{"id":42495,"date":"2017-01-24T08:08:34","date_gmt":"2017-01-24T06:08:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42495"},"modified":"2017-01-24T08:08:34","modified_gmt":"2017-01-24T06:08:34","slug":"die-swart-rewolusie-van-brandstigting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42495","title":{"rendered":"Die swart rewolusie van brandstigting"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Span van Kaapstad se brand- en reddingsdienste is aangeval in Crossroads op die Kaapse Vlakte waar &#8216;n brand aangemeld is. <\/p>\n<p>Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith s\u00ea toe die brandbestryders op die toneel kom, was daar nie &#8216;n brand nie. <\/p>\n<p>Die aanvallers het skade aan &#8216;n brandweervoertuig aangerig. Smith het die voorval skerp veroordeel.<\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van Black First Land First, Lindsay Maasdorp, het die onlangse verwoestende veldbrande in en om die Wes-Kaap bestempel as &#8216;n vorm van swart rassegeregtigheid. <\/p>\n<p>Maasdorp s\u00ea omdat die wind en vuur God-gegewe elemente is, kan dit &#8216;n gevoel van geregtigheid vir swartmense verskaf wat hulle grond ontneem is. <\/p>\n<p>Die Minister van Samewerkende Ontwikkeling, Des van Rooyen, het vroe\u00ebr bevestig dat die brande kwaadwillig deur brandstigters begin is en &#8216;n ondersoek is aan die gang.<\/p>\n<p>Die stad Kaapstad s\u00ea verskeie belangrike dier- en plantspesies is deur die onlangse veldbrande in die Kaapse Skiereiland geraak. <\/p>\n<p>Die burgemeesterskomiteelid vir Vervoer en Stedelike Ontwikkeling, Brett Herron, s\u00ea veldwagters het op verskeie dooie slange en skilpaaie afgekom. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea twee jong bobbejane het brandwonde opgedoen en een van hulle is aan sy beserings dood. Herron s\u00ea hulle sal aanhou om die beseerde bobbejaan te monitor.<\/p>\n<p>Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit moes veldbrande teen die hange van die berge by Tulbagh en in die Witzenbergvallei blus. <\/p>\n<p>Die brande by die Paarl en La Motte is ook onder beheer nadat brande verlede week in die hange b\u00f3 die ou Du Toitskloofpas begin het. Meer as een-duisend-vier-honderd hektaar plantegroei is vernietig en verskeie geboue, insluitende die huis op `n wynlandgoed is vernietig. <\/p>\n<p>Minstens 19 brande in die provinsie, hoofsaaklik in die Kaapse Skiereiland, die Weskus en die Wynlanddistrik is kwaadwillig gestig. Die departement se woordvoerder, James Brent-Styan s\u00ea bykomende lugsteun was noodsaaklik veral weens die weerstoestande wat sake vererger.<\/p>\n<p>Die Wes-Kaapse regering s\u00ea die vlaag veldbrande in die provinsie het &#8216;n vernietigende uitwerking op landbou en toerisme. <\/p>\n<p>Twee weke gelede het die Bezweni lodge by Somerset-Wes afgebrand wat 12 toeriste dakloos gelaat het. Verlede week is verskeie toeriste beseer in &#8216;n brand by die Goudini Spa naby Worcester. <\/p>\n<p>Wingerde en ander oeste by Somerset-Wes en die Paarl is intussen ook in brande vernietig. Die provinsiale minister van Ekonomiese Geleenthede, Alan Winde, s\u00ea die ekonomiese skade is nie tot finansi\u00eble skade beperk nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Span van Kaapstad se brand- en reddingsdienste is aangeval in Crossroads op die Kaapse Vlakte waar &#8216;n brand aangemeld is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith s\u00ea toe die brandbestryders op die toneel kom, was daar nie &#8216;n brand nie. Die aanvallers het skade aan &#8216;n brandweervoertuig aangerig. Smith het die voorval &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42495\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die swart rewolusie van brandstigting&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42327,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5531,11422,12916,8727],"class_list":["post-42495","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brandstigting","tag-grondgryp","tag-rewolusie","tag-wes-kaap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42495","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42495"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42495\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42327"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42495"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42495"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42495"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}