{"id":42176,"date":"2016-12-21T00:56:56","date_gmt":"2016-12-20T22:56:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42176"},"modified":"2016-12-21T00:56:56","modified_gmt":"2016-12-20T22:56:56","slug":"is-hy-n-regte-moslem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42176","title":{"rendered":"Is hy &#8216;n regte Moslem?"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_42177\" aria-describedby=\"caption-attachment-42177\" style=\"width: 229px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-42177\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Mert-229x300.jpg\" alt=\"\" width=\"229\" height=\"300\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-42177\" class=\"wp-caption-text\">Oeps! Verkeerde hand.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Oor die hele w\u00eareld het mense geskok en met afsku gereageer toe die Russiese ambassadeur in Turkye, Andrei Karlof op 19 Desember plotseling in die rug geskiet was deur die 22-jarige jihadistryder Mevl\u00fct Mert Altintas. Sonder \u2018n skyn van kans het die ambassadeur \u2013 wat besig was om in \u2018n kunsgalery \u2018n toespraak te lewer \u2013 inmekaargesak soos wat die koe\u00ebls vanagter deur sy borskas gebars het.<\/p>\n<p>Gewapenderhand en onder luide paniek het die skutter homself as Islamis voorgehou met sy uitinge van \u201cAllahoe Akbar!\u201d, oftewel \u201cGod is groot\u201d. Daarmee het hy ook opmerklik sy wysvinger in die lug gesteek om sy oortuiging nog sterker by die publiek oor te bring. Die hoofstroommedia het ongesensureer hierdie beeld aan miljoene kykers aan die w\u00eareld gebring om hierdie gruwel nog verder op ons netvlies te brand.<\/p>\n<p>En dis hier waar ek in my nai\u00ebwe onskuld onraad begin ruik het.<\/p>\n<p>Dit is bekend dat Islamiste hul wysvinger in die lug steek om hulself dusdanig te identifiseer (Let wel, die begrip \u201cIslamis\u201d verwys uitsluitend na radikale en militante Moslems). Hierdie handgebaar staan bekend as die Sjahada, en beteken dat daar geen ander god as Allah is nie. Die gebruik van hierdie teken het veral begin toeneem met die opkoms van die Islamiste van die laaste paar jaar.<\/p>\n<p>Hierdie gebaar word altyd met de regterhand gemaak. Die jong Turkse Islamis het egter met sy linkerhand hierdie gebaar gemaak, en dit is \u2018n growwe belediging.<\/p>\n<p>Aangesien die linkerhand in die Islamitiese tradisie gebruik word om hul sitvlak af te vee, is enige vorm van verwysing met hierdie hand \u2018n belediging. Selfs om na iemand te waai met die linkerhand word onder Moslems as onwelgevallig beskou, laat staan nog die verwysing na die allerhoogste.<\/p>\n<figure id=\"attachment_42179\" aria-describedby=\"caption-attachment-42179\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-42179\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Obama-1-300x201.png\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"201\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Obama-1-300x201.png 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Obama-1-148x99.png 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Obama-1-31x21.png 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Obama-1-38x25.png 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Obama-1-321x215.png 321w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Obama-1.png 459w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-42179\" class=\"wp-caption-text\">Ten minste doen Obama dit reg.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Vandaar onstaan by my die vermoede dat hierdie pistoolswaaiende knaap geen ware gelowige is nie, maar iemand is wat ingesit is om \u2018n streep te trek deur die verhoudinge tussen Rusland en Turkye, wat \u2018n bietjie te vriendlik begin word het. Laat ons nie vergeet nie dat Turkye nog steeds \u2018n formidabele NAVO-lid is en op Amerika na oor die grootste weermag in daardie Noord-Atlantiese blok beskik. Deur \u2018n gespanne situasie te skep tussen Turkye en Rusland kan \u2018n poging wees om hierdie verlore skaap weer terug in die NAVO kamp te lok teen Rusland.<\/p>\n<p>Amerika se rol in die Midde-Ooste word steeds minder duidelik. Aan die een kant wil hulle van die Siriese leier Basjar al-Assad ontslae raak, maar tegelykertyd meen hulle teen die Islamitiese Staat te baklei. Turkye, Jordani\u00eb en die Golfstate het belang daarby om Siri\u00eb te breek, aangesien Siri\u00eb, Iran en die Hezbollah in Libanon \u2018n Sjihitiese as vorm,\u00a0 wat die aartsvyande van die Soennimoslems is, waar die eersgenoemde lande \u2013 en ISIL \u2013 ook aan behoort. Toegegee, Siri\u00eb is \u2018n ingewikkelde kwessie, met \u2018n meerderheid Soennimoslems, maar Assad is as Alawiet (sy stamverwantskap) ook geneig na die Sjihitiese oortuiging selfs al is hy sekul\u00ear en tolerant teenoor minderhede.<\/p>\n<p>Die radikale ISIL kon egter die hele tyd op Amerikaanse steun reken, totdat hulle in 2014 hul mandaat oortree het en in Mosul in Noord-Irak begin optree het, wat Amerikaanse oliebelange aldaar in gevaar gebring het.<\/p>\n<p>As gevolg van Amerika se onduidelike en onbetroubare rol \u2013 laat staan nog die seer wonde van die mislukte G\u00fclen staatsgreep van enkele maande gelede \u2013 vind Turkye \u2018n beter bondgenoot in Rusland as in hul eie NAVO lede. Hulle voel dat Amerika hulle bedrieg het, en ISIL weet ook nie meer of hulle op daardie land kan vertrou nie. Een oomblik ontvang hulle wapens en finansi\u00eble steun van die VS en die Golfstate, en die ander oomblik word hulle aan hul lot oorgelaat en word slagoffer van die Siriese teenoffensief. Die \u201cgematigde rebelle\u201d het egter ook radikale oortuigings, maar hulle is nie dieselfde as ISIL nie. Die laasgenoemde is baie beter georganiseer en het veel groter ambisies, terwyl die sogenaamde gematigdes \u2013 wat eintlik ewe bloeddorstig is \u2013 slegs op plaaslike vlak vrede vir hulself wil bewerkstellig.<\/p>\n<p>Die situasie raak steeds meer Orwelliaans, met geen duidelike vriend of vyand nie. Rusland moet oppas om nie in dieselfde verwarring betrokke te raak nie.<\/p>\n<p>Hulle moet wel bedagsaam wees dat sulke taktieke van bruikbare idiote om belangrike diplomate te vermoor meestal vanuit \u2018n skadunetwerk georganiseer word, soortgelyk aan die Serwiese student Gavrilo Princip wat \u2018n lid van die Swart Hand was. Soos ons weet het hierdie netwerk genoeg mag gehad om die hele Europa in \u2018n bloedbad te omskep in 1914.<\/p>\n<p>Net soos wat Rusland gehelp het om van Siri\u00eb se chemiese wapens op diplomatieke wyse ontslae te raak \u2013 tot die groot verdriet van die VS \u2013 kom ons hoop dat Poetin en Sergei Lawrof weer hul kaarte reg sal speel met hierdie nuutste poging om Rusland in \u2018n oorlog te lok.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor die hele w\u00eareld het mense geskok en met afsku gereageer toe die Russiese ambassadeur in Turkye, Andrei Karlof op 19 Desember plotseling in die rug geskiet was deur die 22-jarige jihadistryder Mevl\u00fct Mert Altintas. Sonder \u2018n skyn van kans het die ambassadeur \u2013 wat besig was om in \u2018n kunsgalery \u2018n toespraak te lewer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[23589,23590,5878,23591],"class_list":["post-42176","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-andrei-karlof","tag-mert-altintas","tag-navo","tag-sjahada"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42176","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42176"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42176\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42176"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42176"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42176"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}