{"id":41998,"date":"2016-12-04T07:06:49","date_gmt":"2016-12-04T05:06:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41998"},"modified":"2016-12-04T07:06:49","modified_gmt":"2016-12-04T05:06:49","slug":"fw-de-klerk-bring-hulde-aan-fidel-castro","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41998","title":{"rendered":"FW de Klerk bring hulde aan Fidel Castro"},"content":{"rendered":"<p>Oudpresident FW de Klerk het vandeesweek hulde aan die afgestorwe Kubaanse leier, Fidel Castro, gebring. \u201cFidel het oor \u2018n ongewone charisma beskik wat \u2018n groot uitwerking op sy land en op die w\u00eareldgeskiedenis gehad het. Ons in Suid-Afrika kan ook dankbaar wees dat hy in Angola ingegryp en gehelp het om \u2018n einde aan die Grensoorlog te maak.\u201d<\/p>\n<p>De Klerk het \u2018n huldigingsdiens aan Castro van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in Khayelitsha bygewoon en het persoonlik \u2018n ruiker voor \u2018n reusefoto van die Kubaanse revolusion\u00ear gel\u00ea. Die onderleier van die ANC, Cyril Ramaphosa, het tydens sy toespraak ter ere van Fidel Castro ges\u00ea:<\/p>\n<p>\u201cOns eer hom, want hy was vreesloos, hy was dapper, hy was beginselvas, hy was gedissiplineer. En as ons aan sy lewe dink, dan begin ons ons ook \u2018n ander ikoon verbeel wat ons in ons eie lewens gehad het, en dis Nelson Mandela.\u201d<\/p>\n<p>Die voorsitster van die ANC-vroueliga het tydens haar toespraak ges\u00ea: \u201cOns het gekom om vandag te s\u00ea: Dankie aan kameraad Fidel, die regte El Commandante. Ons het gekom om vandag dankie te s\u00ea aan die vrywilligers wat bygedra het om ons kamerade by Cuito Canavale te verdedig.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. De Klerk het agterna teenoor joernaliste om verskoning gevra dat Suid-Afrika ooit weerstand teen Kuba in Angola gebied het en het PW Botha daarvoor geblameer. \u201cDit was sinneloos van ons om \u2018n groot man, \u2018n w\u00eareldleier soos Fidel teen te gaan,\u201d het FW de Klerk ges\u00ea. \u201cDis jammer dat ons nie al die bevrydingsbewegings reeds in die sestigerjare toegelaat het om Suider-Afrika te regeer nie, net n\u00e1 die Kubaanse revolusie. Uiteindelik het die MPLA, SWAPO, ZANU PF en die ANC in elk geval getriomfeer. Maar ons moes rekening hou met die regses. Dit was die probleem.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. De Klerk het hom ook oor die presidentsverkiesing in Amerika uitgelaat en ges\u00ea: \u201cTrump moes nooit toegelaat gewees het om hom verkiesbaar te stel nie. Hy is \u2018n regse en \u2018n rassis. In ons land sou hy lankal agter tralies gewees het, met sy uitsprake. Dit is so jammer dat mev. Clinton nie gewen het nie.\u201d<\/p>\n<p>Volgens mnr. De Klerk het Fidel Castro hom vir gelykheid, versoening en nasiebou beywer, drie ideale wat hom en sy Stigting na aan die hart l\u00ea. \u201cOns het nog \u2018n pad om te stap om by \u2018n verenigde nasie uit te kom waarin almal soos in Kuba gelyk sal wees. \u2018n Revolusie is nodig, dis die les wat Fidel ons geleer het. Ek verootmoedig my voor sy groot gees.\u201d<\/p>\n<p>Ook mnr. Roelf Meyer, wat in die vroe\u00eb negentigerjare saam met Cyril Ramaphosa vir Suid-Afrika \u2018n nuwe grondwet onderhandel het, het hulde aan Fidel Castro gebring. \u201cEk kan nie meer met my vriend Cyril saamstem nie, het hy ges\u00ea. \u201cFidel was soos Mandela: \u2018n revolusion\u00ear wat nie geskroom het om geweld te gebruik nie, maar terselfdertyd vrede gemaak het as dit die geskikte strategie was. Ek is trots daarop dat die Nasionale Party Namibi\u00eb aan Fidel Castro en SWAPO kon oorhandig; dit was destyds die logiese ding om te doen.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oudpresident FW de Klerk het vandeesweek hulde aan die afgestorwe Kubaanse leier, Fidel Castro, gebring. \u201cFidel het oor \u2018n ongewone charisma beskik wat \u2018n groot uitwerking op sy land en op die w\u00eareldgeskiedenis gehad het. Ons in Suid-Afrika kan ook dankbaar wees dat hy in Angola ingegryp en gehelp het om \u2018n einde aan die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":12,"featured_media":41999,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,144],"tags":[10312,5631,7199,8058],"class_list":["post-41998","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-c154-skoppensboer","tag-fidel-castro","tag-fw-de-klerk","tag-grensoorlog","tag-roelf-meyer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41998","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/12"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41998"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41998\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41999"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41998"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41998"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41998"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}