{"id":42027,"date":"2016-12-06T09:07:59","date_gmt":"2016-12-06T07:07:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=42027"},"modified":"2016-12-06T09:10:16","modified_gmt":"2016-12-06T07:10:16","slug":"italiaanse-establishment-verloor-referendum-loshande-eerste-minister-bedank","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=42027","title":{"rendered":"Italiaanse establishment verloor referendum loshande: eerste minister bedank"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste minister van Itali\u00eb, mnr. Matteo Renzi, het Sondagaand laat tydens &#8216;n perskonferensie sy referendumneerlaag teen die &#8220;populiste&#8221; van Links en Regs aanvaar deur te s\u00ea: &#8220;Ek het verloor en ek s\u00ea dit hard en duidelik, selfs al is dit met &#8216;n knop in die keel.&#8221;<\/p>\n<p>Renzi se verpletterende neerlaag Sondag het hom gedwing om te bedank soos wat hy belowe het indien die Italiaanse kiesers sy plan sou verwerp om die magte van die Senaat, asook van streeksowerhede, te verminder.<\/p>\n<p>Terwyl al die stemme Sondagaand reeds getel was, was daar steeds oorsese stembriewe wat &#8216;n klein persentasie wysiging in die finale aantal stemme kon teweegbring, dog sonder om die uitslag te be\u00efnvloed. Met &#8216;n stempersentasie van 68,4 persent, het die &#8220;nee&#8221;-stem met &#8216;n aardskuddende 59,26 persent getriomfeer, terwyl die &#8220;ja&#8221;-stem ver agter was met 40,74 persent.<\/p>\n<p>&#8216;n Uitgangsopname deur die Piepoli-instituut vir die staatstelevisiekanaal RAI, het die aantal &#8220;ja&#8221;-stemmers op 42-46 persent geskat, vergeleke met 54-58 persent vir die &#8220;nee&#8221;. Twee ander meningsopnames deur Tecne&#8217; vir die privaat TV-kanaal Mediaset, en deur EMG Acqua vir La 7 het &#8216;n soortgelyke oorwinning van ten minste 10 persentasiepunte voorspel.<\/p>\n<div class=\"post-content\">\n<p>&#8220;M\u00f4re-middag sal ek &#8216;n kabinetsvergadering byeenroep &#8230; dan sal ek na die Quirinale toe gaan, waar ek my bedanking aan die president sal oorhandig,&#8221; het Renzi ges\u00ea. Die Quirinale is die huidige ampswoning van die president van die Italiaanse Republiek, Sergio Mattarella.<\/p>\n<p>Matteo Renzi se neerlaag het die Europese Unie &#8216;n gevoelige hou toegedien, &#8216;n unie wat reeds steier onder &#8216;n stortvloed migrante, terreuraanvalle, en die opkoms van anti-establishmentgroepe. Die uitkoms verteenwoordig &#8216;n klap in die gesig vir die oopgrens-, globalistiese establishment in Europa.<\/p>\n<p>Itali\u00eb word dus die volgende land n\u00e1 Brittanje om die politieke status quo te verwerp, terwyl Oostenryk Sondag net-net teen die nasionalistiese kandidaat Norbert H\u00f6fer gestem het. Beide verkiesings is stip dopgehou.<\/p>\n<p>Die opposisieleier Matteo Salvini, van die Noordelike Liga wat teen immigrasie gekant is, het ges\u00ea dat indien die uitgangsopnames bevestig word, die referendum die &#8220;oorwinning van die volk teen die sterk magte van driekwart van die w\u00eareld&#8221; sal wees.<\/p>\n<p>&#8220;Renzi gaan padgee en saam met hom sal die magtige drukgroepe ook oorwin wees,&#8221;\u00a0 het Renato Brunetta, die parlement\u00eare leier van die voormalige premier, Silvio Berlusconi se sentrumregse Forza Italia-party aan die Britse <em>Telegraph<\/em> ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die anti-immigrasieparty, die Noordelike Liga, wat &#8216;n bondgenoot van die Franse regse party die Front National is, het gevra vir &#8216;n vroe\u00eb algemene verkiesing in Itali\u00eb.<\/p>\n<p>Die eerste minister se bedanking sou wel vroe\u00eb verkiesings aanstaande jaar kon beteken en die moontlikheid die anti-europarty van Beppo Grillo se Vyfsterbeweging genoeg veld kan wen om &#8216;n opskudding te veroorsaak.<\/p>\n<p>Renzi het erken dat die stem &#8216;n &#8220;duidelike&#8221; verwerping van die voorgenome grondwethervorming in die eurosone se derde grootste ekonomie (naas Duitsland en Frankryk) was. &#8220;Die ervaring van my regering eindig hier,&#8221; het hy aan die media ges\u00ea.<\/p>\n<p>Europa se establishment vrees dat die oorwinning van die Italiaanse opposisie en die &#8220;nee&#8221;-groep hernieude chaos vir Itali\u00eb se banke kan veroorsaak, wat die eurosone in &#8216;n nuwe krisis kan dompel en daardeur die establishment se greep op die mag kan bedreig.<\/p>\n<p>Die land se banke beskik oor astronomiese skuldvlakke van ongeveer \u20ac280 miljard (R4,2 triljoen). Itali\u00eb se grootste bank, Monte dei Paschi, benodig &#8216;n kapitaalinspuiting van \u20ac5 miljard en nou, danksy die referendum, gaan sy leenkostes verder styg, wat dit baie duur gaan maak om die bank vir die derde keer te probeer red.<\/p>\n<p>Reuters het berig dat die Europese Sentrale Bank gereed staan om in te gryp indien nodig, maar markontleders het soortgelyke onstabiliteit n\u00e1 Brexit voorspel.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste minister van Itali\u00eb, mnr. Matteo Renzi, het Sondagaand laat tydens &#8216;n perskonferensie sy referendumneerlaag teen die &#8220;populiste&#8221; van Links en Regs aanvaar deur te s\u00ea: &#8220;Ek het verloor en ek s\u00ea dit hard en duidelik, selfs al is dit met &#8216;n knop in die keel.&#8221; Renzi se verpletterende neerlaag Sondag het hom gedwing [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":42032,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8538,7546,23551,7836],"class_list":["post-42027","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-europa","tag-italie","tag-matteo-renzi","tag-referendum"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42027","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42027"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42027\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/42032"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42027"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42027"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42027"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}