{"id":42156,"date":"2016-12-20T08:34:06","date_gmt":"2016-12-20T06:34:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42156"},"modified":"2016-12-20T08:34:06","modified_gmt":"2016-12-20T06:34:06","slug":"vragmotor-ploeg-in-skare-by-duitse-kersfeesmark-en-dood-12","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42156","title":{"rendered":"Vragmotor ploeg in skare by Duitse Kersfeesmark en dood 12"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Vragmotor het in mense by &#8216;n Kersfeesmark in die weste van Berlyn ingeploeg en verskeie mense gedood en beseer, het die plaaslike media berig.<\/p>\n<p>&#8220;Die polisie bevestig dat &#8216;n vragmotor by &#8216;n Kersfeesmark in Breitscheidplatz in Berlyn-Charlottenburg ingeploeg het,&#8221; volgens &#8216;n plaaslike koerant die Berlynse Morgenpost. Minstens twaalf mense is dood en 48 is beseer, sommiges ernstig.<\/p>\n<p>Duitse media het met verwysing na plaaslike sekuriteitsbronne, ges\u00ea &#8216;n verdagte uit Afghanistan of Pakistan is in hegtenis geneem. Hy het Duitsland in Februarie as &#8216;n vlugteling binnegekom dansy Angela Merkel se oopgrens-beleid.<\/p>\n<p>Berlyn se polisie het op Twitter ges\u00ea hulle ondersoek toon dat die vragmotor gesteel is van &#8216;n konstruksieterrein in Pole.<\/p>\n<p>Mense was besig om gl\u00fchwein en wors te geniet aan die voet van die Kaiser Wilhelm gedenkdienskerk in die hart van die voormalige Wes-Berlyn, toe die voertuig op die sypaadjie geswenk het en mense teen &#8216;n ho\u00eb spoed afgemaai het, het ooggetuies aan CNN ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle het ges\u00ea die vragmotor het die mark van Budapester Strasse genader, aan die noordekant, voordat dit in die stalletjies en mense ingejaag het.<\/p>\n<p>Duitsland se minister van binnelandse sake Thomas de Maiziere het ges\u00ea dit &#8220;lyk&#8221; soos &#8216;n terroriste-aanval, maar probeer om die gevolgtrekking te vermy, en bygevoeg dat die omstandighede van die ongeluk nog nie duidelik is nie: &#8220;Ek wil nie die woord &#8216;aanslag&#8217; gebruik nie.&#8221; Maar Berlyn se polisie s\u00ea hul ondersoek werk met die aanname dat die vragmotor doelbewus in die Kersmark ingejaag het.<\/p>\n<p>Die polisie het op Twitter ges\u00ea hulle het een verdagte in hegtenis geneem en dat &#8216;n ander passasier in die vragmotor dood aangetref is. Hulle het bevestig dat die man wat dood aangetref is in die vragmotor, ge\u00efdentifiseer is as &#8216;n Poolse burger, maar dit was nie die persoon wat dit in die mark ingery het nie. Die vragmotor was gekaap en die Pool is vermoedelik vermoor deur die aanvaller.<\/p>\n<p>Hoofstroomnuusbronne, insluitend The Telegraph, het probeer om verwarring te saai oor die godsdienstige en etniese identiteit van die moordenaar, deur aan te voer dat hy &#8220;Pools&#8221; kon gewees het.<\/p>\n<p>Die voorval is soortgelyk aan &#8216;n aanval in Nice in Julie vanjaar waar 86 mense gedood is deur &#8216;n vragmotor wat bestuur is deur &#8216;n ISIS-terroris en wat ook doelbewus mense omgery het. Maandagaand het die Duitse polisie plaaslike inwoners gewaarsku om binnenshuis te bly.<\/p>\n<p>Die nuwe Amerikaanse president Donald Trump het die aanval veroordeel en dit gekoppel aan &#8220;Islamitiese terroriste&#8221;. Duitse intelligensie het &#8216;n paar aanduidings van &#8216;n dreigende aanval op &#8216;n mark ontvang voor die gebeurtenis, volgens Die Welt koerant.<\/p>\n<p>Kanselier Angela Merkel het haar ongewild oopgrens beleid nogtans verdedig in die afgelope maande, n\u00e1 haar party verliese in plaaslike verkiesings gely het.<\/p>\n<p>ook Maandag, het Switserse Blick tydskrif berig dat drie mense beseer is tydens &#8216;n skietery by &#8216;n Islamitiese sentrum in Zurich. Die gebied rondom die skietery is afgesper deur die polisie nadat skote in &#8216;n Moslem-sentrum in die Milit\u00e4rstrasse\/Eisgasse gehoor is.<\/p>\n<p>Een van die skuldiges is op vrye voet, volgens die Switserse owerhede.<\/p>\n<p>Beide gebeure het plaasgevind net oomblikke nadat die Russiese ambassadeur in Turkye by &#8216;n foto-tentoonstelling doodgeskiet is deur &#8216;n sluipmoordenaar wat geskree het &#8220;Allahu Akbar&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Vragmotor het in mense by &#8216;n Kersfeesmark in die weste van Berlyn ingeploeg en verskeie mense gedood en beseer, het die plaaslike media berig. &#8220;Die polisie bevestig dat &#8216;n vragmotor by &#8216;n Kersfeesmark in Breitscheidplatz in Berlyn-Charlottenburg ingeploeg het,&#8221; volgens &#8216;n plaaslike koerant die Berlynse Morgenpost. Minstens twaalf mense is dood en 48 is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42156\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vragmotor ploeg in skare by Duitse Kersfeesmark en dood 12&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42157,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[6279,5227,23585,19361,23584,7829],"class_list":["post-42156","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized","tag-berlyn","tag-duitsland","tag-kerfeesmark","tag-merkel","tag-oopgrens-beleid","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42156","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42156"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42156\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42157"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42156"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42156"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42156"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}