{"id":43051,"date":"2017-03-07T07:51:07","date_gmt":"2017-03-07T05:51:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=43051"},"modified":"2017-03-07T07:51:07","modified_gmt":"2017-03-07T05:51:07","slug":"toelae-krisis-minister-speel-die-raskaart","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=43051","title":{"rendered":"Toelae-krisis: Minister speel die raskaart"},"content":{"rendered":"<p>Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het uiteindelik die raskaart gespeel toe sy in &#8216;n hoek gedruk word oor haar swak hantering van die toelae-krisis.<\/p>\n<p>Sy het rolspelers in Kaapstad oor die chaos met maatskaplike toelaes ingelig, nadat sy verskeie kere nie opgedaag het in die Parlement nie. <\/p>\n<p>Sy het die geleentheid gebruik om die media oor die kole te haal, en ges\u00ea swart joernaliste verstaan die gevolge van die nie-betaling van toelaes terwyl wittes hulle eie agenda probeer bevorder. <\/p>\n<p>Dlamini s\u00ea van die drie bie\u00ebrs wat aansoek gedoen het om die toelaes te hanteer, nadat die Grondwethof die tender aan CPS tersyde gestel en &#8216;n nuwe proses gelas het, het een hom onttrek terwyl die ander twee nie die vermo\u00eb gehad het om die werk te doen nie. <\/p>\n<p>Sy voer sonder ironie aan dat haar Departement twee jaar lank onsuksesvol probeer het om &#8216;n alternatiewe verskaffer te kry. <\/p>\n<p>Dlamini het ontvangers van toelaes die versekering gegee dat hulle wel hulle toelaes op 1 April sal ontvang omdat CPS glo sal aanbly om die werk te doen, sonder &#8216;n kontrak.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Themba Godi, s\u00ea &#8216;n vergadering oor die krisis met die betaling van toelaes sal vandag voortgaan, ongeag of Dlamini, teenwoordig is of nie. <\/p>\n<p>Dlamini moes SKOOR reeds verlede week inlig oor die dreigende krisis, maar sy het nie vir die vergadering opgedaag nie. <\/p>\n<p>Die Minister het intussen ges\u00ea sy is ten gunste van die hernuwing van die kontrak met die diensverskaffer, CPS, alhoewel die Grondwethof in 2013 reeds beslis het dat die bestaande kontrak ongeldig is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het uiteindelik die raskaart gespeel toe sy in &#8216;n hoek gedruk word oor haar swak hantering van die toelae-krisis. Sy het rolspelers in Kaapstad oor die chaos met maatskaplike toelaes ingelig, nadat sy verskeie kere nie opgedaag het in die Parlement nie. Sy het die geleentheid gebruik om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=43051\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Toelae-krisis: Minister speel die raskaart&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":43052,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7135,15630,9527,5461],"class_list":["post-43051","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-dlamini","tag-sassa","tag-skoor","tag-toelaes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43051","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43051"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43051\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43052"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43051"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43051"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43051"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}