{"id":420,"date":"2007-05-09T10:56:01","date_gmt":"2007-05-09T10:56:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=420"},"modified":"2007-05-09T10:56:01","modified_gmt":"2007-05-09T10:56:01","slug":"da-ope-brief-aan-fred-nel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=420","title":{"rendered":"DA: Ope brief aan Fred Nel"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Laat my toe om aan te haal uit u reaksie met betrekking tot die &ldquo;laaste spyker in die Afrikaner se doodskis&rdquo;-sms deur u kollega: Pat Hill van die DA.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Dit is waar dat daar onverklaarbaar deur Afrikaners na &rsquo;n identiteit of leierskap gesoek word soos onlangs bewys is deur die Delarey debat. Hierdie soeke is egter nie &rsquo;n soeke na kulturele identiteit nie maar wel politieke identiteit. Vanuit die voorafgaande stellings is dit duidelik dat daar niks skort met Afrikaners op kulturele- en besigheidsvlak nie. Wat politieke identiteit betref sal die Afrikaner nooit weer &rsquo;n noemenswaardige invloed kan uitoefen indien hy probeer om &rsquo;n ekslusiewe politieke beweging te steun nie. Afrikaners is versprei oor die politieke spektrum en is ook in leierskapsposisies in alle groot politieke partye verteenwoordig. Dit blyk ook uit die feit dat &rsquo;n multikulturele party soos die DA meer Afrikaners verteenwoordig as enige ander party in Suid-Afrika.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek wil postuleer dat die rede hoekom u die soeke na leierskap en identiteit onder Afrikaners as &ldquo;onverklaarbaar&rdquo; beleef, juis die kern van die hele saak is. Te veel meningsvormers in die nasionale pers spreek daagliks hul opinies uit oor wat en wie die Afrikaners nou eintlik is en was, wat hulle veronderstel is om te wees en wat hulle behoort te dink en hoe om te handel, joernaliste wat soos u, die Afrikaners as etniese groep se bewussyn en gedagtegang ook &ldquo;onverklaarbaar&rdquo; vind. Laat my toe om aan u die onverklaarbare te verklaar.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">      <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die leierskapsgedeelte van u kwessie is heel eenvoudig: slegs &rsquo;n Afrikanerleier of leiers met &rsquo;n sterk Calvinistiese, Protestantse onderbou as geloofsbasis, sal aanvaar word as &rsquo;n Afrikanerleier of -leiers onder die meerderheid Afrikaners en ek nooi u uit om hierdie stelling van my in historiese konteks te gaan toets. Die identiteitsgedeelte van u kwessie is weereens &#8216;n historiese kwelpunt wat sy oorsprong in ons geskiedenis het met die draai van die vorige eeu net na die ABO. U kollega se SMS het betrekking want die vergelyking tussen wat hy openbaar gemaak het, en die taktiek van die Britse imperialistiese magte teen die Afrikanervolk in daardie tye, is onmiskenbaar eenders. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met betrekking tot u stelling dat daar niks skort met die Afrikaner se &ldquo;besigheidsvlak&rdquo; (soos u dit stel) nie, daag ek u uit om u politieke party se syfers openbaar te maak omtrent die werkloosheidsvlak onder Afrikaners in Suid Afrika vandag. &rsquo;n Vergelyking met die persentasie werkloosheid onder Afrikaners 15 jaar gelede sal vir u &rsquo;n duidelike aanduiding gee van hoe Afrikaners in die laaste 15 jaar verarm het. Eenvoudige veralgemenings en postulasies wat op u persoonlike persepsies gebaseer is, is eenvoudig nie meer bevredigend vir die gemiddelde deursnit-Afrikaner wat u as &rsquo;n kieser wil behou nie. Verder kan ek byvoeg dat die vernaamste redes hoekom derduisende Afrikaners hulle heenkome in die buiteland gaan soek, juis as gevolg van hierdie kwessie is, met die gepaardgaande heersende misdaadvlakke natuurlik. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar dit is als herkoude politieke speelkaarte. Ek weet u is bewus van die ware stand van sake en die ware situasie waarin die Afrikanervolk homself bevind, dus gaan ek ook nie meer verder doekies met u omdraai nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek wil aan u uitwys dat daar nie te gemaklik in u party omgegaan moet word met vleiende stellings soos dat die meerderheid Afrikaners vir julle gestem het in die vorige nasionale verkiesing nie. Die meerderheid Afrikaners het nie deelgeneem aan die verkiesings nie. Reken die effek van die openbare doodsdreigement van u Engelse kollega by die powere stukkie politieke breinbeheer van u kant af in, en die kopteller-demokrate sal &#8216;n nuwe som h&ecirc; om te maak. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">U sal agterkom dat ons as Afrikaners nie daarvan hou as politici vir ons voorskryf en dreig met woorde soos &ldquo;nooit&rdquo; en &ldquo;moet&rdquo; nie! Veral nie nadat &rsquo;n SMS die lig gesien het uit die Engelse kant van die DA wat lui: <em>&quot;This will be the final nail in the afrikaner&nbsp; coffin, we&rsquo;ll get (rid) of them after the confrce.Vote right!<\/em>&rdquo; (om sy presiese skrywe aan te haal) nie! <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">My Bybel s&ecirc;: &ldquo;Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit weer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die meerderheid Afrikaners is geduldige, vredeliewende, Godvresende mense (in kontras met die popul&ecirc;re propaganda), maar moet ons nie met gelaaide woorde voorskryf en s&ecirc; dat ons moet aanhou aanpas by veranderende omstandighede nie, en ons terselfdertyd met die dood dreig nie. Dit kan dalk net die eerste spyker in die DA se doodskis beteken. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit het dalk tyd geword vir die res van Suid Afrika om te begin aanpas by die veranderende Afrikanersentiment.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\">\u0438 \u0441\u0430\u0443\u043d\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/frednel.jpg\" width=\"99\" height=\"103\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Fred Nel<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Ek en my vrou het met &rsquo;n gevoel van ambivalensie in die vorige nasionale verkiesing in 2004 vir die eerste keer sedert 1994 gekies om deel te neem aan die demokratiese proses. Bloot weens die gebrek aan beter opsie, soos derduisende ander Afrikaners, het ons ons kruisies by die DA gaan trek. Nou is ons egter spyt en finaal ontnugter, enersyds danksy &#8216;n sekere SMS wat ons &rsquo;n blik op die ware binnewerke van die DA bied en andersyds u respons daarop. Ons moet sekerlik dankbaar wees dat u die rede vir ons huidige onsekerheid geopenbaar het.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[54],"tags":[21096,551,550],"class_list":["post-420","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c41-briewe","tag-s10-briewe","tag-da-ope-brief-aan-fred-nel","tag-mike-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/420","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=420"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/420\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=420"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=420"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=420"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}