{"id":43868,"date":"2017-05-26T07:12:47","date_gmt":"2017-05-26T05:12:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43868"},"modified":"2017-05-26T07:15:22","modified_gmt":"2017-05-26T05:15:22","slug":"gustav-venter-dan-roodt-sestig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43868","title":{"rendered":"Gustav Venter: Dan Roodt \u2014 Sestig!"},"content":{"rendered":"<p>As ek vir jou s\u00ea dat Dan Roodt op 26 Mei 1957 gebore is \u2013 en hy is \u2013 en jy tel op wat opgetel moet word en trek af wat afgetrek moet word, sal jy by een uitslag uitkom: Die man word vandag, 26 Mei 2017, sestig jaar oud. Dit is goed. Dit is \u0149 goeie ding. Ons almal, veral die Afrikaners, ook di\u00e9 wat dit nie besef of dit nie wil glo nie, het vir Dan Roodt op 60 nodig. Die Groot Vyfdosyn is \u0149 goeie ouderdom vir Dan. Dit is \u0149 ouderdom van die kragtige samevloeiing van ervaring, kennis, bedrewenheid, idees en die uitvoering van planne se stappe. Die man se nuuskierigheid is so ongebreideld soos altyd, sy vermo\u00eb om patrone in verskuiwings en formasies te sien nog net so betroubaar en sy intellektuele energie nog net so onblusbaar soos altyd.<\/p>\n<p>Nou nie dat almal hom vandag gaan bederf, soos Karin sekerlik gaan maak, of so hartlik gelukwens soos sy kinders Octavia, Tristan en Alexander, of sterkte toewens soos sy stewige vriendekring, of ondersteuning aanbied soos sy groeiende falanks volgelinge nie. Daar is \u0149 lang sleepsel mense wat in \u0149 ry staan om hom al die ellende van die hel toe te wens, en dit is ook \u0149 goeie teken, want een skaal waarin \u0149 man se waarde geweeg word is die aard van die vyande wat hy gemaak het en daagliks byvoeg. So tree aan, lib en linksis en Marxis en volkshater en Empaaierpierewaaier en globalis en integriteitslose joernalis&#8230; Die man is sestig en hy is op dreef.<\/p>\n<p>Nou hoekom word hy so deeglik en luidkeels verpes? Want die selfgewaande intellektueel kan sy intellektuele meerdere vergewe, die grapjas kan die meer spitsvondige aanvaar en die satirikus kan wegkwyn voor die skerper skalpel en dan weer uitdy, maar ai, in \u0149 w\u00eareld waar soveel mense so gereeld en so vreeslik verkeerd is, sal die een wat konsekwent reg is, nie vergewe word nie.<\/p>\n<p>En dis die ding met Dan Roodt \u2014 hy is altyd reg, en hy is gemiddeld so vyftien jaar voor enige iemand anders reg. (As jy wil weet wat Max du Preez in 2032 sou skryf, lees Dan se rubriek van verlede week.) Dan was reg oor die verval van die Nasionale Party. Dan was reg oor die eers-kruipende en toe skielike oorname van die Kommuniste in Suid-Afrika. Dan was reg oor die aanslag op Afrikaans. Dan was reg oor die kultuuroorlog. Dan was reg oor die verval van Suid-Afrika tot Derdew\u00eareldland. Dan was reg oor die onaanpasbaarheid van rasse. Dan was reg.<\/p>\n<p>Ek lag dan nou as ek mense sien dinkskrum oor die ligging en aard van \u0149 Volkstaat. As jy Dan Roodt al die jare gelees het, is dit nou vir jou so, so&#8230; 2002. To\u00e9 het hy skriftelik gedagte-eksperimente daaroor gehad: Koop \u0149 eiland langs die kus van Australi\u00eb; bekom \u0149 stuk van Botswana; gaan die dorre hinterland in&#8230; As jy wil weet wat nie gaan werk nie en hoekom nie, lees Dan Roodt. Maar as jy dan nou weer wil weet w\u00e1t gaan werk, moenie ophou lees nie.<\/p>\n<p>Dan Roodt op sestig \u2014 ons moet dit merk! En ons gaan. Ek is reeds besig om boonstelaaiskrywers, almal vriende, of ten minste krytgenote, van Dan, te werf om elkeen \u0149 opstel oor hom te skryf. Ons sal dit gereeld op Praag plaas so met die verloop van die volgende paar maande. So teen September dan, is die plan, om hierdie stukke in \u0149 bondel te boekstaaf onder die voorlopige titel van \u201cRoodt in swart op wit.\u201d<\/p>\n<p>So \u2014 laat klap die vonkelwynproppe, bring \u0149 gloeikool teen die sigaar se punt, druk die partjiepunthoed reg: Veels geluk Dan! Ons sien uit na wat volg, doodseker dat jy reg is om aan te hou reg wees.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As ek vir jou s\u00ea dat Dan Roodt op 26 Mei 1957 gebore is \u2013 en hy is \u2013 en jy tel op wat opgetel moet word en trek af wat afgetrek moet word, sal jy by een uitslag uitkom: Die man word vandag, 26 Mei 2017, sestig jaar oud. Dit is goed. Dit is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43868\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gustav Venter: Dan Roodt \u2014 Sestig!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":43869,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,8315,12893,2224],"class_list":["post-43868","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-australie","tag-nasionale-party","tag-volkstaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43868","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43868"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43868\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43869"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43868"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43868"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43868"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}