{"id":440,"date":"2007-05-15T11:02:37","date_gmt":"2007-05-15T11:02:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=440"},"modified":"2007-05-15T11:02:37","modified_gmt":"2007-05-15T11:02:37","slug":"klaargepraat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=440","title":{"rendered":"Klaargepraat"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Of Mbeki kan dinge &#8216;n eie loop laat neem en die uiteinde van dit alles sal wees dat die Afrikaner hom tog in sy eie Republiek sal vestig en die swart regeerders van die Res van die Republiek van Suid-Afrika sal die land tog uiteindelik mugabe. &#8216;n Afrikaner Republiek is &#8216;n onafwendbaarheid en by PRAAG hoop ons om dit deur vreedsame maar robuuste verset te bekom deur met veral ekonomiese druk die A.N.K. se gorrel toe te druk. Anders gaan hierdie vryheid deur die loop van die geweer van kom &ndash; &#8216;n nagmerrie-opsie wat ons glad nie voorstaan nie. So, dis die Rand of dis die Roer. Al wat ons moet doen om ons vryheid en veiligheid te vier, is om die regmatigheid van ons saak en die haalbaarheid van ons doelwit te verkoop aan &#8216;n miljoen mense: Almal van hulle Afrikaners.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar is wel &#8216;n swaksinnige spannetjie Afrikaners wat teen logika, ervaring en die getuienis van hulle eie o&euml; in nog aandring dat &#8216;n Afrikaner Republiek nie haalbaar of gewens is nie. Vir hulle is die Afrikaner se oorlewing nie in die Roer &oacute;f die Rand nie maar, en om ons &ldquo;R&rdquo;-rympie voort te sit, in die Rede. Hierdie is die na&iuml;ewe narre wat nog in die utopie van die Nuwe Suid-Afrika glo. Hulle &ndash; mense soos Max du Preez, Tim du Plessis, Antjie Krog en Ton Vosloo&ndash; reken ons kan alle rasseklosse uitpluis as ons net met mekaar pr&aacute;&aacute;t. Hulle het &#8216;n oordrewe vertroue in onderhandelinge met die Bantoe, nugter alleen weet hoekom, want elke keer wat die Afrikaner d&iacute;t probeer het, is hy verneuk en verraai en het die son as&rsquo;t ware sy gebeendere aan die voet van &#8216;n Aasvo&euml;lkoppie gebleik. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar miskien lees hierdie slappols Afrikaners wel die komende uitdelging in hulle private dolosse raak maar, in &#8216;n eiesoortige interpretasie van die Stockholm Sindroom, is hierdie voorstaanders van onderhandelinge vas oortuig dat hulle die tipiese Afrika bloedfees kan vryspring dat deur net met swartes te praat en hulle kultuur na te doen. As jy praat van &ldquo;isi-Zulu&rdquo; in plaas van &ldquo;Zoeloe&rdquo; en as jy Madiba-hemde dra, dan is jy mos &#8216;n Afrikaan? En hoekom sal die swart massas jou harspan dan met &#8216;n tradisionele wapen inmekaar wil slaan? As hulle passasiers op die Titanic was, sou hierdie arme simpel drommels geredeneer het dat al wat hulle moet doen om hulleself van verdrinking te red, is om ysberge na te boots. Hulle het &#8216;n oordrewe vertroue in onderhandelinge.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Inderwaarheid durf ons nooit weer met die A.N.K. en hulle kultuurgenote onderhandel nie. Wanneer die tyd kom, sal ons hulle inroep en vir hulle instruksies gee. Ons is, in elke opsig en op elke manier, klaargepraat. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om die swart revolusioniste van ons tyd in &#8216;n debat te betrek, is om jou eie posisie te ondergrawe. &#8216;n Sinvolle debat vereis die vooropstelling van re&euml;ls en die Westerling en die Afrika-inboorling kom na die podium met uiteenlopende waardes wat hulle aan riglyne heg. Die Westerling het erg aan logika, ontwikkeling van gedagtes, sinvolheid van gevolgtrekking, nougesetheid in die uiteensetting van feite en ontsag vir die waarheid. Die Bantoe kan nie minder deur enige van di&eacute; waardes geroer wees nie. Vir hom is daar net een sinvolle opvatting &ndash; sy eie &ndash; &nbsp;en dit is sy metode en sy gemeenskapsplig om hierdie standpunt so driftig, ongekompliseerd, luidkeels en aanhoudend uit te blaker dat sy opponent uit pure radeloosheid sal bes gee. Die Westerling sien die debat as &#8216;n arena waarin ontsag vir &#8216;n ander se standpunt geld. Die Afrikaan beoordeel sy vertoning volgens die volume en stemtoon van sy aanbieding en die verbetenheid waarmee hy by sy opvattings staan en sy debatsgenoot s&#8217;n ignoreer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&#8216;n Volkekundige en Afrika-spesialis &ndash; &#8216;n professor wat sy naam verswyg wil h&ecirc; uit vrees vir &#8216;n ander Afrika-debatsmetode: Die uitwissing van jou teenstander en sy gesin &ndash; verduidelik die meganiek van onderhandelinge in die tradisie van Afrika: &ldquo;Dit is konsensus deur uitmergeling. Dit gaan nie oor die begrip van jou teenstander se opvatting en oor om saam te stem iewers op &#8216;n kontinuum van redelikheid nie. Wat letterlik gebeur is dat die voorstaanders van verskillende opvattings in &#8216;n stam mekaar die stryd in onderhandelinge sal aans&ecirc;. Die oorwinnaar word nie bepaal deur die gehalte of logika van sy argumente nie maar, letterlik, deur wie die langste aanhou. Hierdie indaba kan oor weke strek. Soos wat &#8216;n onderhandelaar se ondersteuners moedeloos word, dros hulle eenvoudig uit die gesprek uit totdat sy posisie so uitgekalwe is dat hy heeltemal sonder verwyt en heeltemal klakkeloos oorslaan na &#8216;n ander onderhandelaar se posisie by wie hy dan aansluit. So word die groepe uitgedun totdat net die mees verbete onderhandelaar staande bly. Hy is dan die wenner, ongeag van die inhoud of gehalte van sy standpunt of posisie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vir die Westerling, vir wie tyd deel is van die formule waarvolgens prestasie uitgewerk word, is hierdie styl van onderhandeling &#8216;n ondeurkruisbare moeras. &#8216;n Oom van my, onlangs oorlede, was in die tagtigs ingesleep in so &#8216;n proses. Hy het vir die destydse &ldquo;administrasieraad&rdquo; aan die Oos-Rand gewerk. Die gedagte was om algemene bestuur van die swart woongebiede aan die inwoners daarvan te oorhandig. &#8216;n Skikking rakende verantwoordelikhede, bevoegdhede en pligte moes met die nuwe bestuur uitgetrap word. Die swart raad is verteenwoordig deur &#8216;n span van twaalf gesiene inwoners onder aanvoering van &#8216;n bonkige, selfversekerde Venda uit die vakbondbeweging.&nbsp;<!--[endif]--><\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">My arme oom se lewe het in &#8216;n nagmerrie verval. Sy opdrag was eenvoudig maar, getrou aan die aard van Westerse instellings, was daar die verwagting dat hierdie beraadslagings afgehandel sou word in &#8216;n &ldquo;redelike tyd.&rdquo; Die Bantoe het geen erg aan rede of tyd nie en die proses wat gevolg het, was die burokratiese weergawe daarvan om soos &#8216;n brommer in goue stroop te swem. Elke lid van die swart afvaardiging het &#8216;n lang uitgebreide relaas oor elke item, ongeag hoe beuselagtig, op die agenda. Elkeen van hulle se&nbsp; verklarings moes noukeurig genotuleer word en elkeen van hulle het daarop geregtig gevoel om sy standpunt uit suiwere wispelturigheid ter enige tyd aan te pas of selfs heeltemal mee weg te doen. Waarna d&iacute;t weer opgeteken moes word. Met die volgende vergadering was dit nou nie net die agenda nie maar die notules wat tot in die uitputtendste besonderheid fyngemaal is, wat natuurlik langer notules vir die volgende vergadering veroorsaak het wat d&aacute;n weer in fyn besonderheid uitgepraat moes word en&#8230; en voor die blanke onderhandelaars se o&euml; het &#8216;n eenvoudige proses uit beheer uit getol en &#8216;n kolossale, onontknoopbare kraaines geword. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hierdie span onderhandelaars het voorts geensins uit een mond gepraat nie en het die forum aangegryp om breedvoerig met mekaar te verskil. Alliansies binne hierdie party is aangegaan en verbreek. Die Administrasieraad se onderhandelaars durf ook geensins ongeduldig met die proses geraak het nie. Die swart span was oorsensitief aangaande protokol en enige pogings om hulle aan te jaag, is as &#8216;n belediging gesien wat tot &#8216;n krisis opgekook is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Na amper twee jaar van hierdie proses, uiteindelik!, is &#8216;n konsepskikking bereik. &#8216;n Datum is bepaal waarop hierdie ooreenkoms met &#8216;n sekere feestelike formaliteit onderteken sou word. Alles was gereed en in plek&#8230; behalwe&#8230; die oorspronklike span onderhandelaars van die dorpsgebied. Dit was nie hulle wat by die plegtigheid opgedaag het nie. In hulle plek was daar twaalf spiksplinternuwe onderhandelaars. En hulle weier om &#8216;n ooreenkoms, by die opstel waarvan hulle nie betrek was nie, te onderteken. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die moderne Westerling het nie pantser teen hierdie slinkse aanwending van tyd as &#8216;n wapen nie. Die oomblik wat die veelparty onderhandelinge by Kempton Park aan die tirannie van &#8216;n sperdatum vir afhandeling onderwerp is, het die Meyer-de Klerk stoeispan klaar verloor. Naderhand was hulle so onbehoorlik oorhaastig om tog net om vadersnaam nie van sloerdery beskuldig te word nie, dat hulle die land en veral die Afrikanervolk nie vinnig genoeg verraai kon kry nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In die post-verraad era van 1994 af, het proponente van &ldquo;deelnemende politiek&rdquo; en ander onderhandelaars en debatteerders geensins beter gevaar nie. Die Bantoe en die Marxis en veral die marxistiese Bantoe, het die polities nuttige vermo&euml; om sy eie propaganda te glo. Hulle onderskryf deesdae, met &#8216;n gulsige soort pathos, hulle self-ontwerpte geskiedenis as die adel van Afrika &ndash; die w&ecirc;reld! &ndash; wat voorheen onderdruk is. Hulle beskou nie net meer die Suid-Afrika wat deur Afrikaner skranderheid gebou is as &#8216;n ontsaglike meevaller wat wonderbaarlik in hulle skote geval het nie. Nee, al het hulle nie &#8216;n sweetdruppel gestort, &#8216;n handboek oopgeblaai, &#8216;n vouer geliasseer, &#8216;n rekenaar aangeskakel nie, is die land en die volheid daarvan hulle <em>swaarverdiende oorwinnaarstrofee<\/em> en we&euml; die arme sot wat met di&eacute; opvatting sou stry. Baie blanke redevoerders, ernstige en opregtemense, het met selfvertroue feite, statistieke en logika na &#8216;n debat met hierdie comrades gebring en is met verle&euml; grinnike daar weg. Selfs Steve Hofmeyr.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek beskou meneer Hofmeyr as die beste Afrikaanse demagoog in die land, selfs wanneer hy nie sing nie. Hy het &#8216;n slag met woorde, &#8216;n aanvoeling vir &#8216;n sekere gevoelsgedrewe metrum en &#8216;n instink vir klem wat van hom &#8216;n formidabele spreker maak. &#8216;n Wyle terug het hy, apropos die Pretoria-naamkwessie, homself sterk en doeltreffend op een van sy konserte uitgespreek:<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Jy vernoem &#8216;n stad na iemand wat iets daar gebou het,&rdquo; rasper hy, na wat vertel word, in daardie sinkplaat-wat-oor-klippe-gesleep-word stem van hom. &ldquo;Jy vernoem dit nie na iemand wat daar verbygetrek het met drie bokke en net gestop het om teen &#8216;n boom te pis nie!&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hei! Nou luister, hi&eacute;rdie is taal wat &#8216;n swart debatteerder teen die bors sal stuit, wat maak dat hy na jou luister en, na dit alles, dat hy respek vir jou sal h&ecirc;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar sny die toneel na:<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">SABC televisie-ateljee. Twee spanne debatvoerders gluur rondom &#8216;n aanbieder na mekaar, reg om mekaar te pak oor dieselfde vraagstuk van Pretoria se naam. In die een hoek: Kallie Kriel van Afriforum en Steve Hofmeyr, albei gewapen tot die tande met feite, lyste, statistieke, uitsprake, aanhalings en wat nog, alles ter verdediging van die naam &ldquo;Pretoria.&rdquo; In die ander hoek, &#8216;n onbekende swart regsgeleerde met die venynige arrogansie van &#8216;n kaalwangvalk en saam met hom &#8216;n onbeduidende swart lid van een of ander obskure naamgewingsliggaam van die nuwe regime. Tussen die twee van hulle het hulle nie een soliede, samehangende geskiedkundige of geografiese feit om in hulle slingervelle te laai nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit was &#8216;n ongelyke stryd. En die wenners, en nog steeds onbetwiste debatskampioene van Afrika &ndash; die swart span! Terwyl Kriel en Hofmeyr ewe beleefd en stemmig, vol ontsag vir protokol, hulle netjiese en intellektueel verantwoordelike argumente aangebied het, het die swartes hulle aangekyk asof hulle iets onwelriekend en giftig is. Met hulle beurt was dit asof hulle die rakke vol breekware in &#8216;n eksklusiewe winkel omgooi. Hulle het twee punte en net twee punte in die gesprek ingedra: Hulle (die swart mense) was die eerste daar (in die Pretoria omgewing) en daar is meer van hulle (as van Kriel en Hofmeyr se bleek, beleefde soort.) <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daarom mag hulle, kan hulle en s&aacute;l hulle Tshwane van Pretoria maak. So, voeg hulle by sonder om dit hardop te s&ecirc;, moer weg! En Kriel en Hofmeyr kry daardie wasige uitdrukking in die o&euml; en daardie verbysterde grinnike van mense wat met harde en onaanvegbare feite oor die streep op die grond getrap het en wat toe aangeveg en verslaan is deur opponente s&oacute;nder feite, s&oacute;nder logika en s&oacute;nder redelikheid.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Steve sou baie beter gedoen het om sy berugte moer te strip en hulle brutaal in die rede te val met: &ldquo;Luister julle vir my! Stil! Julle het duidelik nie die vaagste benul waarvan julle praat nie, so gee aandag: Iets kan nie &#8216;n naam kry voordat dit gemaak is nie. En die een wat dit maak, s&ecirc; wat die naam daarvan is. &Oacute;ns het Pretoria gebou en terwyl &oacute;ns dit gebou het, het j&uacute;lle &#8216;n entjie daarvandaan &#8216;n paar takke op mekaar gepak en dit &#8216;n kraal genoem. Nou ek gee nie om as julle elke takkraal wat julle al ooit gemaak het, van hier tot in Lagos, &lsquo;Tshwane&rsquo; noem nie maar ons, omdat &oacute;ns Pretoria gebou het, sal besluit wat sy naam s&aacute;l wees en s&aacute;l bly. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En as julle nie van die naam &lsquo;Pretoria&rsquo; hou nie, die goeie nuus vir julle is dat daar nie meer &#8216;n groepsgebiedewet nie en julle het die volste konstitusionele reg om nie naby die Afrikaner-stad Pretoria te kom nie!&rdquo; Sy &ldquo;drie-bokke-en-pis-teen-&#8216;n-boom&rdquo; toespraak sou soveel meer effektief as al sy beleefde argumente gewees het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Selfs Eddy von Maltitz, regse politieke osdrywerstok van die Vrystaat, kan by tye te beleefd wees ten koste van &#8216;n geldige standpunt. Die uitsaaibedryf was nog nooit in die Nuwe Suid-Afrika so opgeblase van selftoegedeelde belangrikheid as tydens die Spitskonferensie op Volhoubare Ontwikkeling wat in 2002 in Johannesburg aangebied is nie. Tim Modise het die A.N.K. se voete gewas met sy radioprogram deur elke oggend &#8216;n polities geheiligde ateljeegas te h&ecirc;. Een oggend was dit &#8216;n swart historikus met &#8216;n onuitspreekbare naam uit &#8216;n onbenullige diktatorsdom iewers uit Wes-Afrika. Hy het gerapsodieer oor die Bantoe se plig en geleentheid om &ldquo;sy eie geskiedenis&rdquo; te maak en oor te vertel in die utopie van die Nuwe Afrika waar net sensitiewe, skrander, diepsinnige Bantoes in woon sonder &#8216;n anaal-retentiewe bleeknerf insig.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Von Maltitz bel toe in en vra, o so beleefd, of die waardige gas Keith Richburg se &ldquo;Out of Ameria&rdquo; gelees het. Dis &#8216;n goeie vraag. Richburg se boek gaan na alles oor sy persoonlike ontnugtering as swart Amerikaner wat Afrika ge&iuml;dealiseer het totdat hy daarheen oorgeplaas is en hy gekonfronteer moes word met, onder andere, die duisende en duisende lyke wat rivieraf dryf uit Rwanda toe di&eacute; sensitiewe en diepsinnige Bantoes hulle bure met die grootste uitgelatenheid uitgedelg het. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Modise se ateljeegas sou moes bontstaan om te verduidelik hoe hierdie boek in sy visie van &#8216;n nuwe Afrika historiografie moontlik geakkommodeer sou kon word. Maar, getrou aan die redenasiestyl van die Bantoe, het die ateljeegas nie eers die ordentlikheid gehad om te bevestig of te ontken of hy die boek gelees het nie. Hy het bloot &#8216;n rits titels van boeke deur skrywers uit die skool van Afrika nasionalisme afgerammel en gevra of Von Maltitz d&iacute;t gelees het. En Eddy, baie beleefd en eerlik, val in die strik deur te erken hy het nie. In die tradisie van die Afrikaner stel hy homself onderhewig aan re&euml;ls wat hy nie van ander verwag om na te kom nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat hy moes gedoen het was om in wese te s&ecirc;: &ldquo;Hei, luister, j&yacute; is die ateljeegas. Ek is nie. Jy is daar sodat &eacute;k vir j&oacute;&uacute; vrae kan vra. As jy vir m&yacute; iets wil vra, wag totdat &eacute;k die ateljeegas is en dan vra jy vir my net wat jy wil en ek sal die ordentlikheid h&ecirc; om jou eerlik en volledig te antwoord. Intussen tyd, wees darem net gemanierd genoeg om te antwoord, ja of nee, het jy &ldquo;Out of America&rdquo; gelees en indien jy het, wat dink jy daarvan?&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die beste is om natuurlik nie vir die opponent vrae te vra of antwoorde te verskaf nie. Ons is dikwels te ordentlik vir ons volk se beswil. Die enigste hoop vir ons oorlewing is om onsself in ons eie Republiek te regeer. Ons gaan dit nie deur goeie maniere bekom nie. Jy s&ecirc; nie asseblief wanneer jy vir iemand skree om uit &#8216;n brandende huis te hardloop nie. Onderhandelinge met &#8216;n Bantoe-regering sal enige oplossings net uitstel. Dit het Afriforum, die DA, Vryheidsfront + en ander gelowiges in deelnemende politiek reeds vir ons tot vervelens toe gedemonstreer.<\/span><\/p>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 0cm\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nee, s&ecirc; ek. Kom ons laat die Tien Plae op die Nuwe Suid-Afrikaanse regime los en wanneer hulle ons die dag skuifelvoet benader, d&aacute;n praat ons en ons praat net genoeg om instruksies uit te vaardig. En dan vat ons wat ons s&#8217;n is. <\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/igrushka-luntik-novii-dobrii-nezhniy-i-iskrenniy-drug-dlya-lubogo-rebenka\">\u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438 \u043b\u0443\u043d\u0442\u0438\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/biznes-s-kitaem-skolko-mozhno-zarabotat-chto-vezti-s-kem-sotrudnichat-30-40-pribyili-dlya-biznesa-prodayushhego-tovaryi-iz-kitaya\/\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Politiek is eintlik maklik. Daar h&oacute;&eacute;f nie &#8216;n algehele ineensmelting van die land se strukture te wees nie. &#8216;n Algemene bloedstorting is nie onafwendbaar nie. Thabo Mbeki kan dit in een oomblik voorkom. Al wat hy hoef te doen is om, hoed in die hand, saggies aan die Afrikaner se deur te gaan klop en vir hom te vra om &#8216;n deel van die land uit te soek vir &#8216;n Afrikaner Republiek. Daar kan die Afrikaner doen wat hy wil: Hy kan &#8216;n welvarende, veilige land bou wat &#8216;n bate is vir die streek om hom. En die Bantoe kan doen wat hy wil: Hy kan die res van Suid-Afrika na smaak afbreek en &#8216;n las vir die streek en die wyer internasionale gemeenskap word.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[171,21092],"class_list":["post-440","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter","tag-gustav-venter","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/440","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=440"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/440\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=440"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=440"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=440"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}