{"id":42717,"date":"2017-02-11T20:51:06","date_gmt":"2017-02-11T18:51:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42717"},"modified":"2017-02-14T07:26:34","modified_gmt":"2017-02-14T05:26:34","slug":"jh-du-toit-milo-manie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42717","title":{"rendered":"JH du Toit: Milo-manie"},"content":{"rendered":"<p>Hoewel nuusmedia in SA sover grootliks die meteoriese opgang van die regse aktivis Milo Yiannopoulus ge\u00efgnoreer het, het hierdie fenomeen nou sulke afmetings aangeneem dat dit nie meer onder die mat gevee kan word nie. Milo is tegnologieredakteur by Breitbart.com en is \u2018n enorme irritasie vir die linkses en \u2018n krimpende groepie oerregses.<\/p>\n<p>As Trump die leier van die nuwe nasionalistiese beweging teen die linkse establishment is, is Milo die &#8220;popster&#8221; daarvan. Milo, \u2018n gay Brit, wat Engeland verlaat het omdat die Moslems dit oorneem, is \u2018n voorbrandmaker vir Trump, kampvegter teen feminisme, anti-Moslemagitator, teen gay huwelike en basies teen enigiets wat links voorkom.<\/p>\n<p>Natuurlik is di\u00e9 nie so eenvoudig soos dit lyk nie, want die regse beweging in Amerika is tradisioneel belaai met godsdienstige dwepers wat die onverdraagsaamhede van die Ou Testament selektief en veral teen gays toepas. Daardie verstokte soort regsheid vind egter nie aanklank by die Amerikaanse jeug nie. Milo het die regse beweging \u2018n opwindende en prettige nuwe baadjie aangetrek. Sedertdien het hierdie aktivis, wat alle regse stereotipes verbreek, \u2018n superster onder die Amerikaanse regse en middelregse jeug geword.<\/p>\n<p>Met sy &#8220;Dangerous Faggot Tour&#8221; na Amerikaanse universteitskampusse het hy die landskap van die linkse akademici blykbaar vir altyd kom deurmekaar krap. Deur linkse instansies se skynheiligheid en manipulasie bloot te l\u00ea het hy \u2018n anti-linkse ontwaking op kampusse veroorsaak wat \u2018n blywende impak kan h\u00ea. Milo is eiehandig besig om die politieke kultuur onder die Ameriaanse jeug te verander, want danksy hom is dit nou &#8220;cool&#8221; om regs te wees. Die universiteite is besig om hul ideologiese houvas op die jeug te verloor en Milo het \u2018n groot aandeel daarin.<\/p>\n<p>Boonop kan die linkses geen houvas op Milo kry nie en elke poging om hom te kelder, sterk hom net verder. Hy gaan van krag tot krag. Dat Milo die gay Brit boonop \u2018n studiebeurs vir jong, minder gegoede wit (hoofsaaklik heteroseksuele) mans in Amerika gestig het, is \u2018n steen des aanstoots vir beide die oerregses en die linkses \u2014 hoewel om verskillende redes. Die linkses is klaarblyklik ontwapen teen \u2018n flambojante gay Joods-Brits-Griekse Katoliek met \u2018n seksuele voorkeur vir swartmans, \u2018n redenasiespoed soos \u2018n masjiengeweer en die intellek van \u2018n genie. Milo se vrugteslaaibiografie plaas hom doodeenvoudig buite die linkse raamwerk van hoe \u2018n regse moet lyk. Pogings om hom as wit heerssugtige of rassis te tipeer, wil maar net nie kleef nie.<\/p>\n<p>Milo wat elke dag etlike doodsdreigemente van linkses ontvang, het intussen op sy &#8220;Dangerous Faggot Tour&#8221; vele Amerikaanse universiteitskampusse besoek, \u2018n boek (<em>Dangerous<\/em>) vrygestel, \u2018n regse klerereeks begin, bestuur \u2018n ganse span by Breitbart en verskyn op allerhande geselsprogramme. In Amerika is jy \u00f3f mal oor hom \u00f3f jy haat hom. In die nuutste voorval het \u2018n groep linkse bullebakke sy besoek aan die Universiteit van Kaliforni\u00eb se Berkeley-kampus ontspoor. Een ding is seker: Selfs die linkses erken nou dat die voorval Milo net verder versterk.<\/p>\n<p>Milo het sy astronomiese gewildheid en hoon bereik binne slegs \u2018n paar maande n\u00e1 sy aankoms in Amerika. Dit help natuurlik dat hy reeds in die VK omstrede was. Met sy groeiende aanhang onder die jeug kan daar geen twyfel wees dat hy bygedra het tot Trump se oorwinning nie. Howel Milo as \u2018n superster of aartskurk (afhangende van jou sieninge) in die VSA en die VK beskou word, kry hy geen dekking onder die linkse of regse media in SA nie. Dit laat mens wonder.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoewel nuusmedia in SA sover grootliks die meteoriese opgang van die regse aktivis Milo Yiannopoulus ge\u00efgnoreer het, het hierdie fenomeen nou sulke afmetings aangeneem dat dit nie meer onder die mat gevee kan word nie. Milo is tegnologieredakteur by Breitbart.com en is \u2018n enorme irritasie vir die linkses en \u2018n krimpende groepie oerregses. As Trump [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":18,"featured_media":42718,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[126,10],"tags":[23711,23710,12998,8901,235,23709,8825],"class_list":["post-42717","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c118-jh-du-toit","category-rubrieke","tag-breitbart","tag-dangerous-faggot-tour","tag-donald-trump","tag-gay","tag-links","tag-milo-yiannopoulus","tag-regs"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42717","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/18"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42717"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42717\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42718"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42717"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42717"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42717"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}