{"id":42084,"date":"2016-12-12T08:31:50","date_gmt":"2016-12-12T06:31:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42084"},"modified":"2016-12-12T08:31:50","modified_gmt":"2016-12-12T06:31:50","slug":"dak-van-kerk-stort-ineen-in-nigerie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42084","title":{"rendered":"Dak van kerk stort ineen in Nigeri\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Die dak van &#8216;n volgepakte kerk in die suide van Nigeri\u00eb het Saterdag in duie gestort. <\/p>\n<p>Minstens 60 mense is dood, het ooggetuies en amptenare aan AP ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die \u201cReigners Bible Church International\u201d in Uyo, die hoofstad van die Akwa Ibom-staat, was nog onder konstruksie en werkers het gejaag om dit betyds klaar te maak vir Saterdag se seremonie om die kerk se stigter, Akan Weeks, as biskop in te huldig, het lede van die gemeente ges\u00ea.<\/p>\n<p>Honderde mense, onder wie die goewerneur\u00ad van die staat, Udom Emmanuel,\u00ad was in die kerk toe die metaal\u00addwarsbalke op die aanbidders neergestort en die sinkplaatdak ingeval het. Emmanuel en Weeks, wat predik dat God sy aanhangers\u00ad ryk sal maak, het ongedeerd ontsnap.<\/p>\n<p>Die oorskot van 60 slagoffers is reeds uit die puin gehaal, maar die dodetal kan styg namate &#8216;n hyskraan meer rommel verwyder.<\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die goewerneur, Ekerete Udoh, s\u00ea &#8216;n ondersoek is gelas om vas te stel of met die boustandaarde laat slapl\u00ea is. Geboue stort gereeld in Nigeri\u00eb ineen as gevolg van endemiese korrupsie asook kontrakteurs wat onderstandaard-\u00adboumateriaal gebruik en inspekteurs omkoop om swak werk of &#8216;n afwesigheid van boupermitte te ignoreer.<\/p>\n<p>In 2014 is 116 mense dood toe &#8216;n multiverdieping-\u00adgastehuis van &#8216;n kerk in Lagos, Nigeri\u00eb se kommersi\u00eble hoofstad, ineengestort het. Die meeste slagoffers was Suid-Afrikaanse volgelinge van die kerk se invloedryke stigter, T.B. Joshua.<\/p>\n<p>Twee strukturele ingenieurs, Joshua en trustees van die kerk is van strafregtelike nalatigheid en onopsetlike manslag aangekla nadat bevind is dat strukturele probleme, wat deur die ontwerp en foute met die bouproses meegebring is, daartoe gelei het dat die gebou ineengestort het.<\/p>\n<p>Lagos se staatsaanklaers se pogings om hulle voor die hof te bring, het telkens misluk vanwe\u00eb vele regsuitdagings wat die verhoor steeds vertraag. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dak van &#8216;n volgepakte kerk in die suide van Nigeri\u00eb het Saterdag in duie gestort. Minstens 60 mense is dood, het ooggetuies en amptenare aan AP ges\u00ea. Die \u201cReigners Bible Church International\u201d in Uyo, die hoofstad van die Akwa Ibom-staat, was nog onder konstruksie en werkers het gejaag om dit betyds klaar te maak &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42084\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dak van kerk stort ineen in Nigeri\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42085,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[23566,12740,9398,9397,8514],"class_list":["post-42084","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-boukonstruksie","tag-kerk","tag-lagos","tag-nigerie","tag-ramp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42084","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42084"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42084\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42085"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42084"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42084"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42084"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}