{"id":424,"date":"2007-05-09T17:33:22","date_gmt":"2007-05-09T17:33:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=424"},"modified":"2007-05-09T17:33:22","modified_gmt":"2007-05-09T17:33:22","slug":"sarkozy-se-vakansietjie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=424","title":{"rendered":"Sarkozy se vakansietjie"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Uitgepak, opgestel en ingegrawe moes die persmense egter na hul aankoms op die eiland verneem dat hulle om die bos gelei is want Sarkozy, sy vrou C&eacute;celia en hul seun Louis is Maandag per Falcon 900 EX-privaatstraler na Malta. Ontnugterde joernaliste het nou vasgestel dat die straler aan Vincent Bollor&eacute;, Franse industri&euml;le magnaat, behoort wat die vliegtuig aan die president beskikbaar gestel het. Die reeksnommer by die vluginskrywing is met die eienaar verbind.<\/p>\n<p> In Malta het &#8216;n 60m luukse jag gereed gestaan om die vakansie in te lui. Di&eacute; jag behoort ook aan Bollor&eacute;. Dit het dus nie te lank geneem vir &#8216;n span nuushonde om die vasmeerplek en kaptein op te spoor nie. Die Sarkozys hou op die oomblik vakansie op die jag in die Middelandse See met &#8216;n helikopter wat danksy die onverpoosde mediagesnuffel oor die vaartuig hang.<\/p>\n<p> Wat die prominente gesin die graagste wou vermy, het hulle nou getref: &#8216;n vloed vakansiefoto&#8217;s gisteroggend op die voorblaaie van Franse poniekoerante. Sarko, soos die Franse na hom verwys, is op die foto&#8217;s te siene op die dek van die <em>Paloma<\/em> in &#8216;n donkerblou t-hemp en oranje swembroek geklee. &#8216;n Weeklange verblyf op die skip, moes Franse daarna uitvind, kos ongeveer 200 000 Euro.<\/p>\n<p> Lesers het behoorlik na hul asems gesnak vir di&eacute; rojale spandabelheid. Vergete is die vrae oor die samestelling van die kabinet en wie die beste Eerste Minister sal wees. Hulle wonder tans waarom die oordadige vrygewigheid nodig sou wees. S&eacute;gol&egrave;ne Royal se segsman, Vincent Peillon, beskryf Sarko se vakansie as &#8216;n &quot;belediging vir Franse wat vroeg opstaan&quot;.<\/p>\n<p> Fran&ccedil;ois Fillion, moontlike kandidaat vir Eerste Minister, het gou gister na die kleurvolle voorbladverslae tot Sarko se redding gekom: &quot;Hy het &#8216;n vreeslike stresvolle veldtog agter die rug. Ek dink dat hy &#8216;n bietjie rus, privaatheid en vrede verdien het.&quot; Die Paryse media-eggo moes selfs tot by die Middelandse See getrek het want Woensdagoggend het Sarko sy drafroetine onderbreek om aan &#8216;n groot Franse radiostasie, Europe 1, sy vakansie te regverdig. Hy het onder meer ges&ecirc; dat hy homself nie hoef te &quot;versteek of te lieg of te verontskuldig&quot; nie. <\/p>\n<p> &quot;Ek ken my gasheer Vincent Bollor&eacute; al 20 jaar lank en my vakansie kos die belastingbetaler nie &#8216;n sent nie,&quot; het hy bygevoeg. &quot;Ek het &#8216;n klein pouse nodig wat ek saam met my gesin wou deurbring. More vroeg is ek weer terug op kantoor.&quot;<\/p><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">&#8216;n Paar Sosialiste het intussen aangedui dat Sarkozy &#8216;n ware &quot;staatsman&quot; is en dat hulle hom sal ondersteun. Daar is egter meer kandidate as poste vir die sentrum. Jacques Attali, eertydse raadgewer van Mitterand, het aan <em>Le Monde<\/em> ges&ecirc; dat Sarkozy erken het dat hy regse politici uit sy eie kamp haat.<\/div>\n<p> <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u0434\u043b\u044f \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-dostavka\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Nadat Sarkozy Maandag aangekondig het dat hy &#8216;n paar dae vakansie gaan neem om uit te rus vir die groot taak wat voorl&ecirc;, het hordes fotograwe na Korsika gereis. Die nuutverkose president het verklaar dat hy op Napoleon se geboorteplek gaan uitspan om voor te berei vir die omvattende hervormings wat hy vir Frankryk in gedagte het. <\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089],"class_list":["post-424","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/424","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=424"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/424\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=424"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=424"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=424"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}