{"id":42959,"date":"2017-02-28T08:03:10","date_gmt":"2017-02-28T06:03:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42959"},"modified":"2017-02-28T08:03:10","modified_gmt":"2017-02-28T06:03:10","slug":"kaapstad-waarsku-dat-water-kan-opraak-as-verbruikers-nie-begin-spaar-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42959","title":{"rendered":"Kaapstad waarsku dat water kan opraak as verbruikers nie begin spaar nie"},"content":{"rendered":"<p>Kaapstad s\u00ea damvlakke in die Wes-Kaap is besig om drasties te daal, ondanks oproepe op die publiek om water spaarsaam te gebruik. <\/p>\n<p>Die belangrikste damme in die provinsie is gemiddeld 33 persent vol, het &#8216;n woordvoerder vir die burgemeesterskomitee, Zara Nicholson, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die stad se daaglikse waterverbruik beloop nagenoeg 840-miljoen liter per dag, wat baie ho\u00ebr is as die voorgestelde verbruik van 700-miljoen liter per dag. <\/p>\n<p>Sy s\u00ea die stad het nog net water vir sowat 120 dae oor. Sy s\u00ea hoewel die publiek nie beheer het oor die weer nie, het hulle wel beheer oor hul watergebruik en moet dit nie vir nie-noodsaaklike doeleindes gebruik word nie.<\/p>\n<p>Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell s\u00ea damvlakke regoor die Wes-Kaap het reeds gedaal tot &#8216;n gemiddeld van 31 persent. Damme was 33,29 vol op 19 Februarie.<\/p>\n<p>In &#8216;n verklaring, het Bredell ges\u00ea die belangrikste strategie vir die provinsie is om waterverbruik te beperk.<\/p>\n<p>&#8220;Die grootste korttermyn geleenthede in reaksie op die onmiddellike waterkrisis l\u00ea tans in inkomstevrye watervermindering, private hergebruik en herwinning, en waterbewaring,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Damme wat water aan die Stad Kaapstad voorsien is ongeveer 10 persent laer vanjaar &#8211; op 32,43 persent &#8211; in vergelyking met 40,31 persent in 2016. Die Bergrivier, Gouritz River en Olifantsrivier opvanggebiede het dieselfde of effens ho\u00ebr watervlakke aangeteken.<\/p>\n<p>Intussen het die Shoprite Groep gehoor gegee aan die oproep om die Stad se waterverbruik te verminder.<\/p>\n<p>&#8220;[Pogings om water te bespaar sluit] die opskorting van tuinbesproeiing en die was van vragmotors by al sy fasiliteite in die provinsie in, asook die gebruik van stene in alle toiletspoelbakke om water te bespaar,&#8221; het die handelaar in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;&#8216;n Oudit van alle krane in die winkels is onderneem, met self-sluiting krane wat ge\u00efnstalleer word waar probleme ge\u00efdentifiseer is.&#8221;<\/p>\n<p>Shoprite het ges\u00ea dit het ook onbepaald die verkope van opblaas- en draagbare swembaddens opgeskort.<\/p>\n<p>Die Stad Kaapstad het Vlak 3B waterbeperkings in Januarie ingestel wat die gebruik van drinkbare water vir tuinmaak drasties inkort.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kaapstad s\u00ea damvlakke in die Wes-Kaap is besig om drasties te daal, ondanks oproepe op die publiek om water spaarsaam te gebruik. Die belangrikste damme in die provinsie is gemiddeld 33 persent vol, het &#8216;n woordvoerder vir die burgemeesterskomitee, Zara Nicholson, ges\u00ea. Die stad se daaglikse waterverbruik beloop nagenoeg 840-miljoen liter per dag, wat baie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42959\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kaapstad waarsku dat water kan opraak as verbruikers nie begin spaar nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42960,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[14425,4933,23758,3357,8727],"class_list":["post-42959","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-droogte","tag-kaapstad","tag-tuine","tag-water","tag-wes-kaap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42959","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42959"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42959\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42960"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42959"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42959"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42959"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}