{"id":42100,"date":"2016-12-14T08:57:47","date_gmt":"2016-12-14T06:57:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42100"},"modified":"2016-12-14T08:57:47","modified_gmt":"2016-12-14T06:57:47","slug":"gustav-venter-laat-ons-net-nie-hopeloos-wees-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42100","title":{"rendered":"Gustav Venter: Laat ons net nie hopeloos wees nie"},"content":{"rendered":"<p>Daar is \u0149 nuwe Grootman in Twitterani\u00eb, sy naam is Donald Trump, en ons mense wil iets van hom h\u00ea. \u201cMeneer Trump,\u201d soos \u0149 verteenwoordigende twiet dit uitdruk, \u201cwat gaan u oor die blanke uitwissing in Suid-Afrika doen?\u201d<\/p>\n<p>Ek wil my nou nie aanmatig om namens die verkose president van die VSA te praat nie, maar ek kan met groot sekerheid s\u00ea wat hy daaromtrent gaan doen: Nie veel nie. Sy eerste, allesoorheersende prioriteit is om Amerika te beveilig en reg te ruk. Dis \u0149 groot land met baie wat reggeruk moet word en ons wens hom sterkte toe daarmee. Suid-Afrika is \u0149 dowwe inskrywing baie laag op daardie prioriteitslys.<\/p>\n<p>Selfs al sou hy aangegryp wees deur die pleidooie uit Suid-Afrika, wat staan hom te doen? Gaan hy die ANC-regering skerp betig? En dan wat? Gaan hulle lipbewend om verskoning vra? En dan wat? Gaan die rampokkers en monsters in hierdie land tot inkeer kom en ophou plase aanval? As jy dit glo, stuur asseblief vir Haas Das en Loeloeraai groete as jy hulle weer sien. Dit sal binnekort wees.<\/p>\n<p>So, indien nie die hoofman van Trump Tower nie, wie moet omsien dat daar minder blankes vermoor word? Wel, die enigste mense wat iets daaromtrent k\u00e1n doen: ek en jy. Hoe?<\/p>\n<p>Kom ons begin by die mees element\u00eare, primitiefste, mees voor-die-hand-liggende stap: Selfbeskerming. Kry vir jou \u0149 persoonlike vuurwapen, oefen om dit te gebruik en dra dit aan jou. Meneer, as jy nie ten minste \u0149 9-millimeter pistool of \u0149 .357 Magnum-rewolwer pal in jou onmiddellike omgewing het nie, is jou vrou met \u0149 dwaas getroud.<\/p>\n<p>Ek dra \u0149 knoorse pistool aan my. Soms kom mense dit agter en is snedig daaroor. Nou maar goed dan. Ek kan snedigheid verwerk; sal dit nie kan doen as my lamsakkigheid of fyngevoeligheid enige skade aan my vrou veroorsaak het nie.<\/p>\n<p>As jy en ek en dan almal van ons bewapen is, kan ons stelselmatig werk aan \u0149 vuurwapenkultuur. Ons moet begin om die wapenloses onder ons in die openbaar te betig. Wys hulle en verguis hulle. Glo my, as die rampokkers van hierdie land eers verstaan dat \u0149 aanslag op \u0149 blanke persoon \u0149 kortpad na \u0149 ontmoeting met \u0149 koe\u00ebl is, sal hulle nie meer so entoesiasties oor hulle afgryslike bedryf wees nie.<\/p>\n<p>Dit help ook nie dat net die man van die huis \u0149 yster het nie. \u0149 Vuurwapen vir vroutjie is belangriker as \u0149 skottelgoedwasser. Te duur? \u0149 Skaflike pistool is goedkoper as die gemiddelde televisiestel \u2014 en minder skadelik. Kry vir jou vrou \u0149 kortroer en leer haar om te skiet. Sy sal jou hoogag daarvoor. (Vrouens leer boonop vinniger om te skiet as mans.)<\/p>\n<p>Jou verantwoordelikheid eindig nie daar nie. Daar is buurtwagte om by aan te sluit, plaaspatrollies om te ry, netwerke om op te rig, sosiale mediaveldtogte om te bedryf, verhore van aangekeerde aanvallers om by te betoog, selfoonnoodknoppies om te aktiveer, huisbeveiligingsplanne om uit te werk&#8230;<\/p>\n<p>Jy het nie die reg om te tjank vir internasionale ingryping as jy nie hierdie dinge doen nie. Hoekom moet iemand anders vir jou verrig wat jy self kan vermag maar weier om te doen?<\/p>\n<p>Ek verfoei die geneul van Afrikaners op internasionale forums. Ek gee jou my woord, hulle sal eerder bereid wees om te help as hulle sien ons is bereid om self ons probleme op te los.<\/p>\n<p>Al die haat van Jacob, Julius, hulle geesgenote en al die naywer en aggressie van die plaasaanvallerskorps laat my nie vir \u0149 sekonde twyfel aan die toekoms van ons volk nie. Wat my egter onrustig stem, is wanneer ons mense lamsakkig word.<\/p>\n<p>Hulpeloosheid is nie ons krisis nie. Hopeloosheid is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is \u0149 nuwe Grootman in Twitterani\u00eb, sy naam is Donald Trump, en ons mense wil iets van hom h\u00ea. \u201cMeneer Trump,\u201d soos \u0149 verteenwoordigende twiet dit uitdruk, \u201cwat gaan u oor die blanke uitwissing in Suid-Afrika doen?\u201d Ek wil my nou nie aanmatig om namens die verkose president van die VSA te praat nie, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":40764,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46,10],"tags":[23572,12998,5412,1665,23571,23573,6336,23570,5132],"class_list":["post-42100","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter","category-rubrieke","tag-9-millimeter","tag-donald-trump","tag-gevaar","tag-geweld","tag-hopeloosheid","tag-pistool","tag-plaasmoorde","tag-wapenloses","tag-wapens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42100","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42100"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42100\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40764"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42100"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42100"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42100"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}