{"id":43820,"date":"2017-05-19T18:31:07","date_gmt":"2017-05-19T16:31:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43820"},"modified":"2017-05-19T18:31:07","modified_gmt":"2017-05-19T16:31:07","slug":"pierre-fouche-revolusie-begin-by-hoer-onderwys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43820","title":{"rendered":"Pierre Fouch\u00e9: Revolusie begin by ho\u00ebr onderwys"},"content":{"rendered":"<blockquote><p>\u201cAs with most revolutionary movements, the core element has consisted of students and intellectuals. In most countries fundamentalists winning control of student unions and similar organizations was the first phase in the process of political Islamization, with the Islamist \u201cbreakthrough\u201d in universities occurring in the 1970s in Egypt, Pakistan, and Afghanistan, and then moving on to other Muslim countries. The Islamist appeal was particularly strong among students in technical institutes, engineering faculties, and scientific departments. In the 1990s, in Saudi Arabia, Algeria, and elsewhere, \u201csecond generation indigenization\u201d was manifesting itself with increasing proportions of university students being educated in their home languages and hence increasingly exposed to Islamist influences.\u201d <i>Samuel P. Huntington, The Clash of Civilizations and the Remaking of World Order (Simon and Schuster, New York, 1996) 124<\/i><\/p><\/blockquote>\n<p align=\"justify\">Dit het reeds hier begin. Wat is die 2015-2016 studente-optogte as dit nie die ontwaking van \u2018n nuwe politieke mondigheid onder die Bantoes is nie? Natuurlik is protes en optogte niks nuuts vir Bantoes nie, en die afbranding van universiteit geboue is goeie sport vir hulle. Maar tog, die onlangse stakings lyk of dit poog vir iets groters.<\/p>\n<p align=\"justify\">Op die oog af lyk die studente-optogte of daar ge\u00ebis word om ho\u00ebr onderrig meer toeganklik en bekostigbaar vir die gemiddelde bevolking te maak. As mens glo dat alle mense van alle rasse werklik eenders is en verskille tussen ons slegs oppervlakkig en kunsmatig is, dan maak dit sin om vir almal sover moontlik dieselfde geelenthede te bied. Want as almal intrinsiek dieselfde is, en die gehalte van onderrig die gehalte van intellek bepaal, dan sal almal beter daaraan toe wees as hulle toegang het tot gehalte-onderrig.<\/p>\n<p align=\"justify\">Hoekom het die bose apartheidsregering dan geweier om die Bantoes saam met die Blankes te onderrig? Hoekom wou hulle Westerse opleiding n\u00e9t vir die Blankes, en nie die Bantoes bied nie? Dit is \u2018n groot onderwerp, en nie my doel om met hierdie klein artikel te bespreek nie. Dit is genoeg om te s\u00ea dat Westerse opleiding vir Europese rasse bedoel is, en dat wanneer genoeg nie-Europese rasse in sulke instansies toegelaat word, <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=nTdMY9RI-7E&amp;list=PLMNj_r5bccUyYzJ5G1GgvfM59JEpDkteX&amp;index=4\">die instansie verander en nie die student nie<\/a>.<\/p>\n<p align=\"justify\">Om weer ons fokus te rig op die onderwerp: wat is die doel van die studente-optogte wat begin het in die tweede helfte van 2015? Dit is gedeeltelik om ho\u00ebr onderrig meer bekostigbaar of verniet te maak, want Bantoes hou veral van dinge wat verniet is. Maar die eintlike rede is om die instansies te verander om hulle beter te pas. Dit is nie noodwendig \u2018n slegte ding of selfs abnormaal nie, omdat alle spesies hulle omgewing verander om hulself beter te pas. Die probleem l\u00ea by die feit dat ons verskillende spesies is, en dus verskillende omgewings wil h\u00ea.<\/p>\n<p align=\"justify\">In Mei 2016 is die \u2018Higher Education Amendment Bill\u2019 sonder veel weerstand of selfs bewustheid vanaf Afrikaners, <a href=\"https:\/\/archive.is\/DSphn\">aanvaar<\/a> en as wet verklaar in die parlament. Die wet skenk aan die Minister van Ho\u00ebr Onderwys meer mag en gesag om openbare universiteite se beleid, rassekwotas en finansies voor te skryf. Dit sal natuurlik lei tot die afskaffing van blanke werknemers, minder plek vir blanke studente, en die verafrikanisering van die kurrikulum.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die universiteit waar ek onlangs klaar gemaak het, Tukkies, het van my eerste jaar in 2014 to my derde jaar in 2016 opmerklik verander (As jy wil sien hoe die verandering lyk, woon Tuks se ope dag op 20 Mei by, of ry net verby die hoofhek in Lynnwoodstraat). Hierdie verandering het plaasgevind op sy eie, nog voordat die staat hulle greep op ho\u00ebr onderwys stywer gemaak het. Noudat die regering meer druk kan plaas op universiteite om te transformer, glo ek die verandering sal net vinniger plaasvind.<\/p>\n<p align=\"justify\">Myns insiens het ons nou drie hoofkeuses in verband met die rigting en toekoms van ons universiteite:<\/p>\n<ul>\n<li>Hou aan om niks te doen. Ons universiteite en die studentemassa sal langsamerhand aanhou verbaster totdat hulle gelykwaardig met Bantoe-\u201cuniversiteite\u201d is. Ons sal waarskynlik die reg gegun word om in hierdie instansies toegelaat te word, solank as wat ons weet dat ons ons plek moet ken as onderdane en knegte van Azani\u00eb.<\/li>\n<li>Emigreer na Australi\u00eb en stuur ons kinders om te gaan leer oor die glorie van die Sjinese Ryk aan \u2018n Australiese universiteit.<\/li>\n<li>Herower of vernietig* ons ou universiteite. Ek gaan hierdie punt verder bespreek.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Deur *vernietiging bedoel ek nie om die instansies te gaan afbrand nie; dit is onwettig en die Bantoes sal dit naderhand self doen. Met vernietiging bedoel ek om die wit lewensbloed uit die universiteite se stelsels te verwyder, vinnig genoeg sodat dit die hele sisteem in skok laat, en dit dan self ten gronde laat gaan. As ons die Blanke administrasie, dosente, en na-graadse studente by Tuks, Maties, Kovsies en Pukke as een geallieerde blok laat saamwerk, kan ons die hele openbare tersi\u00eare onderwysstelsel op sy knie\u00eb dwing.<\/p>\n<p>Ons sal dan bedingingsmag h\u00ea om ons eise te stel.<\/p>\n<p>Die uitkoms van so \u2018n aksie is onseker, maar belowe om werklike verandering teweeg te bring, en sal ons eerste stap vorentoe in \u2018n halwe eeu wees. Die alternatiewe sal almal tot ons nadeel wees, en sal die pyn van verandering net oor \u2018n langer tydperk versprei en ons gerus laat voel dat niemand ons rassiste genoem het nie. Want dit is die belangrikste ding ter w\u00eareld: vermyding van pyn en om \u201cnice\u201d te wees. Word wakker! Niks goeds kom sonder opoffering nie, en jy is \u2018n rassis of jy nou die leier van die AWB of \u2018n pasgebore wit baba is.<\/p>\n<p align=\"justify\">Vir ouers wat dink dit sal jammer wees as hulle kinders dan vir \u2018n ruk miskien nie die geleentheid sal h\u00ea om hulself te volleer en \u2018n bydrae tot die samelewing te kan maak nie, s\u00ea ek dit: jou kind sal hom beter voorberei vir die toekoms deur apokaliptiese rekenaarspeletjies te speel, as om \u2018n 3-jaargraad in Besigheidsbestuur te swot.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cAs with most revolutionary movements, the core element has consisted of students and intellectuals. In most countries fundamentalists winning control of student unions and similar organizations was the first phase in the process of political Islamization, with the Islamist \u201cbreakthrough\u201d in universities occurring in the 1970s in Egypt, Pakistan, and Afghanistan, and then moving on [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":43821,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134,29],"tags":[4835,17503,4917],"class_list":["post-43820","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c126-algemeen","category-s32-feuilleton","tag-transformasie","tag-tuks","tag-universiteite"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43820","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43820"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43820\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43821"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43820"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43820"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43820"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}