{"id":43350,"date":"2017-04-05T07:51:44","date_gmt":"2017-04-05T05:51:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43350"},"modified":"2017-04-05T07:55:48","modified_gmt":"2017-04-05T05:55:48","slug":"verenigde-anc-dreig-da-met-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43350","title":{"rendered":"Verenigde ANC dreig DA met geweld"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC Jeugliga dreig met geweld teen die DA Vrydag, want die DA beplan &#8216;n optog teen President Jacob Zuma in Johannesburg. <\/p>\n<p>Die Jeugliga het &#8216;n saamtrek in Germiston gehou om hulle steun vir die president te toon. &#8216;n Woordvoerder van die Liga, Sifiso Mtsweni s\u00ea hulle sal optoggangers inwag met sambokke en ander wapens. <\/p>\n<p>Die DA wil na die Mary Fitzgerald-plein in die Johannesburgse middestad opruk uit protes teen President Zuma se kabinetskommeling, wat &#8216;n kredietafgradering tot rommelstatus tot gevolg gehad het. <\/p>\n<p>&#8220;Suid-Afrika het R2,2 biljoen in openbare skuld. R20 miljard van hierdie skuld word betaal in buitelandse valuta,&#8221; het die nuwe minister van finansies Malusi Gigaba ges\u00ea. Hy het ges\u00ea dat hy geweet het die land gaan afgegradeer word.<\/p>\n<p>Die ANC-uitvoerende komiteelid, Nomvula Mokonyane het by die Jeugliga-saamtrek ges\u00ea die party sal sterk staan te midde van die felle media-aanslag teen Zuma.<\/p>\n<p>Die ANC s\u00ea intussen notas van die vergadering van die Nasionale Werkkomitee wat uitgelek het, is nie amptelik nie. Die dokumente is gestuur na die media gisteraand via kommunikasieamptenare.<\/p>\n<p>Die notules toon dat die meerderheid van ANC-lede President Jacob Zuma ondersteun het. Die top-amptenare van die ANC het toe &#8216;n verandering in leierskap bespreek. Zuma se onlangse kabinetskommeling en die gevolge van die afdanking van die minister van finansies, Pravin Gordhan was bo-aan die agenda. <\/p>\n<p>Die ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa het bevestig dat die party verenig is. Maar Britse agente Mary Metcalfe, eerwaarde Frank Chikane en Cheryl Carolus, het gewaarsku dat Zuma nie onaantasbaar is nie.<\/p>\n<p>Die skommeling maak die herkapitalisering van staatsinstansies moontlik, asook die Russiese kernkontrak, en goedkeuring van die Vardospan\/Habib banklisensie sodat die Guptas kan voortgaan om sake te doen.<\/p>\n<p>Daar is geen werklike vrees by Zuma of sy ondersteuners oor sy 783 aanklagte van korrupsie nie. Hy het te veel beheer en die ANC sal nooit &#8216;n president, huidig of voormalig, tronk toe stuur nie. <\/p>\n<p>Die Rand Daily Mail berig dat Zuma &#8216;n sluipmoord deur Russiese &#8220;mafiabaas&#8221; Vladimir Poetin vrees, weens die Rosatom-kernooreenkoms tussen Zuma, Poetin en die Russiese eerste minister Medwedef, en daarom het hy van Pravin ontslae geraak.<\/p>\n<p>Dit wil egter voorkom asof Zuma se vyande nou besef dat hulle &#8216;n dekmantel-verhaal nodig sal h\u00ea om hom uit die weg te kan ruim.<\/p>\n<p>Die Russiese roebel is die mees goudgesteunde geldeenheid ter w\u00eareld. Vir die aantal roebels wat sirkuleer, is daar ongeveer twee keer die goud in Rusland se Tesourie beskikbaar.<\/p>\n<p>&#8216;n Finansi\u00eble alliansie tussen Rusland en China wat oor die afgelope paar jaar tot stand gekom het, het hul eie geldoordragstelsel geskep, die <em>China International Payment System<\/em>, &#8216;n betalingstelsel wat die Westerse oordragstelsel SWIFT vir Russies-Chinese interne handel vervang. <\/p>\n<p>SWIFT, staan \u200b\u200bvir die System for Worldwide Interbank Financial Telecommunication, &#8216;n netwerk wat in 215 lande en gebiede is en gebruik word deur meer as 10 000 finansi\u00eble instellings.<\/p>\n<p>CIPS word reeds gebruik vir handel en monet\u00eare ruiltransaksies binne China en Rusland asook deur die oorblywende BRICS-lande, Brasili\u00eb, Indi\u00eb en Suid-Afrika; en deur die lede van die Sjanghai Samewerking Organisasie (SCO), plus Indi\u00eb, Pakistan en Iran, asook die Eurasiese Ekonomiese Unie (EEU &#8211; Armeni\u00eb, Wit-Rusland, Kazakhstan, Kyrgyzstan, Rusland en Tadjikistan). <\/p>\n<p>Daar word ges\u00ea dat CIPS gereed is om w\u00eareldwyd uitgerol te word. Die aankondiging deur China op 19 April 2016 van sy goudgesteunde yuan wat nie meer omskepbaar is in dollars nie, kan net die sneller &#8216;n ekonomiese verskuiwing in die Ooste verhaas.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC Jeugliga dreig met geweld teen die DA Vrydag, want die DA beplan &#8216;n optog teen President Jacob Zuma in Johannesburg. Die Jeugliga het &#8216;n saamtrek in Germiston gehou om hulle steun vir die president te toon. &#8216;n Woordvoerder van die Liga, Sifiso Mtsweni s\u00ea hulle sal optoggangers inwag met sambokke en ander wapens. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43350\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Verenigde ANC dreig DA met geweld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":43353,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[],"class_list":["post-43350","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43350","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43350"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43350\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43353"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43350"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43350"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43350"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}