{"id":42629,"date":"2017-02-06T10:49:56","date_gmt":"2017-02-06T08:49:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42629"},"modified":"2017-02-06T11:08:12","modified_gmt":"2017-02-06T09:08:12","slug":"nog-n-brand-breek-naby-wellington-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42629","title":{"rendered":"Nog &#8216;n brand breek naby Wellington uit"},"content":{"rendered":"<p>Nog &#8216;n brand het in die Wes-Kaap in Bainskloofgebied naby Wellington uitgebreek. <\/p>\n<p>Volgens die brandweerhoof van die Kaapse Wynlande, Ian Ross, het die brand weens &#8216;n sterk suidooste wind vinnig in die rigting van die Doolhof-gebied versprei. <\/p>\n<p>Brandbestryders kon verhoed dat enige skade aan geboue aangerig is, maar diere moes na veiligheid geneem word. <\/p>\n<p>Vyf-en-dertig brandbestrydingspanne is ontplooi, terwyl vliegtuie ook op gereedheidsgrondslag is. <\/p>\n<p>Die brand wat sedert verlede week in die Du Toitskloofpas in die Boland woed is intussen so te s\u00ea geblus. Dit brand nog net hoog op in die berg.<\/p>\n<p>Die bevelvoerder van die Wynland-brandweerdiens, Heinrich Louw s\u00ea die brande het bykans 1 500 hektaar plantegroei afgebrand. Hy wou egter nie bespiegel oor die moontlikheid van brandstigters nie.<\/p>\n<p>Die Wes-Kaapse minister van Omgewingsake, Anton Bredell het &#8216;n waarskuwing uitgereik oor die risiko van brande aan die Weskus weens die ho\u00eb temperature in die gebied. <\/p>\n<p>Bredell s\u00ea in &#8216;n verklaring daar is &#8216;n ho\u00eb risiko van veldbrande in die streek. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea die onlangse brande in die Skiereiland en die Wynland het uitgebreide skade aangerig. Bredell s\u00ea rampbestuurspanne monitor die situasie aan die Weskus.<\/p>\n<p>Bewerings dat brande in en om Kaapstad opsetlik gestig is, wil nie gaan l\u00ea nie.<\/p>\n<p>Talle bewerings en ooggetuieverslae van brandstigting wat in die sosiale media die ronde doen, versterk die vrae oor sowat twintig brande in en om Kaapstad, die Weskus en die Kaapse Wynland wat feitlik gelyktydig ontstaan het. <\/p>\n<p>Grondgryp-aktiviste het die brandstigting geloof as &#8216;n manier om grond &#8220;terug te kry&#8221;.<\/p>\n<p>Swart Eerste Grond Eerste (BLF) nasionale woordvoerder Lindsay Maasdorp, het met verwysing na die onlangse verwoestende brande in die Wes-Kaap, ges\u00ea dat, omdat wind en vuur Godgegewe elemente is, kan dit gesien word as &#8216;n vorm van geregtigheid vir swart mense.<\/p>\n<p>Maasdorp het vroe\u00ebr &#8216;n omstrede stelling gemaak op Facebook oor die brande en is beskuldig van aanhitsing van geweld teen wit plaaseienaars.<\/p>\n<p>Die k\u00earel het al voorheen dreigemente teen wittes gemaak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nog &#8216;n brand het in die Wes-Kaap in Bainskloofgebied naby Wellington uitgebreek. Volgens die brandweerhoof van die Kaapse Wynlande, Ian Ross, het die brand weens &#8216;n sterk suidooste wind vinnig in die rigting van die Doolhof-gebied versprei. Brandbestryders kon verhoed dat enige skade aan geboue aangerig is, maar diere moes na veiligheid geneem word. Vyf-en-dertig &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42629\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nog &#8216;n brand breek naby Wellington uit&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42614,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[14640,8727],"class_list":["post-42629","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-brande","tag-wes-kaap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42629","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42629"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42629\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42614"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42629"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42629"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42629"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}