{"id":43884,"date":"2017-05-27T13:36:26","date_gmt":"2017-05-27T11:36:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43884"},"modified":"2017-05-27T13:36:26","modified_gmt":"2017-05-27T11:36:26","slug":"brief-van-tonder-jy-het-spur-opgedonder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43884","title":{"rendered":"Brief: Van Tonder, jy het #Spur opgedonder"},"content":{"rendered":"<p>Politieke korrektheid het \u2018n prys. \u2018n Duur, rand-en-sent prys. As jy \u2018n maatskappy is met \u2018n elitistiese bestuur, wat uit \u2018n PK-hoogte op jou eie klandisie neersien, is bankrotskap en miljarde se geldelike verliese jou voorland.<\/p>\n<p>S\u00f3 het die Amerikaanse winkelgroep, Target, agtergekom, n\u00e1dat hy \u2018n ernstige aanval van PK-itis beleef het. Koorsig van die politieke korrektheid, het Target besluit om sy winkels se toilette voortaan oop te stel vir diegene wat hul verbeel dat hulle eintlik met die verkeerde geslagsorgane gebore is. Sulke hallusinasies, soos die hoor van stemme in jou kop en om jou te verbeel jy is iets wat jy nie is nie, is uiteraard ook \u2018n kenmerk van geestesongesteldhede soos skisofrenie.<\/p>\n<p>Enige man wat volhou hy is \u2018n sogenaamde \u201cvrou vasgekeer in \u2018n manlike liggaam\u201d, kon dus by die damestoilette van \u2018n Target-winkel instap en na hartelus na dogtertjies en hul ma\u2019s staar. Target het hom egter lelik misreken met sy klandisie, en \u2018n grootskeepse boikot het gevolg. Die gewone man op straat, wat nie deur die PK-virus besmet is nie, het in opstand gekom. Target se aandeelprys het gevolglik met 30% gedaal, en sy verkope met 6%, wat verliese van miljarde dollar verteenwoordig.<\/p>\n<p>Nog \u2018n individu wat vrot is van die PK-griep, is Pierre van Tonder, die hoofuitvoerendebeampte van Spur. In \u2018n insident vroe\u00ebr vanjaar het \u2018n swart bullebak \u2018n blanke dogtertjie in \u2018n Spur se speelarea aangerand. Die dogtertjie was helfte van die bullebak se ouderdom en helfte van sy grootte. Daar was merke op die dogtertjie se gesig agv di\u00e9 barbaarse aanranding. Die pa van die dogtertjie het die ma van die bullebak gaan konfronteer, sy het op hom gevloek en die man het glo \u2018n dreigende houding ingeneem, maar, anders as die bullebak, nie fisies aan die vrou geraak nie.<\/p>\n<p>Spur het egter geen tyd verspil om soos \u2018n trop buffels by \u2018n breekwarewinkel in te storm nie. Met PK-vaandels wapperend in die wind, het die Spur se bestuur die pa summier verban uit alle Spur-restourante. Die vloekende ploert van \u2018n ma van die bullebak, daarenteen, is nederig om verskoning gevra. Wie weet \u2014 miskien het sy selfs lewenslange gratis etes by die Spur gekry, sodat haar bullebaktelg in die toekoms ook na hartelus ander blanke kinders kan beseer in die speelarea.<\/p>\n<p>Waarom is albei nie verban nie, sou enige rasionele waarnemer vra? Dis eenvoudig: Want die ma is swart, die pa is wit, en die Spur bestaan uit politiek korrekte fanatici. Dit gaan uit en uit oor ras, en die Spur het homself as \u2018n anti-blanke, rassistiese maatskappy bewys. In die PK-w\u00eareld is wit per definisie verkeerd, en swart per definisie reg.<\/p>\n<p>Die onafwendbare gebeur toe. Derduisende blankes het die Spur spontaan begin boikot. Omset in sommige restourante het met tot die helfte gedaal. Sommiges moes selfs hul deure sluit. Nietemin het Van Tonder bloot net aangedonder. Toe hy deur die waas van sy PK-koors begin sien dat hy nou ernstige twak aangejaag het, het hy net meer verbete en histeriese politiek korrekte sothede begin kwytraak, soos dat diegene wat die Spur boikot, sogenaamde regses en rassiste was. Hulle is glo diegene wat woon in areas deurtrek met KP-stemmers, een en almal, terwyl die KP al vir dekades lank nie meer bestaan nie.<\/p>\n<p>(Maar natuurlik. Hoe dan anders? Enige blanke wat hom nie gedienstig neerbuig voor die PK-afgod nie, is mos noodwendig \u2018n rassis en \u2018n regse. Ongelooflik hoe Van Tonder en sy maatskappy hul kernklandisie so kan minag.)<\/p>\n<p>Van Tonder het ook toe die simpatiekaart probeer speel. Dis arme Afrikaner-konsessiehouers wat ly onder die boikot van die regses, het Van Tonder toe beweer. Dit mag in enkele gevalle weliswaar so wees, maar moet Afrikaners dan maar net aanhou om hul geld te bestee by \u2018n maatskappy wat ons so aktief minag? Moet die massa die enkele konsessiehouers se belange b\u00f3 hul eie stel?<\/p>\n<p>Ek stel terloops voor dat sodanige konsessiehouers begin met \u2018n regsgeding teen Spur se hoofkantoor, of dat hulle hul konsessies prysgee en \u2018n restourant onder \u2018n ander handelsnaam heropen. Spur het myns insiens kontrakbreuk gepleeg deur moedswillig die konsessie se handelsnaam in oneer te bring, en deur sy konsessiehouers se teikenmark moedswillig te vervreem.<\/p>\n<p>Toe dinge vir Van Tonder nog warmer raak, het hy selfs begin beweer dat dit \u2018n politieke party \u2014 Front Nasionaal \u2014 was wat die veldtog met politieke oogmerke geloods het. Helaas vir Van Tonder was FN se veldtog slegs een van vele, en is die boikot veel meer wydverspreid onder doodgewone blankes, ook Engelssprekende blankes, soos my buurman.<br \/>\nHier is my voorspelling: Daar is drie groepe wat hulself gelukkig sal ag as hulle Kersfees 2017 lewend sien. Een is kalkoene. Die tweede is heelwat Spur-restourante. Die derde is Van Tonder en sy trawante in Spur se topbestuur.<\/p>\n<p>Van Tonder, jy het opgedonder.<\/p>\n<p>\u2014 Jared van Niekerk, per e-pos<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Politieke korrektheid het \u2018n prys. \u2018n Duur, rand-en-sent prys. As jy \u2018n maatskappy is met \u2018n elitistiese bestuur, wat uit \u2018n PK-hoogte op jou eie klandisie neersien, is bankrotskap en miljarde se geldelike verliese jou voorland. S\u00f3 het die Amerikaanse winkelgroep, Target, agtergekom, n\u00e1dat hy \u2018n ernstige aanval van PK-itis beleef het. Koorsig van die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43884\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: Van Tonder, jy het #Spur opgedonder&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":43885,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[6882,23912,7385,4772,17090],"class_list":["post-43884","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-boikot","tag-boycott","tag-politieke-korrektheid","tag-ras","tag-spur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43884","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43884"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43884\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43885"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43884"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43884"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43884"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}