{"id":433,"date":"2007-05-11T14:15:00","date_gmt":"2007-05-11T14:15:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=433"},"modified":"2007-05-11T14:15:00","modified_gmt":"2007-05-11T14:15:00","slug":"konsensus-is-dood-konfrontasiepolitiek-is-al-uitweg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=433","title":{"rendered":"Konsensus is dood: konfrontasiepolitiek is al uitweg"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Piet Retief se aanname en tragiese finale besoek aan die Dingaan-kraal omvat die kern van die Westerling se onvermo&euml; om die Afrikaan te begryp. As Calvinis het die rasionaliteit daarvan om &rsquo;n ooreenkoms toe te pas sin gemaak, want alleen deur &rsquo;n nuwe ooreenkoms suksesvol en met toewyding te implementeer sou &rsquo;n vertrouensfondament tussen trekker en inboorling tot stand kom. So &rsquo;n verhouding sou dan vrede en samewerking moontlik maak. Retief se na&iuml;ewe geloof in die inboorling se begrip van kontraktuele verbintenis sou tot die gewelddadige lewensverlies van onskuldige mans, vroue en kinders lei.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Afrikaan wat in &rsquo;n pre-historiese samelewing was, het geen ervaring van &rsquo;n objektiewe regstelsel en dus ook geen etiese konsep, wat in enige vorm van kontrakreg beslag sou vind, gehad nie. Toe Retief en sy manskappe hul wapens buite die kraal laat, het die kontrak verval. Vir die Afrikaan wat nie kan onderskei tussen die begrippe respek en vrees nie, sou daar geen rede meer wees om die kontrak te respekteer nie. Die afwesigheid van die witman se vuurwapen, lei tot &rsquo;n afwesigheid vir vrees en dus respek teenoor hierdie &ldquo;indringer&rdquo;. Daar is dus geen rede om die blanke langer te duld nie&hellip; Deur onrealistiese verwagtinge t.o.v. die Afrikaan te koester, sou die witman op die mees dramatiese wyse betaal. Die ontnugtering was ontsaglik. Dieselfde ontnugtering as wat Afrikaners toenemend vandag beleef.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Afrikane verstaan hul eie kultuur en sou anders as Retief handel. Geen Afrikaan sou &rsquo;n ooreenkoms sluit en dan sonder wapens in &rsquo;n (eertydse) vyand se teenwoordigheid verkeer nie. Geen Afrikaan sou in so &rsquo;n deursigtige strik gelei word nie. Dingaan het die Westerling se swakheid gouer besef as andersom. In die stamverband van die primitiewe mens waar geen onafhanklike regstelsel bestaan nie, is die stamhoof die wet. Hy is die sterkman, die een wat sy leiersposisie deur oorerwing en die vertoon van mag verkry en behou. <em>Dingaan wat self van die heersende familie was het immers sy posisie behaal deur Sjaka te vermoor.<\/em> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Helaas, die Westerling se gevorderde denkwyse, sy onderskrywing van die etiese en die voortreflike, sy formulering van ooreenkomste en wette, dit is wat tot sy na&iuml;witeit lei. Dit is sy kennisstelsel wat daartoe lei dat hy die prehistoriese, die eties gebreklike, met vertroue omhels. Hoeveel vertrouende boere, werkgewers, sendelinge, simpatiekes en verskeie ander weldoeners het al hul laaste asem uitgeblaas aan die gewelddadige hand van die Afrikaan? Te veel&hellip; &ldquo;Goedertrou&rdquo;: Die Westerling beskou dit as &rsquo;n deug , maar die Afrikaan beskou dit as swakheid. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Goedertrou is die witman se swakheid. Dit is die basis vir konsensuspolitiek.&nbsp; Goedertrou: dit is wat die Afrikaner in die Kemtonparkse kraal laat val het en dit is wat maak dat die Afrikaner vandag nog aan statut&ecirc;re politiek deelneem. Daar bestaan &rsquo;n na&iuml;ewe geloof in die redelikheid van die sisteem.&nbsp; Is goedertrou &rsquo;n Christelike beginsel? Is dit die rede waarom die Joodse staat nooit soos ons die pad van oorgawe sal loop nie? Is dit die etiek van medemenslikheid en vergifnis wat maak dat ons die onbetroubare vertrou? Ek is nie &rsquo;n teoloog nie, maar wat ek wel weet is dat die kerk in die tagtigs tot vandag nog van die Afrikaner verwag om die Afrikaan as medemens te omhels.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tog, die Afrikaan van vandag is nie die Afrikaan van 200 jaar gelede nie. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Of is hy? Het die Afrikaan verander? Sou dit moontlik wees dat hy in die tweede helfte van die vorige eeu Westerling geraak het? Sou die karige blootstelling wat hy aan seep, paraffien, geblikte kos, derdeklastreinwaens, sendinggenootskappe, etniese televisie en Bantoe-onderwys gehad het, van hom &rsquo;n Westerling maak?&nbsp; Is hy &rsquo;n nuwe aankomeling in die ontvangslokaal van Westerse moderniteit? Of nie? <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Was sy blootstelling daaraan nie dalk te yl en te kort nie?<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En indien die vorige eeu nie die verskil gemaak het nie, wat van die bemagtigende nuwe millenium van die &ldquo;medemenslike&rdquo; Nuwe Suid-Afrika?&nbsp; <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat van <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">vandag se nuwe swart middel- en elite klasse? <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sou hierdie hoofsaaklik ondergemiddelde presteerders met bedenklike (of geen kwalifikasies) wat &ldquo;bemagtig&rdquo; word tot posisies wat hul karige vermo&euml;ns oorweldig, nou reeds Kitswesterlinge wees?&nbsp; Sou &rsquo;n lewe van statuur, ho&euml; posisie, Mercedes-Benz, Gucci, Rolex en Hennessey beteken dat hy nou die rug keer op die slagding in die agterplaas, die gebrek aan betroubaarheid, die wil om te neem wat nie aan hom behoort nie en voortplanting by verskeie vroue?. Of is dit eerder &lsquo; n geval van die Rolex en die vrypostige seks, die slagding en die Hennesey, die ho&euml; posisie en lang vingers, statuur en onbetroubaarheid wat eklekties en sinkretisties met mekaar vermeng word?<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Roelf Meyer en FW de Klerk het geglo in konsensuspolitiek. Of altans dit is wat hulle die Afrikaner wou wysmaak. Was dit werklik in goeder trou of eerder blatante verrraad vir een of ander vorm van vergoeding? Wie sal ooit weet&hellip;? Wat ons wel weet, is dat met elke gesin wat aangeval word, pa wat voor sy gesin doodgemartel word, vrou wat verkrag word, kind wat vermink of vermoor word, met al die vorme van trauma wat die Afrikaan op die blanke laat manifesteer, elke keer, verloop Bloukrans en die vele ander moorde stukkie vir stukkie, weer van voor af. So gebeur dit, oor en oor, totdat daar nou al &rsquo;n hele aantal Bloukranse se bloed gevloei het. Meyer en De Klerk se vertroue in die Afrikaan het ons onderwerp aan &rsquo;n Afro-fascistiese regime waar ons taal en kultuur verdruk word, ons uit die ekonomie gewerp word, geen politieke mag meer het nie, die land uitgedryf word en sistematies uitgemoor word. Dit is die resultaat daarvan om die wapens buite die kraal te laat en op die Afrikaan se goeie voornemens te vertrou. Dit is wat gebeur omdat ons die mag, polities en millit&ecirc;r, aan die onredelike en venynige oorhandig het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ons het konsensuspolitiek bedryf, ons het goedertrou die ooreenkoms binnegegaan. Vir baie blankes het dit die &ldquo;regte boodskap&rdquo; aan die swarte gestuur wat dan toekomstige vrede en samewerking sou waarborg. &ldquo;Elkeen kry sy plekkie in die son&hellip;&rdquo; Die boodskap wat die Afrikaan ontvang het, was egter heel anders as die blanke se voorneme. Vir die Afrikaan was dit die blanke wat aan sy eie swakheid, nl. om te vertrou, oorgee. Dit is vreemd dat so baie Afrikaners na minder as 200 jaar weer &rsquo;n ooreenkoms met die Afrikaan goedertrou sou aanvaar. Mens sou verwag ons weet van beter, maar miskien moet ons so ongeveer elke&nbsp; tweede eeu daaraan herinner word dat ons in Afrika en nie in Europa leef nie. Soos Retief en sy mense het ons onsself deur Meyer en De Klerk ter slagting laat lei. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Laat ons nooit weer hierdie fout begaan nie. Laat ons nooit weer die Afrikaan vertrou nie. Vir eens en vir altyd moet ons besef dat die Afrikaan alleen die vertoon van mag verstaan. Laat ons finaal ons rug op konsensuspolitiek draai. Vir eers sou dit beteken dat ons deelname aan alle gesprekke met swartes staak. Ons sal onsself &rsquo;n guns bewys deur van alle forums (bv. die parlement), waar die Afrikaan domineer, te onttrek.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Afro-facsistiese regime respekteer glad nie ons menswaardigheid nie. Dit soek geen konsensus met ons nie en forseer sonder huiwering hul wil op ons af. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In hierdie situasie maak dit geen meer sin vir ons om konsensus met die regime te probeer voer of enige ander vorm van samewerking te bied nie. Konsensus kom nie net van een kant nie. Konsensus is dood!<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die regime voer konfrontasiepolitiek met ons, want hulle het geen rede om anders te doen nie. Ons deelname en gekruipery in die raadsale gee vir hulle alleen rede om ons met disrespek en veragting te hanteer.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Afrikaner sal nou &rsquo;n ander strategie moet volg as hy in Afrika wil oorleef. Geen meer mooi woordjies nie, geen meer kruipery nie, geen meer konsensus nie. Voortaan moet ons die Afrikaan alleen d.m.v. konfrontasie benader. Laat ons hom konfronteer met vreedsame protes, met konfrontasie in die ekonomie, in die nie-statut&ecirc;re politiek, in sportadministrasie, kulturele en taalsake, onderwys, letterlik oral waar ons kan. Laat ons die regime verneder op sportstadions, in die kuberruim, in die buiteland, in die gedrukte media, op geselsforums,&nbsp; in die werkplek, op straat, op skouterreine en oral denkbaar. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Alleen konfrontasie sal die regime in sy spore stuit.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/\">\u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e\u0441\u0435\u0440\u0432\u0438\u0441\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/31.08.2017\/harkovskiy_produktovyy_riteyl_raduyuschaya_dinamika_razvitiya\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toe Piet Retief Dingaan se kraal vir die laaste keer binnegegaan het, was dit met die na&iuml;ewe verwagting dat daar &rsquo;n ooreenkoms staande gemaak is wat sowel sy afvaardiging as sy trekgeselskap sou respekteer en beskerm. Waarmee Retief nie rekening gehou het nie is dat hy onvoeldoende kennis van die swart kultuur gehad het om te aanvaar die ooreenkoms sal staande bly. Retief, met sy Calvinistiese waardes, sou sekerlik &rsquo;n ooreenkoms met dieselfde tipe toewyding en dissipline toepas as wat hy in alle ander terreine van sy lewe sou nastreef.<\/span><\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[48],"tags":[567,21092,198],"class_list":["post-433","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c30-vlad-du-plessis","tag-konsensus-is-dood-konfrontasiepolitiek-is-al-uitweg","tag-rubrieke","tag-vlad-du-plessis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/433","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=433"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/433\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=433"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=433"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=433"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}