{"id":4373,"date":"2009-03-06T01:05:35","date_gmt":"2009-03-06T01:05:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4373"},"modified":"2009-03-06T01:05:35","modified_gmt":"2009-03-06T01:05:35","slug":"die-bank-van-engeland-se-benoude-sprong","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4373","title":{"rendered":"Die Bank van Engeland se benoude sprong"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Nie net het die Bank, soos verwag, rentekoerse tot 0,5% gesny nie, dit beplan nou ook om tot R2-triljoen se geld te druk om in die verstopte are van die ongestelde ekonomie in te pomp.<\/p>\n<p> Hierdie breedvoerige skuif &ndash; bekend as kwantitatiewe verligting en wat as &ldquo;die kernenergieopsie&rdquo; beskou word &ndash; is voorspel, maar die skielikheid waarmee dit gekom het en die omvang van die aanvanklike belegging, het as &#39;n verrassing gekom. Die Bank is van plan om &#39;n triljoen rand in die ekonomie oor die volgende drie maande in te vuur, hoofsaaklik deur die aankope van regeringseffekte, bekend as vergulde effekte.<\/p>\n<p> Die Bank vertrek op &#39;n beleid om te verhoed dat die Britse ekonomie &ndash; wat reeds in die diepste resessie sedert die 1980&rsquo;s vasgeval het &ndash; in iets ergers inkantel. Ten spyte van die massiewe herkapitalisasie van die verlamde bankstelsel, is werkloosheid, vererger deur derdew&ecirc;reldse immigrasie, ook aan die toeneem en verbruikersvertroue is besig om in duie te stort na mate die krisis oorloop van die finansi&euml;le markte in die bre&euml;r ekonomie in.<\/p>\n<p> &ldquo;Dit is &#39;n sprong in die duister,&rdquo; s&ecirc; George Osborne, die skadukansellier. &ldquo;Dit is om inderwaarheid geld te druk, want al die ander regeringsbeleide het nie gewerk nie. Ek dink nie die Bank van Engeland is met enige ander opsies gelat nie.&rdquo;<\/p>\n<p> Die Banks se optrede, wat na amptelike toestemming van die Kansellier Alistair Darling kom, is &#39;n meer aggressiewe benadering as di&eacute; van die VSA se Federale Reserwe. Die aanvanklike eentriljoen rand verteenwoordig omtrent 5,4 persent van die bruto binnelandse produk van Brittanje, in teenstelling met die Fed wat omtrent 6,7 triljoen rand, of 4,7% van die BBP in die ekonomie ingepomp het.<\/p>\n<p> In sy brief aan die Bank se goewerneur, Mervyn King, wat gister gepubliseer is, het Mnr. Darling die versoek van die Bank se Monet&ecirc;re Beleidskomitee om soveel as 2-triljoen rand op regeringskuld en private sektorbates te spandeer, gemagtig. Deur die werklike voorraad van geld in die ekonomie te verhoog, hoop die bank om die kredietdroogte wat deur verbruikers en besighede ondervind word, te verlig.<\/p>\n<p> Dit word allerwe&euml; as die benoude sprong van &#39;n benoude kat gesien. As dit slaag, sal Brittanje na verwagting binne &#39;n jaar begin kop optel na &#39;n ernstige resessie. Indien dit misluk, kan dit die Britse ekonomie op &#39;n dolle vaart na hiperinflasie aanjaag. <\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/instawowphoto.net\">instawowphoto<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nie net het die Bank, soos verwag, rentekoerse tot 0,5% gesny nie, dit beplan nou ook om tot R2-triljoen se geld te druk om in die verstopte are van die ongestelde ekonomie in te pomp. Hierdie breedvoerige skuif &ndash; bekend as kwantitatiewe verligting en wat as &ldquo;die kernenergieopsie&rdquo; beskou word &ndash; is voorspel, maar die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4373\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die Bank van Engeland se benoude sprong&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[4286,162,21089],"class_list":["post-4373","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-die-bank-van-engeland-se-benoude-sprong","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4373","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4373"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4373\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4373"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4373"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4373"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}