{"id":44027,"date":"2017-06-09T13:07:09","date_gmt":"2017-06-09T11:07:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44027"},"modified":"2017-06-09T20:58:50","modified_gmt":"2017-06-09T18:58:50","slug":"vier-vas-wat-ontruimde-huise-in-knysna-besteel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44027","title":{"rendered":"Vier vas wat ontruimde huise in Knysna besteel"},"content":{"rendered":"<p>Vier verdagtes is in hegtenis geneem op Knysna vir die beweerde besit van gesteelde goedere wat behoort aan inwoners wat hul huise moes ontruim het weens die brande. <\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die polisie, Chris Spies, s\u00ea hulle het vermoed dat eiendom gesteel is by huise wat die vorige dag deur die nooddienste ontruim is. <\/p>\n<p>Die verdagtes is in die besit van goedere ter waarde van R80 000 gevind. Hulle sal aanstaande week in die hof verskyn.<\/p>\n<p>&#8216;n Rooikop-brandslaner, die 24 jarige Bradley Richards word deur kollegas beskryf as toegewyd en altyd gereed om te gaan help brand slaan wanneer nodig. <\/p>\n<p>Richards is oorlede  nadat hy deur vlamme oorval is, terwyl hy en nog &#8216;n spanmaat besig was om brande te bestry in die Harkervillebos in die Plettenbergbaai omgewing, Woensdagoggend. <\/p>\n<p>Die brande, oor &#8216;n groot gebied, het reeds groot skade aan eiendom en skole aangerig en duisende mense moes hul huise verlaat. Knysna is tot &#8216;n rampgebied verklaar.<\/p>\n<p>Duisende inwoners van Knysna het vir &#8216;n tweede agtereenvolgende nag in skole en sale in die dorp deurgebring vir hul eie veiligheid. Nagenoeg eenhonderd huise, &#8216;n kerk en &#8216;n skoolkoshuis is in die brande vernietig. <\/p>\n<p>Brandbestryders en lede van die weermag was deur die nag steeds besig om die brande te blus wat deur &#8216;n sterk wind aangeblaas word. <\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die organisasie Working on Fire, Linton Rensburg, s\u00ea die brande woed oor &#8216;n groot gebied, wat pogings bemoeilik om dit onder beheer te kry. Rensburg s\u00ea verskeie groepe werk egter saam om die brande te blus.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n brandbestryder het ernstige brandwonde opgedoen in die verwoestende brandende in Knysna. Dit bring die dodetal in die gebied op vyf te staan. <\/p>\n<p>Die brande is meestal onder beheer langs die Tuinroete tot by Nelson Mandelabaai waar vier brande steeds woed, maar onder beheer is. <\/p>\n<p>Brandbestryders en weermagsoldate het deurnag in Knysna die vlamme onder beheer probeer bring waar vyftig hutte ook in die slag gebly het.<\/p>\n<p>Veertig brandbestryders sal vandag vanaf die O R Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg vertrek na die Suid-Kaap om te help met brandbestryding in Knysna. <\/p>\n<p>&#8216;n Johannesburgse sakeman, Diederichs Stopforth het die span brandbestryders byeengekry. Hulp het intussen ingestroom en vliegkaartjies is gekoop om die brandbestryders met hul toerusting in die Suid-Kaap te kry. <\/p>\n<p>Groot sakeondernemings het ook hulp beloof met vervoer, kos, komberse en tweerigtingradios.<\/p>\n<p>Vier brande woed steeds in die Nelson Mandelabaai-metrogebied in die Oos-Kaap, maar brandbestryders is op die toneel by Colleen Glen, Bushbuck Ridge, Sardiniabaai en Elandsrivier. Die wind is glo besig om te bedaar. <\/p>\n<p>Die polisie van Walmer ondersoek intussen &#8216;n saak van brandstigting n\u00e1 &#8216;n verklaring van &#8216;n ooggetuie wat na bewering gesien het dat verdagtes petrol in die veld by Sardaniabaai uitgegooi het.<\/p>\n<p>Die Bitou-munisipaliteit by Plettenbergbaai huisves 48 mense in gemeenskapsale nadat hulle daarheen geneem is weens brande en rook in die gebied. <\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder, Howard Swartz, s\u00ea die een brand het gedurende die nag naby Airportweg opgevlam, maar is nou onder beheer. Onderbrekings in watervoorsiening in sommige gebiede is ook reeds herstel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vier verdagtes is in hegtenis geneem op Knysna vir die beweerde besit van gesteelde goedere wat behoort aan inwoners wat hul huise moes ontruim het weens die brande. &#8216;n Woordvoerder van die polisie, Chris Spies, s\u00ea hulle het vermoed dat eiendom gesteel is by huise wat die vorige dag deur die nooddienste ontruim is. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44028,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5],"tags":[14640,12110,11364],"class_list":["post-44027","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-brande","tag-knysna","tag-suid-kaap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44027","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44027"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44027\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44028"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44027"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44027"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44027"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}