.<\/p>\n<p>Die voertuigbestuurder wat gistermiddag met sy voertuig in &#8216;n polisiemotor vasgery het in Parys, was sedert 2015 op &#8216;n veiligheidslys, die sogenaamde &#8220;Fiche S&#8221; en was bekend aan sekerheidsagentskappe. &#8216;n Joernalis van Lib\u00e9ration het ges\u00ea hy het &#8216;n ontploffing gesien.<\/p>\n<p>Die aanvaller was volgens wetstoepassers &#8216;n lid van &#8216;n radikale djihadistegroep. Die man het aan sy beserings beswyk na die botsing. Die polisie het &#8216;n AK-47 aanvalsgeweer, handwapens en gashouers in sy motor gevind.<\/p>\n<p>Niemand anders is in die voorval beseer nie, maar twee metrostasies moes gesluit word in die area wat graag deur toeriste besoek word.<\/p>\n<p>Maandag se terreuraanval kom &#8216;n dag n\u00e1 die einde van Frankryk se parlementsverkiesings waarin president Emmanuel Macron se party &#8216;n meerderheid gewen het, as gevolg van &#8216;n wegblystem van sowat 20 persent sedert 2012 om &#8216;n historiese hoogtepunt van 58 persent te bereik.<\/p>\n<p>Die swaarste immigrante- en Moslem-gebied, te wete Seine-Saint-Denis langs Parys, het die hoogste wegblystem van die 102 departemente gehad.<\/p>\n<p>Macron beplan om die huidige noodtoestand te normaliseer met &#8216;n formele wetsontwerp Woensdag, wat daarop dui dat die regering geen einde aan die vlaag van terreuraanvalle sien nie. Die land verkeer sedert 2015 onder &#8216;n noodtoestand.<\/p>\n<p>Die Britse Eerste minister, Theresa May het intussen die voorval gisteroggend by &#8216;n moskee in Londen as &#8216;n &#8220;terreuraanval&#8221; op Moslems beskryf, alhoewel die polisie s\u00ea die man het alleen gehandel.<\/p>\n<p>&#8216;n Man, vermoedelik van Walliese afkoms, het met sy voertuig in &#8216;n groep mense by die moskee ingeploeg. Elf mense is beseer.<\/p>\n<p>ISIS-ondersteuners het &#8216;n oproep vir wraak vir die Finsbury Park aanval gedoen. Die simpatiseerders bevraagteken hoekom die aanvaller, wat met &#8216;n mes gewapen was, nie deur die polisie geskiet is soos die aanvallers van die Londen-brug nie.<\/p>\n<p>&#8220;Hoekom het die polisie nog nooit &#8216;n Kaffer (nie-gelowige) geskiet nie?&#8221; het een op die &#8220;War News&#8221; WhatsApp-groep gekla.<\/p>\n<p>Hulle het &#8216;n beroep op fanatici gedoen om &#8220;wakker te word&#8221; en wraak te neem in die nasleep van die gebeurtenis.<\/p>\n<figure id=\"attachment_44100\" aria-describedby=\"caption-attachment-44100\" style=\"width: 100px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-44100 size-thumbnail\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/islam-march-100x100.jpg\" alt=\"\" width=\"100\" height=\"100\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-44100\" class=\"wp-caption-text\">Niemand het opgedaag nie<\/figcaption><\/figure>\n<p>Intussen het &#8216;n Moslem-vredesmars teen Islamitiese ekstremisme en terrorisme in die Duitse stad Keulen meer wit liberale joernaliste as werklike Moslems gelok.<\/p>\n<p>Die opvallende gebrek aan entoesiasme het nie die aandag van Duitse politici en media ontsnap nie. &#8220;Ek vind dit jammer dat meer joernaliste en polisiebeamptes vandag [in sentrale Keulen] as betogers opgedaag het,&#8221; het Michael Groschek, hoof van die kantoor van die Duitse Sosiaal-Demokratiese Party in Noord-Ryn-Wesfale, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die optog, onder die slagspreuk, &#8220;Nie saam met ons nie&#8221;, is georganiseer deur prominente Moslemse openbare figure.<\/p>\n<p>Alhoewel die geleentheid ondersteun is deur die meeste groot Duitse Moslem-verenigings, insluitende die Sentrale Raad van Moslems in Duitsland (ZMD) asook die Duitse Ahmadiyya-Moslemgemeenskap, het baie min Moslems eintlik gekom.<\/p>\n<p>Die polisie is in groot getalle ontplooi, insluitend swaar gewapende onluspolisie, voor die optog, het die Duitse media berig.<\/p>\n<p>Optoggangers het plakkate en baniere opgehou wat lees: &#8220;Moslems is nie te blameer nie&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Franse polisie s\u00ea die kamikaze-aanval op die Champs-Elysees was &#8216;n gefaalde terreuraanval. Die voertuigbestuurder wat gistermiddag met sy voertuig in &#8216;n polisiemotor vasgery het in Parys, was sedert 2015 op &#8216;n veiligheidslys, die sogenaamde &#8220;Fiche S&#8221; en was bekend aan sekerheidsagentskappe. &#8216;n Joernalis van Lib\u00e9ration het ges\u00ea hy het &#8216;n ontploffing gesien. Die aanvaller &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44095\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse terreuraanval faal dag na Macron se party wen&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44096,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[6288,1093,5361,5038,23639,11475,7829],"class_list":["post-44095","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-betoging","tag-frankryk","tag-islam","tag-londen","tag-macron","tag-noodtoestand","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44095","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44095"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44095\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44096"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44095"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44095"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44095"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}