{"id":43991,"date":"2017-06-07T09:14:52","date_gmt":"2017-06-07T07:14:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43991"},"modified":"2017-06-07T09:14:52","modified_gmt":"2017-06-07T07:14:52","slug":"terreuraanval-buite-katedraal-in-parys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43991","title":{"rendered":"Terreuraanval buite katedraal in Parys"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Dit is vir Siri\u00eb!&#8221; het &#8216;n Algerynse man met &#8216;n hamer en messe Dinsdagmiddag geskree, buite die Notre Dame-katedraal, en die polisie aangeval voordat hulle geskiet het.<\/p>\n<p>&#8216;n Algerynse man, wat as &#8216;n ISIS-soldaat ge\u00efdentifiseer is, het sy wraak geskree toe hy Dinsdag &#8216;n Franse polisiebeampte buite die beroemde Parys-katedraal aangeval het.<\/p>\n<p>Paniek het gevolg kort nadat die 22-jarige polisiebeampte in die voorhof van die katedraal aangerand is deur &#8216;n &#8220;student&#8221; wat kombuismesse, &#8216;n hamer en ander ongesofistikeerde wapens gehad het.<\/p>\n<p>Hy is geneutraliseer en gewond deur polisie-vuur, en die aanvaller is na die hospitaal vervoer. Volgens &#8216;n bron naby aan die ondersoek het hy beweer dat hy &#8216;n &#8220;Kalifaat-soldaat&#8221; is, van die Islamitiese Staat. Volgens Gerard Collomb, die Franse minister van binnelandse sake, het die aanvaller geskree: &#8220;Dit is vir Siri\u00eb&#8221; toe hy die polisieman geslaan het.<\/p>\n<p>&#8216;n Deursoeking van die woonstel van die aggressor is in Cergy-Pontoise, Val-d&#8217;Oise, gehou.<\/p>\n<p>&#8216;n Identiteitsdokument is in die naam van Farid I gevind. Volgens inligting wat deur <em>Le Parisien<\/em> verkry is, het die veiligheidsmagte &#8216;n identiteitsdokument met dieselfde naam op die aggressor gevind met die geboortedatum wat 18 Januarie 1977 aandui. Hy was onbekend aan die Intelligensiedienste.<\/p>\n<p>Een van die beamptes het gereageer met twee geweerskote, wat die aanvaller beseer het.<\/p>\n<p>Parys-aanklaers het kort n\u00e1 die aanval deur die Algerynse hameraanvaller, &#8216;n teenterrorisme-ondersoek geloods.<\/p>\n<p>Die katedraal is gesluit en word tans deur soldate bewaak.<\/p>\n<p>Di\u00e9 naweek het ISIS &#8216;n verklaring uitgereik waarin volgelinge in Frankryk gevra word om &#8220;aanvalle en gruwel uit te voer soos julle in die stede van Parys en Nice ervaar het&#8221;.<\/p>\n<p>Collomb het aan verslaggewers naby die katedraal in die sentrum van Parys ges\u00ea: &#8220;&#8216;n Man het agter hierdie polisiebeamptes ingekom en, met &#8216;n hamer gewapen, het een van hulle begin slaan. Sy kollegas het met kalmte gereageer &#8230; en geskiet.&#8221;<\/p>\n<p>Die minister het bevestig dat die man &#8220;in die hospitaal is&#8221; maar nie verdere besonderhede gehad het nie.<\/p>\n<p>Voormalige Amerikaanse ambassadeur van die Verenigde Nasies, Nancy Soderberg, is n\u00e1 die aanval binne die katedraal toegesluit.<\/p>\n<p>Sy het &#8216;n foto van die binnekant van die Notre Dame getwiet, wat toeriste wys wat hul arms in die lug hou soos deur die polisie versoek is.<\/p>\n<p>Mense in Notre Dame, die nabygele\u00eb Sainte-Chappelle-katedraal en die area se kafees is aanges\u00ea om binne te bly tydens die polisie-operasie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Dit is vir Siri\u00eb!&#8221; het &#8216;n Algerynse man met &#8216;n hamer en messe Dinsdagmiddag geskree, buite die Notre Dame-katedraal, en die polisie aangeval voordat hulle geskiet het. &#8216;n Algerynse man, wat as &#8216;n ISIS-soldaat ge\u00efdentifiseer is, het sy wraak geskree toe hy Dinsdag &#8216;n Franse polisiebeampte buite die beroemde Parys-katedraal aangeval het. Paniek het gevolg &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43991\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Terreuraanval buite katedraal in Parys&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":43992,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[23931,1093,17039,7829],"class_list":["post-43991","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-amerikaanse-ambassadeur","tag-frankryk","tag-isis","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43991","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43991"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43991\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43992"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43991"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43991"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43991"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}