{"id":42244,"date":"2017-01-03T09:42:34","date_gmt":"2017-01-03T07:42:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42244"},"modified":"2017-01-03T20:53:14","modified_gmt":"2017-01-03T18:53:14","slug":"trump-kap-russiese-kuberkrakers-in-nuwejaarsopmerkings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42244","title":{"rendered":"Trump kap &#8216;Russiese kuberkrakers&#8217; versinsel in Nuwejaarsopmerkings"},"content":{"rendered":"<p>Amper-president Donald Trump het kortliks aan verslaggewers op Oujaarsaand by sy Mar-a-Lago-landgoed in Palm Beach, Florida die amptelike weergawe van &#8220;Russiese kuberkrakers&#8221; wat glo ingemeng het met die verkiesing bevraagteken, berig Reuters.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is &#8216;n redelik ernstige aanklag,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;En as jy kyk na die wapens van massavernietiging, dit was &#8216;n ramp, en hulle was verkeerd.&#8221;<\/p>\n<p>Trump het ges\u00ea: &#8220;Ek weet baie oor kubermisdaad. En kuberkrakery is &#8216;n baie moeilike ding om te bewys. So dit kan iemand anders wees. En ek weet ook dinge wat ander mense nie weet nie, en so hulle [die media] kan nie seker wees van die situasie nie.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het aangedui dat hy &#8216;n paar voorheen onbekende feite in die komende dae sal openbaar, en bygevoeg: &#8220;Ek weet ook dinge wat ander mense nie weet nie.&#8221;<\/p>\n<p>Op &#8216;n vraag wat daardie inligting is, het die nuwe Amerikaanse president ges\u00ea: &#8220;Jy sal uitvind op Dinsdag of Woensdag.&#8221; Hy het nie uitgebrei nie, maar in &#8216;n verklaring Donderdag in reaksie op Obama se jongste manewales om hom swart te smeer, het hy ges\u00ea hy sal intelligensie-amptenare ontmoet, het die Guardian berig.<\/p>\n<p>&#8220;Hopelik gaan ons goeie verhoudings met baie lande h\u00ea en dit sluit Rusland in en dit sluit China in,&#8221; het Trump in reaksie op anti-Russiese sentimente in die media verklaar.<\/p>\n<p>Nuwe aanklagte dat Rusland die VSA se elektrisiteitsnetwerk in Vermont gekraak het, is gebaseer op anonieme &#8220;amptenare&#8221;, en verkondig deur die linkse megafoon, The Washington Post, maar intussen as valse nuus ontbloot.<\/p>\n<p>Die Post het &#8216;n verdoemende opskrif gepubliseer, wat verklaar dat &#8220;Russiese krakers slaan toe op &#8216;n Vermont-nutsmaatskappy&#8221; wat moontlik &#8216;n gevaar &#8220;vir die Amerikaanse elektrisiteitsveiligheidsnetwerk&#8221; inhou.<\/p>\n<p>Die eerste berig Vrydag, het die Russe beskuldig van kuber-aanvalle teen die Verenigde State van Amerika, teen een van die mees sensitiewe potensi\u00eble teikens van die land wat uiteindelik tot &#8216;n oorlogsverklaring kan lei.<\/p>\n<p>Die nutsmaatskappy, Burlington Electric, het daarna gou &#8216;n verklaring uitgereik dat &#8216;n onlangse ondersoek van sy IT-stelsels net een skootrekenaar gekry het met &#8216;n paar virusse en dat die skootrekenaar nie gekoppel was aan die netwerk nie.<\/p>\n<p>Die koerant moes inderhaas terugkrabbel en in hul aanvanklike regstelling ges\u00ea owerhede het nie sulke &#8220;aanduidings&#8221; gehad nie. Op sosiale media het die Post wydverspreide veroordeling ontvang omdat hulle &#8220;valse nuus&#8221; versprei.<\/p>\n<p>Dit wil boonop voorkom asof die virusse eintlik &#8216;n Oekra\u00efense oorsprong gehad het. Dit lyk ook asof &#8220;valse nuus&#8221; net uit linkse bronne kom.<\/p>\n<p>Wordfence, ook &#8216;n bekende IT-sekuriteit maatskappy, het na &#8216;n gedetailleerde ondersoek bevestig. &#8220;Die virusse is oud, word wyd gebruik en blyk Oekra\u00efens te wees. Dit het geen o\u00ebnskynlike verhouding met Russiese intelligensie nie.&#8221;<\/p>\n<p>Geen bewyse van &#8216;n Russiese spoor is nog vrygestel nie, slegs verdagmakery vier hoogty, en uiteindelik moes die Washington Post &#8216;n regstelling van sy artikel uitreik: &#8220;&#8216;n Vroe\u00ebre weergawe van hierdie storie is verkeerd wat beweer het dat Russiese krakers die VSA se elektriteitsnetwerk binnegedring het. Owerhede s\u00ea daar is geen aanduiding daarvan tot dusver nie,&#8221; lui die verklaring.<\/p>\n<p>Dit is nie die eerste keer dat die Washington Post &#8216;n verslag versin met ongegronde en misleidende bewerings nie. Op 24 November het &#8216;n artikel deur die koerant beweer dat Rusland in werklikheid agter &#8216;n massiewe verspreiding van &#8220;valse nuus&#8221; is wat die Amerikaanse presidensi\u00eble veldtog in November verlede jaar geswaai het.<\/p>\n<p>Die koerant het sogenaamde &#8220;kenners&#8221; aangehaal, &#8216;n groep genaamd PropOrNot, wat meer as 200 webwerwe  &#8220;ge\u00efdentifiseer&#8221; het in die verspreiding van Russiese propaganda. Die artikel het ernstige kritiek van mense op sosiale media getrek, asook joernaliste wat PropOrNot se eie twyfelagtige bestaan ontbloot het.<\/p>\n<p>Vermoedelik kom die aanvalle van miljard\u00ear Jeff Bezos wat die CIA se inligtingsplatform bedryf en &#8216;n Trump-hater is, want die CIA was ook op die aanval.<\/p>\n<p>Trump het die bewerings verwerp as &#8220;belaglike&#8221; etikettering en &#8220;nog &#8216;n verskoning&#8221; deur die Demokrate vir die ineenstorting van Hillary Clinton se mislukte veldtog.<\/p>\n<p>Via Twitter het Trump liefde gestuur aan &#8220;my baie vyande en die wat die geveg teen my so erg verloor het hulle weet net nie wat om te doen nie&#8221;. Maar klaarblyklik weet hulle wat om te doen: Hulle versprei vals berigte en kla dan regses aan dat hulle &#8220;valse nuus&#8221; die w\u00eareld instuur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Amper-president Donald Trump het kortliks aan verslaggewers op Oujaarsaand by sy Mar-a-Lago-landgoed in Palm Beach, Florida die amptelike weergawe van &#8220;Russiese kuberkrakers&#8221; wat glo ingemeng het met die verkiesing bevraagteken, berig Reuters. &#8220;Dit is &#8216;n redelik ernstige aanklag,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;En as jy kyk na die wapens van massavernietiging, dit was &#8216;n ramp, en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42244\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Trump kap &#8216;Russiese kuberkrakers&#8217; versinsel in Nuwejaarsopmerkings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42263,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8861,23604,23605,2078,20899],"class_list":["post-42244","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-cia","tag-jeff-bezos","tag-kuberkakers","tag-rusland","tag-trump"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42244","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42244"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42244\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42263"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42244"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42244"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42244"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}