{"id":42079,"date":"2016-12-12T08:03:28","date_gmt":"2016-12-12T06:03:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42079"},"modified":"2016-12-12T08:32:59","modified_gmt":"2016-12-12T06:32:59","slug":"twee-bomontploffings-ruk-istanboel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42079","title":{"rendered":"Twee bomontploffings ruk Istanboel"},"content":{"rendered":"<p>Die dodetal n\u00e1 twee bomontplof\u00adfings kort na mekaar naby die Istanboelse sokkerstadion het tot 38 gestyg, met 166 mense wat beseer is, het die Turkse minister van binnelandse sake, Suleyman Soylu, gister ges\u00ea.<\/p>\n<p>Onder die slagoffers was minstens 30 polisiebeamptes.<\/p>\n<p>Turkye het gister as nasionale roudag afgekondig n\u00e1 die aanvalle in die hart van Istanboel na aan die tuisveld van die sokkerspan Besiktas.<\/p>\n<p>Die aanval kom ure nadat WikiLeaks eposse uitgelek het van Erdogan se skoonseun Berat Albayrak se bande met ISIS se onwettige oliehandel.<\/p>\n<p>&#8216;n Motorbom het buite die Vodafone Arena-voetbalstadion op die oewers van die Bosporusrivier ontplof n\u00e1 &#8216;n wed\u00adstryd in die superliga-toernooi tussen Besiktas en Bursaspor. Minder as &#8216;n minuut later het &#8216;n selfmoordbomaanvaller in &#8216;n nabygele\u00eb park toegeslaan.<\/p>\n<p>Die owerhede het nie &#8216;n aanduiding gegee wie vir die bomaanvalle verantwoordelik is nie. Istanboel en ander stede het vanjaar &#8216;n reeks aanvalle beleef waarvoor die Islamitiese Staat(ISIS) en Koerdiese militante die skuld gegee word.<\/p>\n<p>Turkye se eerste minister, Binali Yildirim, het die opdrag gegee dat die landsvlag halfmas wapper en pres. Recep Tayyip Erdogan het &#8221;n beplande besoek aan Kazakstan afgestel, het die staatsnuusagentskap, Anadolu, berig.<\/p>\n<p>Volgens Soylu is tien verdagtes in hegtenis geneem. <\/p>\n<p>&#8216;n Forensiese span het die stadion reeds ge\u00efnspekteer om bewyse in te samel en munisipale voertuie was besig om die puin op te ruim. <\/p>\n<p>Erdogan het n\u00e1 die aanvalle in &#8216;n verklaring ges\u00ea \u201c&#8217;n daad van terrorisme het ons veiligheidsmagte en burgers by Besiktas vanaand geteiken\u201d. Hy s\u00ea die tydsberekening van die ontploffings was sodanig dat dit daarop gemik was om die maksimum lewensverlies te veroorsaak.<\/p>\n<p>Die polisie het die gebied rondom die stadion afgekordon wat naby die Dolmabahce-\u00adpaleis van die Ottomaanse era is waar die kantore van die eerste minister gehuisves word.<\/p>\n<p>Die toneel is ongeveer &#8216;n kilometer van die besige Taksim-plein, &#8216;n groot toeriste-\u00adtrekpleister.<\/p>\n<p>Die regering het kort n\u00e1 die aanval &#8216;n verbod op die uitsending van beeld\u00admateriaal van die aanval geplaas, iets wat deesdae telkens gebeur in die nadraai van geweldpleging in die land.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dodetal n\u00e1 twee bomontplof\u00adfings kort na mekaar naby die Istanboelse sokkerstadion het tot 38 gestyg, met 166 mense wat beseer is, het die Turkse minister van binnelandse sake, Suleyman Soylu, gister ges\u00ea. Onder die slagoffers was minstens 30 polisiebeamptes. Turkye het gister as nasionale roudag afgekondig n\u00e1 die aanvalle in die hart van Istanboel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=42079\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee bomontploffings ruk Istanboel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42080,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[21791,17039,7673,23565,23564,8793],"class_list":["post-42079","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-erdogan","tag-isis","tag-motorbom","tag-olie-handel","tag-oliehandel","tag-turkye"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42079","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42079"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42079\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42080"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42079"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42079"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42079"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}