{"id":43942,"date":"2017-06-02T09:41:46","date_gmt":"2017-06-02T07:41:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43942"},"modified":"2017-06-02T09:45:12","modified_gmt":"2017-06-02T07:45:12","slug":"trump-onttrek-uit-onbillike-parys-klimaatooreenkoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43942","title":{"rendered":"Trump onttrek uit &#8216;onbillike&#8217; Parys-klimaatooreenkoms"},"content":{"rendered":"<p>Amerikaanse senator Rand Paul het die Parys-klimaatooreenkoms Donderdag gekritiseer omdat dit onbillik is nadat president Donald Trump sy belofte om uit die Parys-klimaatooreenkoms te onttrek, nagekom het.<\/p>\n<p>Paul het aan sy CNN-gasheer ges\u00ea dat Trump reg is om uit die ooreenkoms te onttrek omdat ander lande nie hul beloftes nakom nie. Die VSA sal eers in November 2019 ten volle onttrek &#8211; meer as twee jaar van nou af.<\/p>\n<p>Hy het die idee van die planeet wat vernietig word afgelag. &#8220;Regtig?&#8221; het Paul ges\u00ea. &#8220;Dis &#8216;n belaglike stelling &#8230; Ek dink nie ons moet hieroor bekommerd wees nie.&#8221;<\/p>\n<p>Maar Paul het beswaar gemaak teen die ooreenkoms op ekonomiese gronde. Hy het ges\u00ea die VSA sal meer as ses miljoen werksgeleenthede verloor en het die wetenskaplike voorspellings bevraagteken: &#8220;Jy moet seker maak dat jou kykers weet dat die meeste [klimaatwetenskaplikes] se modelle verkeerd was,&#8221; het Paul ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;China hoef nie volgens dieselfde re\u00ebls te speel nie,&#8221; het Paul opgemerk. &#8220;Die debat moet wees oor of [die Parys-ooreenkoms] regverdig is. Is dit regverdig vir China om te besoedel en vir ons om koolstof te verminder en China moet niks doen nie? &#8221;<\/p>\n<p>&#8220;So as Amerika sy koolstofvoetspoor met 20 persent moet verminder, maar China hoef glad nie te verminder nie, hoe kan dit ooit regverdig wees? Wie by sy volle positiewe sou iets teken wat s\u00ea China hoef niks te doen nie?&#8221; het Paul uitgevaar.<\/p>\n<p>&#8220;Is dit regverdig dat Rusland hul koolstofuitset met 50 persent kan verhoog?&#8221; het Paul bygevoeg en die billikheid van die transaksie bevraagteken.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea dat Amerikaners waarskynlik meer belangstel om hul werk te behou as wat hulle oor &#8220;alarmistiese&#8221; teorie\u00eb nadink. <\/p>\n<p>&#8220;S\u00ea jy regtig dat die mens nie bydra tot klimaatsverandering nie?&#8221; het die CNN-gasheer vir Paul gevra.<\/p>\n<p>Paul het geantwoord: &#8220;Dit is die groot argument wat niemand van julle begryp nie. Hoeveel is die natuur en hoeveel is die mens?&#8221;<\/p>\n<p>President Donald Trump het ges\u00ea die onttrekking is &#8220;in Amerika se ekonomiese belang en sal nie veel vir die klimaat saak maak nie.&#8221; <\/p>\n<p>&#8220;Ek is verkies om die burgers van Pittsburgh, nie Parys nie, te verteenwoordig,&#8221; het Trump ges\u00ea. &#8220;Hierdie ooreenkoms is minder oor die klimaat en meer oor ander lande wat &#8216;n finansi\u00eble voordeel oor die Verenigde State kry,&#8221; het hy spesifiek oor China en Indi\u00eb ges\u00ea.<\/p>\n<p>China en Indi\u00eb het albei by die Paryse-ooreenkoms in 2016 aangesluit, maar het geen planne om kweekhuisgasvrystellings te verminder nie, want hulle moet steenkoolproduksie verhoog om hul groeiende ekonomie\u00eb te voed. &#8220;Hulle kan doen wat hulle wil vir 13 jaar. Nie ons nie,&#8221; het Trump van China ges\u00ea. <\/p>\n<p>&#8220;Die ooreenkoms skakel nie steenkoolwerkers uit nie, dit verplaas net daardie werke uit Amerika,&#8221; het Trump ges\u00ea, &#8220;en stuur hulle na ander lande.&#8221;<\/p>\n<p>Die ooreenkoms bepaal dat die VSA die Groen Klimaatfonds (GCF) befonds, wat geskep is om te betaal vir groen energieprojekte in arm lande, maar Trump het ges\u00ea die VSA sal nie meer geld gee nie.<\/p>\n<p>As deel van die ooreenkoms in Parys het ryk lande belowe om teen 2020 100 miljard dollar aan klimaathulp aan arm lande te gee.<\/p>\n<p>President Barack Obama het in 2016 die Paryse-ooreenkoms geteken sonder goedkeuring van die Senaat. Hy het belowe om Amerikaanse kweekhuisgasvrystellings 26 tot 28 persent te verminder onder die vlakke van 2005 teen 2025. Die ooreenkoms was om ten minste $3 miljard in die globale klimaatpoging te stort.<\/p>\n<p>Maar die VSA se mededingingsinstelling, die CEI het Trump versoek om die Paryse-ooreenkoms aan die Senaat voor te l\u00ea vir goedkeuring soos vereis deur die Amerikaanse Grondwet.<\/p>\n<p>&#8220;Die ooreenkoms stel Amerika se kapasiteit vir selfbestuur in gevaar,&#8221; s\u00ea hul aanbeveling. &#8220;Dit bemagtig een administrasie om wetgewende verpligtinge vir dekades te maak, sonder kongresmagtiging, en ongeag die uitkoms van toekomstige verkiesings.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Amerikaanse senator Rand Paul het die Parys-klimaatooreenkoms Donderdag gekritiseer omdat dit onbillik is nadat president Donald Trump sy belofte om uit die Parys-klimaatooreenkoms te onttrek, nagekom het. Paul het aan sy CNN-gasheer ges\u00ea dat Trump reg is om uit die ooreenkoms te onttrek omdat ander lande nie hul beloftes nakom nie. Die VSA sal eers &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43942\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Trump onttrek uit &#8216;onbillike&#8217; Parys-klimaatooreenkoms&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7043,5311,7950,20899],"class_list":["post-43942","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-aardverwarming","tag-china","tag-klimaat","tag-trump"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43942","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43942"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43942\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43942"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43942"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43942"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}