{"id":43714,"date":"2017-05-10T09:48:14","date_gmt":"2017-05-10T07:48:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43714"},"modified":"2017-05-10T09:48:14","modified_gmt":"2017-05-10T07:48:14","slug":"brief-wil-tot-mag-of-wil-tot-selfmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43714","title":{"rendered":"Brief: Wil tot mag, of wil tot selfmoord?"},"content":{"rendered":"<p>Ons moet kies.<\/p>\n<p>Ek vermoed sekere van ons mense sal die eerste deel van die titel lees en dadelik afgesit word. Dit is jammer. Ek het al gemerk dat wanneer ek voorstel dat die oplossing vir die probleem wat ons as Afrikaners in die gesig staar is om politikie mag terug te wen, mense negatief reageer.<\/p>\n<p>Hoekom is ons s\u00f3 &#8216;n afkeer daaraan om te streef vir iets wat ons vir amper \u2018n halwe eeu lank gehad het, en toe in 1992 prys gegee het? Iets waarvoor ons voorvaders bereid was om hulle lewens te gee in 1899, onder omstandighede wat seker meer ongunstig was as di\u00e9 wat ons vandag beleef.<\/p>\n<p>Wat het intussen gebeur?<\/p>\n<p>Hoekom het die meerderheid van die burgers in die twee Boererepublieke in 1899 besluit om die krygsplig op te neem vir hulle politieke onafhanklikheid; maar een eeu later, het die meerderheid besluit om te stem vir selfmoord?<\/p>\n<p>Di\u00e9 van ons mense wie se breine al pap gebid is, sal waarskynlik s\u00ea dat dit is omdat ons afvallig geraak het van God. Miskien. Maar tog het ons in albei gevalle verloor. Ons het verloor toe ons vroom was \u00e9n ons het verloor toe ons afvallig was. Sulke redenasies is vir my een dimensioneel en pateties, en staan oop vir allerlei teenstellings van ander volke in die laaste eeu alleen, om nie eens om te praat van die wyer geskiedenis nie.<\/p>\n<p>Vox Day, skrywer van <em>The Irrational Atheist<\/em>, <em>SJWs Always Lie<\/em>, en <em>Cuckservative: How \u201cConservatives\u201d Betrayed America<\/em>, het die saak onlangs in sy blog vir my op \u2018n goeie manier gestel:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cJesus saves souls. He doesn&#8217;t save nations. If men want to save their nations, or their civilization, I expect they&#8217;ll have to do it on their own.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Leon Lemmer het al meer as \u2018n paar keer geskryf oor die ondergang van die Afrikaners, daar is nie veel om daarby te voeg nie. Hoekom ons nog nie \u2018n totale omwenteling hier gehad het nie, veral in die 90\u2019s toe ons nog in \u2018n relatiewe sterk posisie was om dit te doen, gaan my verstand te bowe. D\u00edt van die volk waaroor \u2018n Engelsman, Anthony Jacob in sy boek <em>White Man, Think Again!<\/em> geskryf het:<\/p>\n<p>\u201cFurthermore South African political leaders &#8211; who have always been Afrikaners &#8211; have to be on their toes all the time because, as the national history shows, the moment they show signs of faltering they are rejected by their people. As a Voortrekker woman expressed it over a hundred years ago, &#8216;If our leaders grow tired and tearful, the Nation will take over.&#8217; \u201d<\/p>\n<p>Wat het met ons gebeur? Waar het daardie gees en ywer wat altyd die Afrikaner gekenmerk het heengegaan? Iets wat die jonger geslagte slegs van kan lees. Hoekom is ons toekoms weggegee vir die erkenning en goedkeuring van die massas, en vir \u2018n kans om teen bruin mense sport te speel; wat ons nou in elk geval ook besig is om te verloor!<\/p>\n<p>Ons erfporsie \u2013 wat \u2018n gemors.<\/p>\n<p>Maar tog, ons generasie het nou die kans om ons te bewys. Dit l\u00ea nou voor ons voete. Die kans vir strewe en heldedom wat ek nie dink al ooit so groot was in ons ras se geskiedenis nie. Uit \u00f3ns kan legendes gemaak word! As ons suksesvol is, sal dit soos \u2018n weerligstraal deur die w\u00eareld weergalm, van Suid-Afrika tot Swede, ons broers en susters in Europa sal moed kry wat ek nog nie dink hulle het nie.<\/p>\n<p>Jeug van Suid-Afrika: die toekoms is Regs en Blank.<\/p>\n<p>As jy enigsins belang stel in die toekoms, en jou volk se plek daar in, moet hierdie jou gedagtes elke dag in beslag neem soos \u2018n virus. Jy moet aan niks anders kan dink nie, want niks anders is belangrik nie. Die samelewing waaraan jy gewoond is, of wat jy dink jy sal kan kry deur net \u2018n paar emigrasiebriewe in te vul, is besig om dood te gaan. Miskien kom jy uit, na Australi\u00eb of Nieu-Seeland, of Amerika of Kanada, maar jy sal nie hierdie stryd ontsnap nie. Dit is werklik internasionaal.<\/p>\n<p>Die uur is baie laat en die nood is groot.<\/p>\n<p>Ons moet kies:<br \/>\nGee toe,<br \/>\nVeg,<br \/>\nof Vlug.<\/p>\n<p>\u2014 Pierre Fouch\u00e9, jeugleier, Nasionale Konserwatiewe Party<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons moet kies. Ek vermoed sekere van ons mense sal die eerste deel van die titel lees en dadelik afgesit word. Dit is jammer. Ek het al gemerk dat wanneer ek voorstel dat die oplossing vir die probleem wat ons as Afrikaners in die gesig staar is om politikie mag terug te wen, mense negatief &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43714\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: Wil tot mag, of wil tot selfmoord?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":43715,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[],"class_list":["post-43714","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43714","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43714"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43714\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43715"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43714"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43714"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43714"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}