{"id":42217,"date":"2016-12-23T10:50:33","date_gmt":"2016-12-23T08:50:33","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42217"},"modified":"2016-12-23T10:57:11","modified_gmt":"2016-12-23T08:57:11","slug":"merkel-beleid-het-terreuraanval-van-berlyn-moontlik-gemaak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42217","title":{"rendered":"Merkel-beleid het terreuraanval van Berlyn moontlik gemaak"},"content":{"rendered":"<p>Angela Merkel gaan nie &#8216;n groot politieke aanslag vermy om haar leierskap te sink oor haar ondeurdagte beleid om Duitsland se grense oop te gooi nie.<\/p>\n<p>Die terroris wat onskuldige mense by &#8216;n Kersmark doodgery het, was &#8216;n migrant wat danksy Merkel se onbesonnenheid ingelaat is. &#8216;n AfD-segsman, Marcus Pretzell het ges\u00ea Merkel is verantwoordelik vir die slagting.<\/p>\n<p>ISIS het vroe\u00ebr verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar wat gepleeg is deur &#8216;n verdagte wat Duitsland as &#8216;n &#8220;asielsoeker&#8221; binnegekom het en reeds aan veiligheidsowerhede bekend was. Die terroris was selfs op die VSA se vlugswartlys oor sy kommunikasie met die Islamitiese staat &#8211; maar is herhaaldelik deur die Europese owerhede oorgesien en vrygelaat.<\/p>\n<p>Net soos met die massaverkragtings in Keulen met Nuwejaar, hou die elite hulle hulle koppe in die sand en sensureer hulle liewer alle nuus wat Moslems in &#8216;n negatiewe lig stel en nie polities korrek genoeg na hulle smaak is nie.<\/p>\n<p>Die Duitse federale vervolgingsgesag het \u2019n beloning van tot \u20ac100 000 uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming van Anis Amri (24) kan lei. Hy is die hoofverdagte wat Maandagaand met &#8216;n vragmotor in &#8216;n besige Kersmark in Berlyn ingejaag het. Twaalf mense is in die terreuraanval dood en 45 mense is beseer van wie 12 in die hospitaal behandel word, s\u00ea die polisie.<\/p>\n<p>Terwyl Duitse beroepspolitici probeer voorgee die aanval het niks met Islam en migrante te make nie, het dit sedertdien bekend geword dat die verdagte reeds aangehou is in verband met terreur en toe sommer weer vrygelaat is.<\/p>\n<p>Amri het Tunisi\u00eb het Tunisi\u00eb sewe jaar gelede as \u2019n onwettige immigrant verlaat en het tronkstraf in Itali\u00eb uitgedien nadat hy &#8216;n skool afgebrand het.<\/p>\n<p>Ralf J\u00e4ger, \u2019n minister in die Duitse deelstaat Noord-Rhyn-Wesfale (NRW), s\u00ea Amri het blykbaar in Julie verlede jaar in Duitsland aangekom en sy aansoek om asiel is van die hand gewys. Nadat sy asielaansoek van die hand gewys is, moes hy gedeporteer gewees het, maar hy kon glo nie na Tunisi\u00eb teruggestuur word &#8220;sonder dokumente nie&#8221;.<\/p>\n<p>Die media kon egter Amri se gesin in Tunisi\u00eb binne minute opspoor na die nuus van sy inhegtenisname bekend geraak het.<\/p>\n<p>Tunisi\u00eb het sy dokumente eers &#8216;n dag na die aanval op die Kersmark deurgestuur, s\u00ea J\u00e4ger.<\/p>\n<p>Hy het glo verskillende name gebruik en volgens veiligheidsagentskappe was hy in verbinding met \u2019n Islamitiese netwerk wat lede vir ISIS gewerf het.<\/p>\n<p>Hy het sedert Februarie in Berlyn gewoon, maar was onlangs in NRW, s\u00ea J\u00e4ger.<\/p>\n<p>Die 25 ton vragmotor, gesteel van  \u2019n Poolse vragvervoermaatskappy, het by die mark in die houthutte waar Kersgeskenke, gl\u00fchwein en wors verkoop is, ingejaag. <\/p>\n<p>Die Poolse bestuurder van die gekaapte vragmotor is met &#8216;n enkele kopskoot dood in die kajuit gevind. <\/p>\n<p>DNA-bewyse het bevestig dat Amri in die vragmotor was. Amri se ouers self het aan die New York Times ges\u00ea dat Amri &#8216;n &#8220;gewelddadige&#8221;, dwelm-kop en moeilikheidmaker was voordat hy onwettig na Europa gemigreer het. <\/p>\n<p>&#8220;Hy het vier jaar in die tronk in Itali\u00eb deurgebring waar hy met ekstremistiese groepe deurmekaar geraak het wat hom gewerf het,&#8221; het sy pa bevestig.<\/p>\n<p>Amri het Tunisi\u00eb in Maart 2011 verlaat tydens die &#8220;al Horqa&#8221; &#8216;n golf van onwettige immigrasie kort n\u00e1 die begin van die Soros-operasie, &#8216;n reeks beplande Islamitiese rewolusies by name die &#8220;Arabiese Lente&#8221;. Hy het in Lampedusa, Itali\u00eb beland en &#8216;n humanit\u00eare permit is aan hom toegestaan ondanks sy valse verklarings.<\/p>\n<p>Duitse intelligensie was glo bewus van Amri se vergadering met &#8216;n djihadis in Dortmund en in Duisburg-Rheinhause wat gekoppel is aan talle Islamitiese aanvalle. &#8216;n Teenterrorisme ondersoeker het Bild ges\u00ea dat Amri ook na bewering probeer het om &#8216;n pistool te koop van &#8216;n geheime polisiebeampte.<\/p>\n<p>Hy is ondersoek sedert 14 Maart deur die Duitse aanklaers wat ingelig is deur intelligensiedienste dat Amri &#8216;n rooftog beplan om geld te kry om &#8216;n outomatiese wapens te koop &#8220;moontlik om &#8216;n aanval op &#8216;n later datum met mede-oortreders&#8221; te pleeg.<\/p>\n<p>Sy telefoonoproepe is gemonitor, maar in September is die meeluistering be\u00ebindig. Duitsland het sy asielaansoek verwerp, maar hy het desnieteenstaande in Berlyn voortgegaan om sy bose daad te beplan.<\/p>\n<p>Uit vrees vir soortgelyke aanvalle, het Frankryk \u201cvoorkomende inhegtenisnemings\u201d uitgevoer asook grensbewaking opgeskerp.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Angela Merkel gaan nie &#8216;n groot politieke aanslag vermy om haar leierskap te sink oor haar ondeurdagte beleid om Duitsland se grense oop te gooi nie. Die terroris wat onskuldige mense by &#8216;n Kersmark doodgery het, was &#8216;n migrant wat danksy Merkel se onbesonnenheid ingelaat is. &#8216;n AfD-segsman, Marcus Pretzell het ges\u00ea Merkel is verantwoordelik &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42217\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Merkel-beleid het terreuraanval van Berlyn moontlik gemaak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42218,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5761,23593,23595,8538,2715,19361,16687],"class_list":["post-42217","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-angela-merkel","tag-anis-amri","tag-berlyn-terrorisme","tag-europa","tag-immigrasie","tag-merkel","tag-migrante"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42217","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42217"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42217\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42218"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42217"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42217"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42217"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}