{"id":43982,"date":"2017-06-07T08:51:07","date_gmt":"2017-06-07T06:51:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43982"},"modified":"2017-06-07T09:01:09","modified_gmt":"2017-06-07T07:01:09","slug":"duitse-facebook-gebruiker-swaar-beboet-oor-anti-migrante-grap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43982","title":{"rendered":"Duitse Facebook-gebruiker swaar beboet oor anti-migrante grap"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Duitse Facebook-gebruiker is 1 350 euro beboet deur haar regering nadat sy &#8216;n anti-migrante grap op haar Facebook-bladsy gedeel en ge-houvan het, en volgens die Duitse koerant Berliner Morgenpost.<\/p>\n<p>Jutta B. is een van &#8216;n groeiende aantal mense wat aangekla word vir &#8220;haatspraak&#8221;. Die Berlynse inwoner van Lichtenberg is in hegtenis geneem en haar huis is deur die polisie deursoek nadat sy &#8216;n foto op Facebook gedeel het en gekliek het dat sy daarvan hou.<\/p>\n<p>Ook &#8216;n 52-jaar-oue rekenaarwetenskaplike wat gekla het dat die Duitse polisie migrante diewe laat gaan het, &#8216;n 66-jarige wat pamflette uitgedeel het wat s\u00ea &#8220;vlugtelinge moet huis toe gaan&#8221; en &#8216;n paartjie wat &#8216;n Facebook-groep geskep het wat die &#8220;anti-Vlugtelingebeweging&#8221; voorgestel het, is beboet, het Breitbart berig.<\/p>\n<p>Die foto wat Jutta gedeel het, getiteld &#8220;Het jy iets teen vlugtelinge?&#8221; het negatiewe kommentaar oor migrante bevat. Die aanklaer het ges\u00ea haar optrede was aanhitsing van haat en aantasting van die menswaardigheid van ander.<\/p>\n<p>Facebook het sedertdien Jutta se rekening geblok, al het sy ges\u00ea sy het die prentjie gedeel sonder om die inhoud ten volle te lees. &#8220;Ek hou daarvan om snaakse dinge rond te stuur,&#8221; het sy aan die hof ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die pos het die aantal moontlike antwoorde ingesluit, soos: &#8220;Ja, masjiengewere en handgranate&#8221;, en is deur &#8216;n sowat 500 mense besigtig en gedeel, insluitende die een wat die 62-jarige Jutta by die polisie aangemeld het.<\/p>\n<p>Jutta het reeds drie doodsdreigemente ontvang van die linkse ekstremistiese groep Antifa, in Berlyn. Die &#8220;outonome gemeenskappe&#8221; van Antifa breek dikwels onwettig in geboue in, pleeg gereeld geweld tydens oproer en val die polisie aan.<\/p>\n<p>Haatspraak in Duitsland het sedert die begin van die migrantkrisis in 2015 &#8216;n belangrike kwessie geword vir Angela Merkel se regering. Die Duitse polisie het alreeds tientalle huise vir beweerde &#8220;haatspraak&#8221; bestorm en deursoek, vir klagtes wat wissel van die verheerliking van Nazisme tot &#8220;xenofobie&#8221;.<\/p>\n<p>Hul poging om &#8220;verregse geweld&#8221; te vervolg het tot dusver platgeval weens &#8216;n gebrek aan bewyse.<\/p>\n<p>Na ongeveer 60 huise s\u00f3 bestorm is, het die minister van binnelandse sake, Thomas de Maizi\u00e8re, die uiterste polisie-optrede geregverdig deur te verklaar dat &#8220;geweld, selfs verbale geweld, in enige vorm en in enige konteks&#8221; onaanvaarbaar is. Maar blykbaar is geweld teen Duitse burgers wat hul spraakvryheid opeis nie &#8216;n probleem nie.<\/p>\n<p>Die omstrede besluit van Merkel se regering om &#8216;n voormalige lid van die berugte kommunistiese Oos-Duitse Stasi aan te stel om sosiale media te polisieer, is met verontwaardiging begroet.<\/p>\n<p>Identit\u00eares het in ou Stasi-uniforms aangetrek en die voormalige Stasi-logo op die deure van die stigting se kantoor geplaas waar oud-Stasi-agent Anette Kahane die Amadeu Antonio-stigting bestuur.<\/p>\n<p>Gedurende die Koue Oorlog is Oos-Duitsers se privaatbriewe oopgemaak deur kommunistiese owerhede, en gedeeltes wat geag is as onwenslik in die kommunistiese ortodoksie, is deurgehaal.<\/p>\n<p>In April het die minister van Justisie ges\u00ea dat die maatskappye wat aanlynplatforms bestuur, verantwoordelik is vir die verwydering van haatlike inhoud. Hy het ges\u00ea &#8216;n nuwe wetsontwerp sal &#8220;ingryp wanneer kriminele haat of opsetlike vals nuus gepos word&#8221;.<\/p>\n<p>Die minister het gekla dat sosiale netwerke nie genoeg strafbare inhoud verwyder nie, en met verwysing na navorsing ges\u00ea, Twitter het net 1 persent van onwettige inhoud wat deur gebruikers gemerk is, verwyder. Facebook het 39 persent verwyder, het die Associated Press berig. &#8220;Ons moet die druk op sosiale netwerke verhoog &#8230; Daar is net so min plek vir kriminele propaganda en laster [op sosiale media] soos op die strate,&#8221; het minister van Justisie Heiko Maas ges\u00ea.<\/p>\n<p>Maar wat is &#8220;kriminele haat&#8221;? Duidelik beteken dit vir Duitse owerhede teenkanting teen hul beleid rakende Moslem-migrasie. Duitsland voel dat die res van Europa hul voorbeeld moet volg: &#8220;Op die ou end het ons ook Europese oplossings nodig vir Europese maatskappye,&#8221; het Maas ges\u00ea.<\/p>\n<p>Verklarings wat volgens die Duitse wet onwettig geag word, is sommer nou stellings wat bloot subjektief en op grond van totale ewekansigheid deur verlinkse sosiale media-gebruikers as &#8220;haatspraak&#8221; beskou word.<\/p>\n<p>Facebook en Twitter het byvoorbeel al 90 persent van die webwerf Jihad Watch geblokkeer. Die regering van Pakistan het bevestig dat Facebook inhoud verwyder wat die Sharia-godslasteringswette oortree.<\/p>\n<p>Kritiek teen Kanselier Merkel se migrasiebeleid kan byvoorbeeld as &#8220;Islamofobie&#8221; gekategoriseer word, en word dikwels beskou dat dit &#8220;Gemeenskapstandaarde&#8221; oortree, terwyl die aanhitsing van werklike geweld teen blankes algemeen beskou word as in ooreenstemming met Facebook se &#8220;Gemeenskapstandaarde&#8221;.<\/p>\n<p>Facebook het intussen aangekondig dat die aantal werknemers in klagtesbestuur in Berlyn teen die einde van 2017 tot 700 sal styg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Duitse Facebook-gebruiker is 1 350 euro beboet deur haar regering nadat sy &#8216;n anti-migrante grap op haar Facebook-bladsy gedeel en ge-houvan het, en volgens die Duitse koerant Berliner Morgenpost. Jutta B. is een van &#8216;n groeiende aantal mense wat aangekla word vir &#8220;haatspraak&#8221;. Die Berlynse inwoner van Lichtenberg is in hegtenis geneem en haar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43982\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Duitse Facebook-gebruiker swaar beboet oor anti-migrante grap&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":43984,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-43982","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43982","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43982"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43982\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43984"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43982"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43982"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43982"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}