{"id":44038,"date":"2017-06-10T17:16:39","date_gmt":"2017-06-10T15:16:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44038"},"modified":"2017-06-10T17:16:39","modified_gmt":"2017-06-10T15:16:39","slug":"brief-wat-kan-ons-doen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44038","title":{"rendered":"Brief: Wat kan ons doen?"},"content":{"rendered":"<p>\u201cOns moet ophou net praat, en iets begin doen!\u201d<br \/>\n\u2014 Smoorkwaad regse aktivis<\/p>\n<p>Die aanhitsing van regse aktiviste het tot onlangs meer daartoe geneig om mens in die moeilikheid te kry as om iets te bereik. Hetsy weens polisie-informante, hetsy weens mans wat van nature \u2018n vurige temperament het; regse aktivisme het gedurende my leeftyd amper heeltemal irrelevant geraak.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n groot probleem.<\/p>\n<p>Die bereiking van enige doel verg: identifisering van probleme, insameling van inligting, bepaling van hulpbronne, kort- en langtermyn strategiese beplanning, hersiening van die bogenoemde; en dan eers praktiese uitvoering. Die bogenoemde onthou ek nog vaagweg van my Graad 8-Tegnologieklas. Dit is s\u00f3 eenvoudig dat dit selfs vir tieners geleer word.<\/p>\n<p>Omdat meeste van ons mense skaars verby die eerste twee stappe kom (probleemidentifisering en inligtingsinsameling, of in ons geval bewustheid van ons geskiedenis en huidige uitdagings), en met \u00f3f verkeerde kennis \u00f3f verkeerde bedoelings hals-oor-kop die w\u00eareld invaar, word hulle gewoonlik deur slinkse karakters ingewag.<\/p>\n<p>Hoe dan nou?<\/p>\n<p>\u2018n Eerste stap vir ons volk sal wees om hul te vergewis van hulle geskiedenis, kultuur en identiteit. Sterk selfbewustheid is \u2018n voorvereiste vir gesonde selfvertroue, waaroor ons as volk tans weinig beskik. Dit geld veral vir die jeug. Die vigsbesmette geskiedenis wat ons op skool leer, en die morele gif wat ons van Hollywood af inneem, werk saam om \u2018n haat en afkeer van ons volk en ras in ons te bewerkstellig.<\/p>\n<p>V\u00f3\u00f3r ons iets kan doen, moet ons eers bewus wees van wat gedoen moet word, en hoekom ons dit doen.<\/p>\n<p>Wat ons wil bereik, is \u2018n sterk, soewereine, gesonde Boerevolk in Suidelike Afrika. Ons wil ons Europese beskawing hier koester en uitbou, soos wat suksesvol in ander dele van die w\u00eareld gedoen is. Ons wil die lasterlike leuens wat oor ons versprei is, uit ons denke en harte uit ontwortel \u00e9n dan ons eie denkwyse en visie plant. Ons wil nie soos die Britse Rhodesi\u00ebrs, die Belgiese Kongolese, die Nederlandse Suriname, of enige ander mislukte blanke volk \u2018n voetnota in die geskiedenis wees nie.<\/p>\n<p>Daar is onlangs \u2018n blanke optog in Pretoria gehou wat, as dit nie so onsettend belangrik was nie, as \u2018n belaglike vertoning beskou kon word. Hiermee bedoel ek nie dat die mense wat dit gere\u00ebl of bygewoon het belaglik is nie. Maar dat die optog self belaglik was. As die optog gemeet word aan die maatstaaf van die doel van optogte, naamlik: die vertoning en afdwinging van politieke mag, was hierdie optog belaglik gewees.<\/p>\n<p>Dit sit dalk nie in die leser se koue klere om sulke verkleinering van ons mense se pogings tot iets beters aan te hoor nie, maar dit moet ges\u00ea word. As ons wil verbeter, moet ons ons foute en tekortkominge erken.<\/p>\n<p>So wat moet ons doen? Waar kan ons begin met werk wat ons volk se belange sal bevorder en dryfkrag gee?<\/p>\n<p>Ek dink nie dit is by optogte nie. Vir so lank as wat ons nie met sekerheid 1000 mense met gemak by \u2018n optog kan monster nie, moet ons dit nie doen nie.<\/p>\n<p>Dat ons nog nie die morele moed en wilskrag het om ons probleem doelgerig aan te pak nie, is duidelik. Dit is ook heeltemal normaal en te verwag onder Europese volke op die oomblik. Trouens, ek dink ons is steeds in \u2018n sterker morele posisie as wat die meeste ander Westerse, Europese nasies tans is (Amerika uitgesluit). Die welvaart en gepaardgaande dekadensie wat ander Europese volke se laaste twee of drie generasies sag gemaak het, is nie soveel die geval met ons nie. Ek dink om in so \u2018n gevaarlike land soos hierdie te woon, help om \u2018n mens eerlik en wakker te hou.<\/p>\n<p>Die leser moet my verskoon as ek tot dusver rondgeswerf het met my brief, en my nie duidelik by een onderwerp bepaal het nie. Ek glo tog dat di\u00e9 vir wie dit bedoel is, die bogenoemde sal kan verstaan.<\/p>\n<p>Om weer ons voete op die grond te plaas: wat kan ons begin doen om ons toestand te verbeter?<\/p>\n<p>Ekonomiese stryd. Geen mens wat verstaan wat ter sake is in \u2018n milit\u00eare stryd tussen twee of meer groepe, sal aanbeveel dat een groep brood en ammunisie vir sy opponent verskaf nie. Maar tog is dit wat ons in effek elke dag doen. Om \u2018n paar sjekels te spaar, sal ons eerder by \u2018n wildvreemde volk ons melk en botter koop, terwyl ons mense op hulle eie in die markplein moet verkeer. Ons finansier dus ons eie ondergang.<\/p>\n<p>Wat elke Afrikaner vandag kan begin doen, is om volksbewuste Afrikaners, of naas hulle rasbewuste blankes, of naas hulle normale blankes, ekonomies te ondersteun. Onthou dat dit so belangrik is om nie ons opponente te ondersteun nie, as wat dit is om ons eie mense te ondersteun. Ek dink die Spurboikot stel \u2018n goeie presedent hiervoor.<\/p>\n<p>Selfkennis en paraatheid. Elke leser moet dit op homself neem om hom en sy geskiedenis te leer ken. Mens se identiteit en geskiedenis is noodwendig deel van \u2018n volk en \u2018n ras. Leer jouself ken en leer jou volk ken. Met paraatheid verwys ek nie hier na fiesiese paraatheid nie (daar is ander mense wat dit beter as ek ken en kan verduidelik), maar verstandelike paraatheid.<\/p>\n<p>Die konstante fusillade van verskeie mediabronne en meningsvormers, lei daartoe dat mens deurmekaar en onseker is oor wat om jou aangaan. Baie mense trek dan terug in hulle skulpe in en steur hulle nie aan wat om hulle aangaan nie. Mens kan nie met toegeknypte o\u00eb deur die lewe gaan nie. Mens moet weet wat om hom aangaan en gereed wees vir wat ook al mag kom.<\/p>\n<p>In verband met die pers wil ek nie te veel tyd daaraan bestee nie; ons mense moet wel verstaan dat die Naspersgroep (DSTV, KykNet, MNet, Media24, Huisgenoot, meeste Afrikaanse koerante, ens.) en die Times Media-groep (Business Day, Times Live, Financial Mail, ens.) nie aan ons kant is nie. Dat hulle net \u201cdie nuus en feite\u201d wil weergee om jou in te lig, is soos die elektriese skokke en skoppe wat vir vee gegee word om hulle na die slagpale toe te lei.<\/p>\n<p>\u2018n Skaakmetafoor: ons koning is lankal deur ons opponent ontvoer en gyselaar gehou. Ons koningin proebeer tevergeefs die koning se rol te vul. Ons voorste ry staan agter en ons agterste ry staan voor, almal staar in die verkeerde rigting, en ons het nog nie eers begin om te speel nie.<\/p>\n<p>\u2014 Pierre Fouch\u00e9<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOns moet ophou net praat, en iets begin doen!\u201d \u2014 Smoorkwaad regse aktivis Die aanhitsing van regse aktiviste het tot onlangs meer daartoe geneig om mens in die moeilikheid te kry as om iets te bereik. Hetsy weens polisie-informante, hetsy weens mans wat van nature \u2018n vurige temperament het; regse aktivisme het gedurende my leeftyd [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44039,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[768,9336,8048,9455],"class_list":["post-44038","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikaner","tag-paraatheid","tag-stryd","tag-volk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44038","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44038"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44038\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44039"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44038"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44038"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44038"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}