{"id":4227,"date":"2009-02-17T08:54:20","date_gmt":"2009-02-17T08:54:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4227"},"modified":"2009-02-17T08:54:20","modified_gmt":"2009-02-17T08:54:20","slug":"niehaus-en-die-endemiese-korrupsie-in-sa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4227","title":{"rendered":"Niehaus en die endemiese korrupsie in SA"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Ek wil dit vandag waag om te s&ecirc; dat Links in Suid-Afrika fundamenteel korrup is. Die hele linkse ideologie in Suid-Afrika wat deur die vakbonde, die Engelstalige Marxistiese akademici aan die universiteite, die ANC en SAKP, Naspers en ander media geproduseer word, is deurtrek van leuens en wanvoorstellings. In die eerste plek het hierdie mense vir hulself &#39;n magstruktuur gebou op die Groot Leuen dat die Afrikaner met sy fanatiese rassisme onder &quot;apartheid&quot; besig was met &#39;n Nazistiese uitwissingsprojek.<\/p>\n<p>Die Nazi-leuen oor die Afrikaner is natuurlik groter as enige leuen wat Carl Niehaus al ooit vertel het. Pleks dat Carl Niehaus net een of ander relaas oor apartheid saamgeflans het, dan het die Universiteit van Utrecht dalk wel aan hom &#39;n doktorsgraad toegeken. Trouens, ek verstout my om te s&ecirc; dat daar al meer doktorsgrade op grond van onwaarhede deur ons ewe korrupte, linkse universiteite toegeken is as wat Carl Niehaus se skuldrande beloop.<\/p>\n<p>Die politieke leuen lei geredelik tot finansi&euml;le verduistering.<\/p>\n<p>Die linkse ideologiese leuens het die linkse finansi&euml;le bedrog &#8211; waarmee ons hele samelewing deurtrek is &#8211; vooruit geloop. Waarom sal iemand wat onbeskaamd oor die geskiedenis of die politiek lieg eerlik wees as dit by geld kom? Iemand wat glo dat &quot;die doel die middele heilig&quot; en daarom bereid is om, soos Niehaus, aan stedelike terreur deel te neem, sal mos nie stuit voor &#39;n bietjie bedrog om sy lewenstandaard te ondersteun nie, sal hy?<\/p>\n<p>Dink maar aan Mandela se kinderfonds waaroor daar soveel gerugte bestaan. Mandela samel geld vir kinders in, maar leef self soos die uitvoerende beampte van &#39;n Amerikaanse bank. Ek praat nou van die soort bankamptenare wat verlede jaar $18 miljard aan bonusse aan hulself uitbetaal het terwyl hul ondernemings tegnies bankrot was en net deur die steun van die belastingbetaler drywende gehou is. Is daar enigiemand wat soveel geld uit &quot;liefdadigheid&quot; verdien soos Mandela? Nietemin sal niemand ooit vrae hieroor durf vra nie, want binne die linkse heelal beklee Mandela natuurlik &#39;n goddelike posisie en word daar net in gewyde terme na hom verwys.<\/p>\n<p>Iewers in die toekoms gaan ons onsself wel van hierdie bose, oneerlike, korrupte stelsel bevry. Op daardie stadium sal daar onthullings gedoen word oor die reusebedrae geld in di&eacute; land wat eenvoudig deur die trop linkse varke wat steunend en beurend aan die trog van die staat (&eacute;n die lamsakkige privaatsektor) opgevreet is. Indien iemand ooit die somtotaal sou bereken van alles wat deur linkse korrupsie sedert 1994 verlore gegaan het, sou dit &#39;n astronomiese bedrag wees. Dit sal nie in die miljoene wees nie, ook nie in die miljarde nie, maar in die triljoene rand wat uit die staatskas gesteel en verduister is om die grypsug en hebsug van Links te voed.<\/p>\n<p>FW de Klerk het self sy snoet in die trog gehad, as mens PW Botha kan glo. De Klerk se skielike en geheimsinnige oorgawe aan die ANC en sy rykmanslewe sedertdien verteenwoordig die twee plus twee wat op vier uitloop. Die logika van omkopery, kli&euml;ntelisme, bedrog en leuens het reeds in die vroe&euml; negentigerjare posgevat toe die Geluksgodin haar kaal borste aan die ou NP&#39;s onbloot het en hulle oorreed is om hul eie mense uit te verkoop terwille van aansien en veral geld.<\/p>\n<p>Die Nasionale Party &#8211; selfs in sy terminale, beginsellose fase &#8211; sou egter nooit kon droom om sulke reusebedrae te skep soos waarmee die ANC tans besig is nie.<\/p>\n<p>Een van die irriterendste aspekte van die hele Carl Niehaussage is hoe die media konstant sulke stellings maak soos: &quot;Ag ja, daar is maar oral ter w&ecirc;reld korrupsie&#8230;&quot; Of, my persoonlike b&ecirc;te noire: &quot;Haai, ja, onder die ou regering was daar ook maar korrupsie, n&egrave;.&quot;<\/p>\n<p>Net gisteraand luister ek na Classic FM waarop twee Ingelse deskundiges besig is om die Niehausgeval te bespreek. Ja, s&ecirc; die een, &quot;onder die rassistiese, immorele NP-regering was daar net soveel korrupsie, dis net dat ons nou oor &#39;n demokratiese samelewing beskik wat hierdie dinge na vore bring&quot;.<\/p>\n<p>Se voet! &#39;n Mens moet seker Engels wees met een of ander Monty Pythonagtige sin vir absurde humor om te wil beweer dat daar onder die ou regering net soveel korrupsie as onder die ANC-bewind was, maar kan enige normale, nugtere mens werklik so iets glo? Het omtrent elke staatsdepartement in die ou dae &#39;n gekwalifiseerde ouditverslag ontvang soos tans? Watter ministers of ho&euml; staatsamptenare het destyds die rojale, uitspattige lewenwyses beoefen van nou, De Klerk uitgesluit?<\/p>\n<p>Ek wil geensins hier &#39;n apologeet vir die ou NP&#39;s wees nie, maar dis soos om te beweer dat &quot;Nederland maar ewe korrup is as Nigeri&euml;&quot; of &quot;Switserland het meer ewe veel probleme as Zimbabwe&quot;. Trouens, die twee Engelse here van Classic FM het &#39;n algemene apologie vir korrupsie gelewer deur te beweer: &quot;Daar is maar oral korrupsie, ook in Westerse liberale demokrasie&euml;.&quot;<\/p>\n<p>As mens hierna luister, dan gaan die morele verrotting van hierdie nuwe Suid-Afrika saam met intellektuele verrotting. Die nuanseverskil tussen die soort finansi&euml;le skandale wat daar in sommige Westerse demokrasie&euml; aangetref word &#8211; en wat normaalweg darem lei tot die bedanking of vervolging van die skuldige(s) &#8211; en die endemiese staatsplundering en -diefstal wat daar in Suid-Afrika plaasvind, is blykbaar verlore op Classic FM se wysneuse.<\/p>\n<p>Waarskynlik gaan die pers vir &#39;n week of drie oor Niehaus skryf, maar agterna sal almal daarvan vergeet en oor &#39;n paar maande sal hy weer &#8211; soos Boesak &#8211; gerehabiliteer wees. Niehaus, wat &#39;n patologiese leuenaar is, is egter simptomaties van die algemene morele en verstandelike insinking wat daar in Suid-Afrika plaasgevind het. Soos Niehaus is die meerderheid van die Suid-Afrikaanse gepeupel, waaronder ons die joernaliste en politici maar kan insluit, nie meer in staat om tussen reg en verkeerd, waar en onwaar, te onderskei nie. Die verskil tussen Julius Malema en Max du Preez is byvoorbeeld bloot een van styl, maar nie van inhoud nie. Beide is ewe irrasioneel en vervul met kwade wil jeens die normale samelewing, asook die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Beide leef in &#39;n valse dwaalw&ecirc;reld van mites en leuens.<\/p>\n<p>Wat ons verder moet begryp is dat die linkse gego&euml;l met &quot;menseregte&quot;, &quot;demokrasie&quot; en &quot;dienslewering&quot; maar net o&euml;verblindery is vir die werklike dryfveer agter linkse politiek: naakte hebsug.<\/p>\n<p>Niehaus is maar net die simptoom van die groter verval wat Suid-Afrika kenmerk. Totdat hulle gekeer word, gaan die varke aanhou om ons land kwylend en stuk vir stuk te verorber.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-94\/letnjaja-odezhda\/futbolki-bluzy-rubashki?p=5\">\u043c\u043e\u0434\u043d\u044b\u0435 \u0440\u0443\u0431\u0430\u0448\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/biografiya-rukovoditelya-prokuraturi-xarkova-aleksandra-vasilevicha-filchakova\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die geval Carl Niehaus is maar bloot die jongste in &#39;n reeks waartydens die geldgierigheid, oneerlikheid en korrupsie van linkse politici op die lappe gekom het. Voorheen was daar Winnie Mandela, Allan Boesak, Tony Yengeni, Shabir Shaik en die parlement&ecirc;re reisskandaal.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,4099,165,21092],"class_list":["post-4227","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-niehaus-en-die-endemiese-korrupsie-in-sa","tag-praag","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4227","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4227"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4227\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4227"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4227"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4227"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}