{"id":42450,"date":"2017-01-20T09:01:25","date_gmt":"2017-01-20T07:01:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42450"},"modified":"2017-01-20T09:01:25","modified_gmt":"2017-01-20T07:01:25","slug":"twee-gholfers-wat-op-baan-oorval-is-weer-terug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42450","title":{"rendered":"Twee gholfers wat op baan oorval is, weer terug"},"content":{"rendered":"<p>Twee Bloemfonteinse vriende het Maandag weer \u2018n potjie gholf gespeel en afgeslaan by die bof van die sewende putjie op die Bloemfontein-gholfklubbaan, waar hulle meer as \u2018n week gelede beroof is.<\/p>\n<p>Byron Wegger en Francois Faasen is op 8 Januarie deur \u2018n man genader en met \u2018n vuurwapen gedreig. Wegger s\u00ea die booswig het geld ge\u00ebis en sy hemp opgelig en &#8216;n vuurwapen, vermoedelik \u2018n 9mm, aan hom gewys. Faasen, wat reggestaan het om af te slaan het eers later besef wat aangaan. <\/p>\n<p>Hulle het al hul geld aan die man gegee. Die swart booswig het ook Wegger se selfoon ge\u00ebis maar dit later aan hom teruggegee, nadat Wegger hom oortuig het dit is nie baie werd nie. Die rower het Wegger se hand geskud en rustig weggestap na waar twee van sy makkers onder \u2018n boom gewag het. <\/p>\n<p>Beamptes van die Parkweg-polisiekantoor was vinnig op die toneel, maar die booswigte het weggekom. Wegger s\u00ea dit was vir hom ietwat van \u2018n traumatiese ervaring. Hy is bly hy het \u2018n kundige se raad gevolg om gou weer op dieselfde baan te speel.<\/p>\n<p>\u201c \u2018n Mens kan nie in \u2018n boksie leef nie. Jy kan nie wegkruip vir sulke goed in die land nie, jy moet maar net aangaan.\u201d<\/p>\n<p>Faasen s\u00ea hy het ook besluit dit sal goed wees om die baan weer te besoek.<\/p>\n<p>Albei slagoffers is ook vol lof vir die Bloemfontein-gholfklub se bestuur wat die voorval as ernstig beskou en veiligheidswagte gaan aanstel om die baan voortaan te patrolleer.<\/p>\n<p>Daar is nie \u2018n veiligheidsheining om die baan nie. Hoewel Wegger en Faasen \u2018n klag van diefstal kon indien het hulle besluit om nie \u2018n saak by die polisie aanhangig te maak nie.<\/p>\n<p>Bron: OFM Nuus<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee Bloemfonteinse vriende het Maandag weer \u2018n potjie gholf gespeel en afgeslaan by die bof van die sewende putjie op die Bloemfontein-gholfklubbaan, waar hulle meer as \u2018n week gelede beroof is. Byron Wegger en Francois Faasen is op 8 Januarie deur \u2018n man genader en met \u2018n vuurwapen gedreig. Wegger s\u00ea die booswig het geld &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42450\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee gholfers wat op baan oorval is, weer terug&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42451,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11744,23658,8814,5940],"class_list":["post-42450","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aanval","tag-bloemfontein-gholf","tag-gewapende-roof","tag-swart-misdaad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42450","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42450"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42450\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42451"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42450"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42450"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42450"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}