{"id":42915,"date":"2017-02-24T08:47:38","date_gmt":"2017-02-24T06:47:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42915"},"modified":"2017-02-24T08:47:38","modified_gmt":"2017-02-24T06:47:38","slug":"atteridgeville-gespanne-voor-optog-teen-immigrante","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42915","title":{"rendered":"Atteridgeville gespanne voor optog teen immigrante"},"content":{"rendered":"<p>In Atteridgeville, wes van Pretoria  is die toestand gespanne in afwagting vir die optog teen &#8220;onwettige immigrante&#8221; wat skynbaar gemik is teen Nigeri\u00ebrs. <\/p>\n<p>Paaie in die woongebied is met brandende bande, klippe en ander voorwerpe versper. Die toegangsroetes is gesluit en niemand kan uit of in beweeg nie.<\/p>\n<p>Die polisie het drie mense in hegtenis geneem nadat meer as 20 winkels oor die afgelope week in Atteridgeville, Pretoria geplunder is. Kaptein Bongi Msimango het ges\u00ea al die winkels behoort aan buitelanders.<\/p>\n<p>Voorvalle is ook in ander swart woonbuurte in Pretoria-Wes en Mamelodi aangemeld. <\/p>\n<p>Verlede week is ten minste 10 huise wat vermoedelik behoort het aan buitelandse dwelmbase en bordeeleienaars aan die brand gesteek in Rosettenville, suid van Johannesburg.<\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van Tshwane se Metropolisie het aan RSG ges\u00ea geen voorvalle van geweld is nog aangemeld nie. Die optog word gere\u00ebl deur `n groep wat hulself Mamelodi Concerned Residents noem. <\/p>\n<p>Die optog-organiseerder s\u00ea hulle is moeg vir onwettige immigrante wat handeldryf in dwelmmiddels en prostitusie. <\/p>\n<p>Die optog sal na die kantore van die Departement Binnelandse sake wees en strate in Pretoria se middestad sal gesluit wees. <\/p>\n<p>Intussen is n\u00f3g Suid-Afrikaanse sake-ondernemings in Nigeri\u00eb geteiken weens ontevredenheid met die aanvalle teen buitelanders in Suid-Afrika. <\/p>\n<p>Die Vereniging van Nigeriese Studente in Abuja het onder meer by die kantore van Multichoice betoog. <\/p>\n<p>Betogers het ook die kantore van MTN bestorm waar hulle met klante slaags geraak en selfone gesteel het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Atteridgeville, wes van Pretoria is die toestand gespanne in afwagting vir die optog teen &#8220;onwettige immigrante&#8221; wat skynbaar gemik is teen Nigeri\u00ebrs. Paaie in die woongebied is met brandende bande, klippe en ander voorwerpe versper. Die toegangsroetes is gesluit en niemand kan uit of in beweeg nie. Die polisie het drie mense in hegtenis [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42916,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[12529,7588,9397,753,7568],"class_list":["post-42915","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-atteridgeville","tag-buitelanders","tag-nigerie","tag-pretoria","tag-xenofobie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42915","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42915"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42915\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42916"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42915"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42915"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42915"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}