{"id":42102,"date":"2016-12-14T11:28:25","date_gmt":"2016-12-14T09:28:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42102"},"modified":"2016-12-14T11:28:25","modified_gmt":"2016-12-14T09:28:25","slug":"amerika-verwag-rentekoersverhoging-vandag-met-dow-naby-20-000-ondanksdanksy-trump","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42102","title":{"rendered":"Amerika verwag rentekoersverhoging vandag met Dow naby 20 000 ondanks\/danksy Trump"},"content":{"rendered":"<p>Nie net het die w\u00eareld se links-liberale hoofstroommedia voorspel dat Donald Trump loshande die Amerikaanse presidentsverkiesing sou verloor nie, maar ook dat daar &#8216;n finansi\u00eble ineenstorting sou plaasvind indien so &#8216;n hoogs onwaarskynlike gebeurtenis ooit sou plaasvind. Wel, die onwaarskynlike \u2014 volgens hulle \u2014 het toe op 8 November plaasgevind. Erger: pleks van &#8216;n ineenstorting op Amerikaanse finansi\u00eble markte, het die beurse tot gister vir 17 dae agtereenvolgens nuwe rekords opgestel en\u00a0 het die Dow Jones-indeks van die grootste 30 nywerheidsaandele gisteraand &#8216;n nuwe rekord net onder die towervlak van 20 000 behaal.<\/p>\n<figure id=\"attachment_18387\" aria-describedby=\"caption-attachment-18387\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/yellen.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-18387 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/yellen-300x187.jpg\" width=\"300\" height=\"187\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/yellen-300x187.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/yellen.jpg 460w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18387\" class=\"wp-caption-text\">Janet Yellen<\/figcaption><\/figure>\n<p>Van gister af vergader die Amerikaanse Federale Reserwebank se FOMC (Federal Open Market Committee) onder voorsitterskap van mev. Janet Yellen egter. Na alle verwagting gaan die FOMC vandag aankondig dat Amerikaanse rentekoerse van hul huidige vlak van 0,5% tot 0,75% verhoog word. Dit verwys na die vlak van lenings tussen banke oftewel die sogenaamde &#8220;Fed Funds&#8221;-koers, wat weer die ander koerse soos die primakoers bepaal. Dit klink nie na veel nie, maar aangesien sommige ontwikkelde lande soos Switserland en Swede tans met negatiewe rentekoerse en deflasie worstel, asook 0% in die eurogebied, kan dit die Amerikaanse dollar &#8216;n verdere hupstoot gee.<\/p>\n<p>Die aandelemarkte in die VSA kan selfs verdere rekordhoogtepunte bereik aangesien die markte reeds die rentekoersverhoging verdiskonteer het en daar uitgesien word na verdere ekonomiese groei in die VSA.<\/p>\n<h3>Uitwerking op Suid-Afrika<\/h3>\n<p>Oor die algemeen is &#8216;n styging in Amerikaanse rentekoerse en &#8216;n sterk dollar nie goed vir Suid-Afrika nie. Die rand mag dalk van hier af aan teen die dollar verswak wat ingevoerde goedere waarvan die pryse meesal in dollar bepaal word \u2014 soos ru-olie \u2014 duurder sal maak. Dit mag ook &#8216;n negatiewe uitwerking op plaaslike kapitaalmarkte h\u00ea soos wat internasionale beleggers hul fondse eerder in die VSA bel\u00ea en uit Suid-Afrika onttrek. &#8216;n Groot aantrekkingskrag tot dusver vir buitelandse beleggers was die relatief ho\u00eb opbrengste wat Suid-Afrikaanse staatseffekte betaal, teenoor hul Amerikaanse en Europese eweknie\u00eb.<\/p>\n<p>Die sterker dollar sal Suid-Afrika tref op dieselfde tydstip as wat die land reeds sukkel met &#8216;n dreigende verlaging van sy skuldgradering deur Moody en Standard &amp; Poor. Dit kan die land verder in &#8216;n toestand van &#8220;stagflasie&#8221; laat, met min vraag in die ekonomie, maar stygende pryse weens &#8216;n swak geldeenheid.<\/p>\n<p>Ontleders sal egter mev. Yellen se perskonferensie na afloop van die vergadering fyn dophou vir enige wenke oor die verdere verloop van Amerika se siklus van rentekoersverhogings wat hiermee aanbreek. Afhangend van haar kommentaar, kan beurse verder styg of skielik afwaarts korrigeer, en kan die dollar sy lopie teen die euro, Britse pond, jen en ander geldeenhede voortsit, aldan nie.<\/p>\n<p>Tot dusver het mnr. Donald Trump se verkiesing &#8216;n positiewe uitwerking op die markte gehad, in weerwil van al die swartgallige praatjies deur die media. Sommige s\u00ea dat die markte styg, danksy Trump want hy het immers meer poste en die beskerming van Amerika se handelsbelange belowe. Mev. Yellen is egter &#8216;n vyand van mnr. Trump en &#8216;n Clinton-ondersteuner en mag dalk haar mag by die Federale Reserwe begin gebruik om sy kaarte deurmekaar te krap.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nie net het die w\u00eareld se links-liberale hoofstroommedia voorspel dat Donald Trump loshande die Amerikaanse presidentsverkiesing sou verloor nie, maar ook dat daar &#8216;n finansi\u00eble ineenstorting sou plaasvind indien so &#8216;n hoogs onwaarskynlike gebeurtenis ooit sou plaasvind. Wel, die onwaarskynlike \u2014 volgens hulle \u2014 het toe op 8 November plaasgevind. Erger: pleks van &#8216;n ineenstorting [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":42103,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[6413,12998,13396,15472],"class_list":["post-42102","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-amerika","tag-donald-trump","tag-janet-yellen","tag-rentekoersverhoging"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42102","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42102"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42102\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42103"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42102"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42102"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42102"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}