{"id":42264,"date":"2017-01-04T09:40:54","date_gmt":"2017-01-04T07:40:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42264"},"modified":"2017-01-04T11:01:43","modified_gmt":"2017-01-04T09:01:43","slug":"tanzanie-dank-krag-hoof-af-na-verhogings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42264","title":{"rendered":"Tanzani\u00eb dank krag-hoof af na verhogings"},"content":{"rendered":"<p>Tanzani\u00eb se pres. John Magufuli het die hoof van die staat se elektrisiteitsmaatskappy Sondag afgedank nadat die maatskappy tariewe verhoog het, &#8216;n stap wat die president s\u00ea sy planne in die wiele sal ry om die Oos-Afrikaland te industrialiseer.<\/p>\n<p>Waarskynlik sal dit ook sy politieke loopbaan help.<\/p>\n<p>Tanzani\u00eb se elektrisiteitsreguleerder het Donderdag planne goedgekeur om elektrisiteitstariewe van Tan\u00adzani\u00eb se elektrisiteitsvoorsieningsmaat\u00adskappy (Tanesco) met 8,53 persent te verhoog, minder as die helfte van wat die nutsmaat\u00adskappy s\u00ea nodig is om verliese te verminder.<\/p>\n<p>Pres. Magufuli se kantoor het die afdanking\u00ad van Tanesco se besturende direkteur, Felchesmi Mramba, in &#8216;n verklaring aangekondig, het Reuters berig.<\/p>\n<p>Ure voor die aankondiging van die afdanking het die president die prysverhogings gekanseleer.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is onaanvaarbaar terwyl ons planne maak om &#8216;n vervaardigingsbedryf te bou en te verseker dat meer burgers toegang tot elektrisiteit het,\u201d het Magufuli in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Ongeveer 40 persent van Tanzani\u00eb se bevolking van ongeveer 50 miljoen mense het toegang tot elektrisiteit en die regering hoop om dit tot 75 persent teen 2025 te vermeerder.<\/p>\n<p>Sedert hy &#8216;n jaar gelede aan bewind gekom het, het Magufuli dosyne staatsamptenare afgedank as deel van &#8216;n teenkorrupsieveldtog en om nuwe stukrag vir doeltreffende regering mee te bring.<\/p>\n<p>Hy het &#8216;n dosent aan die staatsuniversiteit van Dar es Salaam, Tito Esau Mwinuka, as waarnemende besturende direkteur van Tanesco aangestel.<\/p>\n<p>Die elektrisiteitsmaatskappy wou aanvanklik &#8216;n tariefverhoging van 18,19 persent instel om &#8216;n verliesmakende tendens uit te wis en skuld aan onafhanklike kragprodusente en brandstofvoorsieners te betaal.<\/p>\n<p>Die tariefverhoging sou op 1 Januarie in werking getree het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tanzani\u00eb se pres. John Magufuli het die hoof van die staat se elektrisiteitsmaatskappy Sondag afgedank nadat die maatskappy tariewe verhoog het, &#8216;n stap wat die president s\u00ea sy planne in die wiele sal ry om die Oos-Afrikaland te industrialiseer. Waarskynlik sal dit ook sy politieke loopbaan help. Tanzani\u00eb se elektrisiteitsreguleerder het Donderdag planne goedgekeur om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42264\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tanzani\u00eb dank krag-hoof af na verhogings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42265,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5342,20265,16112,16445],"class_list":["post-42264","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-elektrisiteit","tag-industrialisering","tag-kragvoorsiening","tag-tanzanie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42264","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42264"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42264\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42265"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42264"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42264"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42264"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}