{"id":42503,"date":"2017-01-25T09:00:25","date_gmt":"2017-01-25T07:00:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42503"},"modified":"2017-01-25T09:01:32","modified_gmt":"2017-01-25T07:01:32","slug":"die-anc-loer-onder-n-klip-uit-oor-trompsburg-se-wit-olifant","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42503","title":{"rendered":"Die ANC loer onder &#8216;n klip uit oor Trompsburg se wit olifant"},"content":{"rendered":"<p>Die datum vir die amptelike opening van die multimiljoenrandse hospitaal in Trompsburg, wat al vir drie jaar stof vergaar, is steeds nie bekend nie.<\/p>\n<p>Daar is vroe\u00ebr verwag dat die datum bekend gemaak sou word n\u00e1 \u2018n vergadering van provinsiale politici en hooggeplaaste munisipale amptenare, wat vandag in Bloemfontein ten einde loop. \u2018n Foutiewe rioolstelsel word as rede aangevoer vir die jare lange gesloer met die opening van die R380 miljoen Albert Nzula-hospitaal. <\/p>\n<p>In antwoord op \u2018n vraag in die Vrystaatse Wetgewer het die departement aangedui dat die opening vandeesmaand gaan plaasvind. <\/p>\n<p>Die LUR vir Finansies, Elzabe Rockman, het egter vanoggend aan OFM-nuus ges\u00ea verskeie dinge moet nog in plek gestel word alvorens die hospitaal sy deure kan open.<\/p>\n<p>&#8220;Ons is in gesprek met die nasionale gesondheidsdepartement oor die opening. Ons het nog nie \u2018n datum nie. Die LUR gaan na verwagting binnekort \u2018n aankondiging daaroor doen. Ons het \u2018n drie jaar tussentydse plan in plek waarna ons moontlik na drie jaar volle beheer van die hospitaal sal oorneem.&#8221;<\/p>\n<p>Maar terwyl die ANC-dikkerd Rockman &#8216;n &#8220;plan&#8221; het, is dit duidelik dat daar nie &#8216;n plan van &#8216;n aard is nie.<\/p>\n<p>Die aanstelling van nuwe gekwalifiseerde dokters &#8211; wat beurshouers van die Vrystaatse provinsiale regering is, &#8220;moet prioriteit wees&#8221; s\u00ea sy nou, want kennelik benodig die wit olifant van &#8216;n hospitaal mediese personeel.<\/p>\n<p>Rockman het gereageer op &#8216;n aanduiding van die provinsiale departement van gesondheid dat die reeds platsak departement nie &#8216;n paar van die dokters as gevolg van begrotingsbeperkings kan aanstel nie.<\/p>\n<p>Hierdie departement is onder Rockman se beheer, vir meer as &#8216;n jaar al en sy finansi\u00eble ellende het tot &#8216;n tekort aan medisyne en mediese personeel gelei.<\/p>\n<p>Daar is ook &#8216;n agterstand in die instandhouding van mediese toerusting. <\/p>\n<p>Nie dat iemand verwag dat Rockman ooit aanspreeklik gehou gaan word vir haar swak bestuur nie. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die datum vir die amptelike opening van die multimiljoenrandse hospitaal in Trompsburg, wat al vir drie jaar stof vergaar, is steeds nie bekend nie. Daar is vroe\u00ebr verwag dat die datum bekend gemaak sou word n\u00e1 \u2018n vergadering van provinsiale politici en hooggeplaaste munisipale amptenare, wat vandag in Bloemfontein ten einde loop. \u2018n Foutiewe rioolstelsel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42503\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die ANC loer onder &#8216;n klip uit oor Trompsburg se wit olifant&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42505,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10710,2300,19734,6307],"class_list":["post-42503","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-hospitaal","tag-korrupsie","tag-trompsburg","tag-vrystaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42503","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42503"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42503\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42505"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42503"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42503"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42503"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}