{"id":43508,"date":"2017-04-20T07:25:51","date_gmt":"2017-04-20T05:25:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43508"},"modified":"2017-04-20T07:25:51","modified_gmt":"2017-04-20T05:25:51","slug":"sp-waarsku-dat-nog-afgradering-kan-kom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43508","title":{"rendered":"S&#038;P waarsku dat nog afgradering kan kom"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se kredietstatus kan tot selfs laer vlakke afgegradeer word indien die politieke onsekerheid voortduur.<\/p>\n<p>Die onsekerheid is glo meegebring deur die onlangse afdanking van die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordan, en sal hervorming aan bande l\u00ea. <\/p>\n<p>S&#038;P Global Ratings se uitvoerende hoof het Woensdag di\u00e9 waarskuwing gerig.<\/p>\n<p>&#8220;Daar is risiko&#8217;s dat potensi\u00eble groei-uitkomste verswak kan word, veral met onsekerheid wat in &#8216;n jaar kom waar daar nie sterk besluite geneem kan word vir sterk hervormingsprogramme nie,&#8221; het mnr. Gardner Rusike, die mede-direkteur en hoofontleder van Suid-Afrika by S&#038;P ges\u00ea. .<\/p>\n<p>Dit kan ho\u00ebr brandstof- en voedselpryse meebring.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se droogte-geteisterde boere kan onder druk kom nadat die geldeenheid verswak het weens &#8216;n kredietgradering na rommelstatus wat ook voedselpryse kan opstoot, het kundiges in die bedryf ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die rand se swakheid sal ook boere wat geleen het n\u00e1 die droogte van 2015, onder druk plaas. Dit was die streek se ergste droogte op rekord.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het alreeds &#8216;n reaksie op die swakker wisselkoers gesien met pryse wat optik,&#8221; het &#8216;n senior landbou-ekonoom van die ENB, ges\u00ea. &#8220;As die wisselkoers verder verswak, sal daar beslis &#8216;n verdere styging in pryse wees.&#8221;<\/p>\n<p>Die rand sal volgens die Reuters-data teen Maart volgende jaar tot 14 teenoor die dollar depresieer.<\/p>\n<p>Maar vanjaar se rekordmielie-oes, wat 84 persent ho\u00ebr was as verlede jaar, kan prysstygings verhoed.<\/p>\n<p>&#8220;Voedselpryse sal in die volgende paar maande bly afneem, maar dit kan vroeg volgende jaar verander,&#8221; het die ekonoom ges\u00ea.<\/p>\n<p>Insetkoste soos kunsmis en landbouchemikalie\u00eb, wat blootgestel is aan die wisselkoers en 60 persent van graanproduksiekoste uitmaak, sal ook na die afgradering styg, wat winsmarges verder sal laat daal.<\/p>\n<p>&#8220;Die afgradering is soos &#8216;n stadige dood, jy gaan dit nie dadelik sien nie, maar met verloop van tyd maak dit jou dood en maak jou swakker en minder mededingend,&#8221; het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van die bedryfstakgroep GraanSA, ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se kredietstatus kan tot selfs laer vlakke afgegradeer word indien die politieke onsekerheid voortduur. Die onsekerheid is glo meegebring deur die onlangse afdanking van die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordan, en sal hervorming aan bande l\u00ea. S&#038;P Global Ratings se uitvoerende hoof het Woensdag di\u00e9 waarskuwing gerig. &#8220;Daar is risiko&#8217;s dat potensi\u00eble groei-uitkomste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[13518,23849,16980,23850,4111,6503,17741,15159],"class_list":["post-43508","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-graan","tag-insetkoste","tag-kredietgradering","tag-kunsmis","tag-landbou","tag-mielies","tag-sp","tag-wisselkoers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43508","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43508"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43508\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43508"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43508"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43508"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}