{"id":43178,"date":"2017-03-20T11:00:24","date_gmt":"2017-03-20T09:00:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43178"},"modified":"2017-04-24T12:07:35","modified_gmt":"2017-04-24T10:07:35","slug":"brief-22-april-uncle-angus-en-n-onseker-tyd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43178","title":{"rendered":"Brief: 22 April, &#8216;Uncle Angus&#8217; en \u2018n onseker tyd"},"content":{"rendered":"<p>Na aanleiding van die hewige debat oor \u201cUncle Angus\u201d wat op sosiale media aan die gang is, kan ek nie verhelp om oor \u2018n paar dinge te wonder nie. Dit is duidelik dat hierdie debat baie mense erg ontstel aan beide kante en intussen bloei daar seker weer vanaand \u2018n boer ongesiens in die agtergrond.<\/p>\n<p>Ek ken nie vir \u201cUncle Angus\u201d nie. Ek is nie hier om \u2018n oordeel te vel oor die man in die middel van die storm nie. Dit kom my nie toe nie. Hierdie is \u2018n eerlike poging om objektief na die situasie rondom die saamtrek te kyk\u2026 Zoem-Zoem draai die bye terwyl ek my kop dieper in die bynes steek\u2026<\/p>\n<p>Die eerste vraag is hoekom duisende mense 100km, 400km, 1000km sal ry om na die saamtrek te kom? Daar was al baie sulke aksies deur ander mense, maar niemand kon so baie mense trek nie. Kom die mense omdat dit \u201cUncle Angus\u201d is? Hoekom is dit nie goed genoeg vir duisende mense om daardie dag in jou huis of gemeenskap of plaaslike kerk te bid nie, maar eerder daar waar \u201cUncle Angus\u201d is? Baie mense reken hy is \u2018n ware man van God, maar as dit die argument is, beteken dit indirek dat jou plaaslike geestelike leier nie \u2018n man van God is nie? Of is \u201cUncle Angus\u201d \u2018n beter\/groter man van God? Is daar trappe van vergelyking? Wat maak \u201cUncle Angus\u201d beter as die geestelike leier in jou gemeenskap?<\/p>\n<p>Die tweede vraag is of gebed meer kragtig is in \u2018n groep? Ek neem aan al die mense wat soontoe gaan, bid by hulle huise ook? Met ander woorde daar is nie meer mense wat gaan bid daardie dag as die vorige dag of die dag daarna nie. Hulle gaan nou net saam op een plek bid. Maak dit \u2018n verskil? As gebed kragtiger is in groot groepe, hoekom is die Bybelse opdrag dan om in jou binnekamer te gaan bid?<\/p>\n<p>Die derde vraag is: wat verwag die mense van die 23ste April? Moenie \u2018n fout maak om te dink ek dink nie God is in staat om in te gryp en wonders te laat gebeur nie. Ek is oortuig dat Hy op Sy tyd ingryp en uitkoms gee, maar ek kan nie verhelp om te wonder of die mense dink die 23ste April gaan beter wees nie. Indien ons almal oortuig is dat dit die geval is, dat dinge die 23ste April gaan beter wees, hoekom dan so lank wag? Hoekom dan nog \u2018n maand se plaasmoorde, verkragtings en ander gruwelike dade laat gebeur? As ons regtig oortuig is dat so aksie dinge kan verander, dan moet ons mos haas maak daarmee?<\/p>\n<p>Op 22 April 1994 was Suid Afrika besig om reg te maak om die ou vlag te stryk, verkiesing te hou en die nuwe Suid-Afrika te betree. Elders in Afrika gebeur die volgende:<\/p>\n<blockquote><p>April 22, 1994: More than 7,000 Tutsi are murdered at Gatwaro-Kibuye stadium. Interahamwe and members of the army assassinate the sub-prefect of Butare Z\u00e9phanie Nyilinkwaya and 14 members of his family. At Sovu convent, 6,500 people are killed with guns, machetes and clubs. A further 500 are trapped in a garage and burnt to death, using petrol supplied by nuns.<\/p><\/blockquote>\n<p>(https:\/\/inyurabwenge.wordpress.com\/2014\/10\/06\/the-real-rwanda-untold-story\/)<\/p>\n<p>Nou voor jy van jou stoel afval en aanneem ek maak die afleiding dat die saamtrek aangeval gaan word, haal net eers diep asem. Dit is nie die punt wat ek wil maak nie.<\/p>\n<p>DIe punt wat ek wil maak, is dat terwyl een groep met een idee sit, daar ander groepe is met ander idees. Gevaarlike agendas is besig om kop uit te steek. Lelike, bose dinge is aan die broei en ons gaan heel moontlik nog onbeskryflike boosheid sien en ervaar in ons leeftyd. Gaan \u2018n dag van gebed dit kan omdraai? Ek is dalk liggelowig of te realisties, maar ek reken die kanse is goed dat daar \u2018n boer aangeval sal word na die 22ste April. Ek reken dat daar \u2018n lewe geneem sal word in hierdie land na die 22ste April. Ek reken dat die opwinding rondom die byeenkoms vir baie mense van korte duur sal wees as hulle Maandag die koerant optel en sien wat gaan aan in die land\u2026<\/p>\n<p>Is dit dan \u201cUncle Angus\u201d se skuld? Het ons dan nie ver genoeg gery vir die saamtrek nie? Het ons dan nie hard genoeg gebid nie? Is ons geloof te klein?<\/p>\n<p>Nee.<\/p>\n<p>Ek is van mening dat ons mense op soek is na \u2018n \u201cquick-fix\u201d. Ek dink ons mense sien \u201cUncle Angus\u201d se saamtrek in baie dieselfde lig as wat \u2018n boemelaar \u2018n loterykaartjie sien. Dit is \u2018n kans. As dit werk, dan het ons vrede in die land op 23 April 2017. Dan is daar nie meer boosheid oor nie en ons almal lewe lekker en verdien baie geld en gaan hou vakansies by die see.<\/p>\n<p>Want dan hoef ons nie ons we\u00eb te verander nie.<\/p>\n<p>Kom ons maak \u2018n Boere-som. As 1 miljoen mense die geld wat hulle sou bestee om na \u201cUncle Angus\u201d te gaan luister (diesel, koeldrank, padkos, donasie, ens) vat en dit aan \u2018n volksorganisasie skenk dan praat ons van R100 miljoen Rand wat skielik aangewend kan word vir die verligting van armoede onder ons mense, beveiliging van plase, werkskepping\u2026 Met R100 miljoen bou ons \u2018n volkstaat! Maar op Saterdag 22 April gaan daar moonlik \u2018n miljoen mense wees wat R100 meer diesel gaan uitry, \u2018n koeldrank vir die pad koop, dalk tolgeld betaal en die werklikheid is dat daar moontlik R100 miljoen na besighede soos SANRAL, brandstofmaatskappye, Coke, Wimpy en dies meer sal gaan\u2026<\/p>\n<p>Maar wat is die ander kant van die argument?<\/p>\n<p>Ons mense is vuisvoos en verwilderd en hier is iemand wat aan hulle hoop bied. Hier is iemand wat die verbeelding aangryp en ten minste iets doen. \u201cUncle Angus\u201d is die naaste aan \u2018n leiersfiguur wat daar bestaan vir baie mense. Hier is \u2018n man van God wat ten minste iets probeer, so hoekom pla dit ander mense? Wat het dit met enige iemand anders te maak as ek saam met duisende mense wil saambid vir die land?<\/p>\n<p>Kom ons wees nou maar eerlik- ons is maar lekker suurgat oor die storie. Meeste van ons is al langer as twee dekades besig om te baklei vir die volk en een en elke leier betrokke in die stryd ken die gevoel om voor \u2018n saal met 20 mense te staan. Hier kom \u2018n Engelsman verby en hy trek honderde duisende van ons mense op een dag saam\u2026<\/p>\n<p>Ons is die moer in vir ons eie mense wat met soveel passie en vuur iemand wat nie eers deel van ons volk is nie, ondersteun. Ons is die moer in want hy praat nie eers ons taal nie, maar mense bid saam met hom terwyl ons eie verootmoedigingsaksies ge\u00efgnoreer word. Ons is die moer in omdat ons mense hande vol geld in sy bakke gooi, terwyl hulle nie R50 het vir ons aksies om boere te beveilig op plase nie. Ons is die moer in omdat hy al weer vir die land se probleme bid terwyl ons volk soveel nood het en gebed nodig het. Ons is die moer in omdat ons nie weet van enige fondse wat hy al ooit beskikbaar gemaak het vir ons kultuur, taal, voortbestaan nie\u2026<\/p>\n<p>Ons is diep die moer in, maar eintlik nie vir \u201cUncle Angus\u201d nie\u2026 Ons is die moer in vir ons eie mense. Dit voel soos verraad wanneer ons volk elke hand op die ploeg so bitter nodig het om te oorleef en dan ry duisende mense verby om saam met \u2018n Engelsman vir die re\u00ebnboognasie te bid\u2026 Ons is bitter oor die tyd, moeite en geld wat ons eie mense so maklik opoffer vir so &#8216;n saamtrek, maar dan nie R50 het vir ons eie Godgegewe volk nie\u2026<\/p>\n<p>Ons moet daaroor kom. Dit is nie vir ons om \u201cUncle Angus\u201d en sy volgelinge te oordeel nie. Laat hy die Woord verkondig op sy eie terme, in sy eie taal en op sy eie manier\u2026 Dit maak ons tog niks. Laat die mense wat eerder hulle tyd, energie en geld op hom as in ons volk beststee dit doen. Laat ons wat nog altyd baklei het vir ons mense uit ons eie sakke en voor sale met 20 mense in, aanhou om dit te doen, want dit is op ons harte gel\u00ea, nie op syne nie.<\/p>\n<p>Dalk net een laaste uitdaging aan die mense wat wel \u201cUncle Angus\u201d toe gaan. Ek daag julle uit om n\u00e1 die 23ste April R100 te skenk vir elke boer wat vermoor word op sy plaas aan die volksorganisasie van jou keuse. Dit is een ding om saam met \u201cUncle Angus\u201d te gaan bid, maar dit is iets anders om regtig betrokke te raak by jou eie mense se toekoms. Dit is maklik om vir die dag of die naweek deur te skiet Bloemfontein toe, maar dit is moeite om in die aand na werk jou gemeenskapsvergadering by te woon. Myns insiens kan \u2018n volk nie oorleef as daardie volk nie bereid is om te werk aan die oorlewing nie. As daar nie dade is nie, wat moet ons Vader dan se\u00ebn?<\/p>\n<p>In goeie sportmansgees belowe ek dan dat as daar in die ses maande na 22 April nie \u2018n enkele boer of volksgenoot vermoor word nie, dat ek al \u201cUncle Angus\u201d se boeke, DVD\u2019s en CD\u2019s sal koop en persoonlik by sy volgende saamtrek sal wees\u2026<\/p>\n<p>Is mos net \u201cfair\u201d of hoe \u201cUncle Angus\u201d?<\/p>\n<p>\u2014 J. S. van der Merwe<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na aanleiding van die hewige debat oor \u201cUncle Angus\u201d wat op sosiale media aan die gang is, kan ek nie verhelp om oor \u2018n paar dinge te wonder nie. Dit is duidelik dat hierdie debat baie mense erg ontstel aan beide kante en intussen bloei daar seker weer vanaand \u2018n boer ongesiens in die agtergrond. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43178\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: 22 April, &#8216;Uncle Angus&#8217; en \u2018n onseker tyd&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":43179,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[8381,6336,19785,23807],"class_list":["post-43178","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-angus-buchan","tag-plaasmoorde","tag-saamtrek","tag-verootmoediging"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43178","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43178"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43178\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43179"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43178"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43178"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43178"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}