{"id":42203,"date":"2016-12-22T17:17:05","date_gmt":"2016-12-22T15:17:05","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42203"},"modified":"2016-12-23T10:54:55","modified_gmt":"2016-12-23T08:54:55","slug":"politieke-storm-rondom-merkel-soos-wat-inligting-oor-berlynse-djihadis-uitlek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42203","title":{"rendered":"Politieke storm rondom Merkel soos wat inligting oor Berlynse djihadis uitlek"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Tunisiese &#8220;vlugteling&#8221; of &#8220;asielsoeker&#8221; is tans Europa se mees gesogte terroris nadat hy 12 mense by &#8216;n Berlynse kersfeesmark met &#8216;n swaar vragmotor afgemaai het. Maar die Duitse owerheid weier om besonderhede oor die terroris bekend te maak.<\/p>\n<p>Die Duitse polisie het bloot bevestig dat hulle &#8216;n soektog na &#8216;n gevaarlike djihadis, Anis Amri, 23, geloods het. Amri is &#8216;n migrant wat vroe\u00ebr vanjaar na Duitsland gekom het. Sy dokumentasie en bloedmonsters is na bewering op die vragmotor se vloer en in die kajuit gevind.<\/p>\n<div class=\"post-content\">\n<p>Die teenimmigrasieparty, Alternative f\u00fcr Deutschland (AfD) blameer kanselier Merkel vir die aanval, en het &#8216;n stille betoging voor haar kantoor versoek soos wat die internasionale soektog na die terroris voortduur. Frauke Petry, die leidster van die AfD, het getwiet: &#8220;Tot vandag toe word politieke korrektheid gehandhaaf. Treurig&#8221;, nadat linksgesindes uitgevaar het teen die &#8220;vrees en haat&#8221; van Duitsers en gepleit het vir &#8220;geduld, empatie en menslikheid&#8221; jeens die terroriste.<\/p>\n<p>Marcus Pretzell, &#8216;n <a href=\"http:\/\/freewestmedia.com\/2016\/12\/20\/marcus-pretzell-a-european-dilemma\/\">rubriekskrywer van Free West Media<\/a> waartoe PRAAG insgelyks bydra, het vroe\u00ebr getwiet: &#8220;Wanneer gaan die regstaat terugbaklei? Wanneer gaan di\u00e9 &#8230; skynheiligheid end kry? Di\u00e9 is Merkel se dooies!&#8221;<\/p>\n<p>Merkel se koalisielede het ook skote op haar gevuur: &#8220;Landswyd, is daar &#8216;n groot aantal vlugtelinge waarvan ons nie die herkoms ken of weet wat hul name is nie. En dis potensieel &#8216;n baie groot veiligheidskwessie,&#8221; het CDU-lid Klaus Bouillon, die binnelandse minister van die Saarlandse deelstaat aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<p>Indien verskeie nuusberigte oor die verdagte bevestig word, is die feit dat di\u00e9 aanval plaasgevind het nie bloot &#8216;n tragedie vir die slagoffers en hul gesinne nie, maar &#8216;n grootskaalse politieke skandaal wat in Duitsland ontvou.<\/p>\n<p>Terwyl dit vir die inligtingsdiens toenemend moeilik is om geradikaliseerde enkelinge dop te hou wat as gevolg van Angela Merkel se hardkoppige oopgrensbeleid die land binnegekom het, maar di\u00e9 besondere djihadis was reeds aan die veiligheidsdienste bekend.<\/p>\n<p>Die polisie-owerheid in die noordelike deelstaat Noord-Rhyn-Wesfali\u00eb het reeds &#8216;n ondersoek na Anis A geloods, met die vermoede dat hy besig was om &#8216;n terreurdaad te beplan, het die deelstaat se binnelandse minister Ralf J\u00e4ger bevestig.<\/p>\n<p>Volgens J\u00e4ger was die verdagte veronderstel om terug Tunisi\u00eb toe gedeporteer te word. Maar die saak is vertraag omdat die Tunisiese owerheid aanvanklik ontken het dat hy &#8216;n burger van hul land was. &#8220;Die nodige dokumentasie het eers vandag van Tunisi\u00eb af aangekom,&#8221; het J\u00e4ger aan die Duitse dagblad, die Sueddeutsche Zeitung (SZ) ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die SZ het ook bygevoeg dat die verdagte &#8216;n dag in aanhouding deurgebring het maar weer vrygelaat is toe die owerheid nie sy regte identiteit kon vasstel nie. Toe die nuusagentskap AFP die Tunisiese binnelandse en buitelandse ministeries kontak, het hulle geweier om oor die saak kommentaar te lewer.<\/p>\n<p>Intussen het die Italiaanse media berig dat Amri in daardie land tronkstraf uitgedien het omdat hy &#8216;n skool aan die brand gesteek het.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Tunisiese &#8220;vlugteling&#8221; of &#8220;asielsoeker&#8221; is tans Europa se mees gesogte terroris nadat hy 12 mense by &#8216;n Berlynse kersfeesmark met &#8216;n swaar vragmotor afgemaai het. Maar die Duitse owerheid weier om besonderhede oor die terroris bekend te maak. Die Duitse polisie het bloot bevestig dat hulle &#8216;n soektog na &#8216;n gevaarlike djihadis, Anis Amri, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42203\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Politieke storm rondom Merkel soos wat inligting oor Berlynse djihadis uitlek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42204,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5761,23593,6279,5227,7829,18389],"class_list":["post-42203","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-angela-merkel","tag-anis-amri","tag-berlyn","tag-duitsland","tag-terreur","tag-vragmotor"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42203","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42203"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42203\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42204"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42203"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42203"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42203"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}