{"id":42267,"date":"2017-01-04T09:50:53","date_gmt":"2017-01-04T07:50:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42267"},"modified":"2017-01-04T09:50:53","modified_gmt":"2017-01-04T07:50:53","slug":"burundi-se-minister-in-sluipmoord-doodgeskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42267","title":{"rendered":"Burundi se minister in sluipmoord doodgeskiet"},"content":{"rendered":"<p>Burundi se minister van die omge\u00adwing\u00ad en water, Emmanuel Niyonkuru\u00ad (54), is Sondag in die vroe\u00eb oggendure op pad huis toe in die hoofstad, Bujumbura, doodgeskiet, het Pierre\u00ad \u00adNkurikiye, polisiewoordvoerder, getwiet.<\/p>\n<p>Die African News Agency berig &#8216;n jong vrou wat saam met Niyonkuru was, is saam met die eienaar van &#8216;n kroeg wat Niyonkuru gereeld besoek het en twee veiligheidswagte wat sy huis bewaak het, deur die polisie vir ondervraging in hegtenis geneem.<\/p>\n<p>Pres. Pierre Nkurunziza het sy skok oor die moord uitgespreek. <\/p>\n<p>\u201cDi\u00e9 misdaad sal gestraf word,\u201d het hy ges\u00ea. Die president het daarna verwys as &#8216;n sluipmoord.<\/p>\n<p>&#8216;n Vrou is sedertdien in verband met die voorval in hegtenis geneem, het Al Jazeera Sondag berig.<\/p>\n<p>Die moord, die eerste op &#8216;n kabinetslid\u00ad sedert Nkurunziza in 2015 vir &#8216;n omstrede derde termyn as staatshoof gekies is, volg op &#8216;n relatief rustige paar maande in die <a href=\"http:\/\/genocidewatch.net\/2015\/08\/11\/genocide-watch-alert-2015-on-burundi\/\">konflik\u00adgeteisterde <\/a>land waar twee etniese groepe mekaar gereeld die stryd aans\u00ea.<\/p>\n<p>Genocide Watch beskryf Burundi as een van die lande waar volksmoord &#8216;n besonder ho\u00eb waarskynlikheid het om plaas te vind.<\/p>\n<p>Nkurunziza het op Twitter sy medelye met Niyonkuru se familie uitgespreek en \u201caan alle inwoners van Burundi\u201d ges\u00ea die moordenaars sal swaar gestraf word.<\/p>\n<p>Minstens 500 mense het reeds gesterf en 300 000 het landuit gevlug sedert onluste in April 2015 begin het. Die regering blameer die moorde op buurland Rwanda.<\/p>\n<p>Intussen het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma,\u00ad voorsitter van die Afrika-unie se kommissie, op Twitter haar medelye \u00aduitgespreek en die moord op Niyonkuru skerp veroordeel as &#8216;n \u201cbarbaarse daad\u201d wat &#8216;n deeglike ondersoek van die Burundiese regering sal vereis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Burundi se minister van die omge\u00adwing\u00ad en water, Emmanuel Niyonkuru\u00ad (54), is Sondag in die vroe\u00eb oggendure op pad huis toe in die hoofstad, Bujumbura, doodgeskiet, het Pierre\u00ad \u00adNkurikiye, polisiewoordvoerder, getwiet. Die African News Agency berig &#8216;n jong vrou wat saam met Niyonkuru was, is saam met die eienaar van &#8216;n kroeg wat Niyonkuru gereeld &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42267\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Burundi se minister in sluipmoord doodgeskiet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42268,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[],"class_list":["post-42267","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42267","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42267"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42267\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42268"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42267"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42267"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42267"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}