{"id":41963,"date":"2016-12-01T11:26:46","date_gmt":"2016-12-01T09:26:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41963"},"modified":"2016-12-01T11:26:46","modified_gmt":"2016-12-01T09:26:46","slug":"johann-theron-die-saak-vir-zuma","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41963","title":{"rendered":"Johann Theron: Die saak vir Zuma"},"content":{"rendered":"<p>Hernieude Zuma-histerie word wyd en syd deur die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia verkondig. Die meestal onkundige lesers voel verontreg deur die groeiende lys van wandade wat hulle president straffeloos pleeg, maar word andersyds onthuts deur dieselfde president wat \u201cveg\u201d teen die oorweldigende aanklagte teen sy lydende persona.<\/p>\n<p>Dit is duidelik dat daar twee kante van die storie is en dat die \u201cstorie\u201d al so lank aanhou dat Suid-Afrika eintlik in die donker verkeer as gevolg daarvan. Hierdie donkerte kan verduidelik word deurdat die \u201cmedia\u201d bereid is om swakker ekonomiese graderings te aanvaar (wat hulself benadeel), net om van Zuma ontslae te raak.<\/p>\n<p>Die saak moet egter in \u2018n bre\u00ebr konteks beoordeel word. Met die demokratisering van Suid-Afrika het toentertydse president FW de Klerk aangedui dat \u2019n \u201cgeleentheidsvenster\u201d \u2019n vreedsame Suid-Afrika moontlik maak teenoor die alternatief van \u201cburgeroorlog\u201d. Hierdie geleentheidsvenster het van die buiteland gekom in die vorm van Amerika se \u201cNuwe W\u00eareldorde\u201d.<\/p>\n<p>N\u00e1 25 jaar word weer na \u2019n teenvoeter vir \u2018n dreigende burgeroorlog gesoek. Die neo-liberalistiese tegnieke wat aanvanklik gebruik is om (vreedsame) demokrasie te vestig, het intussen een kant van die (konflik) probleem geword. Hierdie toestand dra daartoe by dat Suid-Afrika weer deur donker wolke omgewe word\u00a0\u2014 met geen einde in sig nie.<\/p>\n<p>Daar is egter weer \u2019n geleentheidsvenster in die vorm van die Donald Trump-effek. Sy voorstel is die teendeel van die NWO, wat die nuwe geleentheid verduidelik. Maar die nadeel van Trump se benadering is dat hy Amerika belangriker ag as die res van die wereld. Met ander woorde, hy gaan Suid Afrika nie te hulp snel met beloftes soos wat Bush gedoen het nie.<\/p>\n<p>Dit laat mens amper voel asof die dak nou ingeval het en dat \u201coorlog\u201d nou ons voorland is.<\/p>\n<p>Die geleentheid is egter juis dat ons \u2014net soos Trump \u2014 Suid-Afrika voorop moet stel. Maar daar is \u2019n paar probleme daarmee ook. Die eerste is die \u201cburgeroorlog\u201d wat opgelos moet word. Die geskiedenis wys dat \u2019n nuwe vredesverdrag tussen alle partye moontlik onderhandel kan word.<\/p>\n<p>Daar is onlangs bevind deur Brand SA dat Suid-Afrika blykbaar nie \u2019n spesfieke waarde of identiteit het nie. Met ander woorde, ons kan nie soos Australi\u00eb iets bemark gegrond op die \u201cAustralian Way\u201d, of soos Amerika op die \u201cAmerican Way\u201d nie. Dit ondersteun die gedagte van \u2019n tweede vredesverdrag, omdat dit die pad (<em>way<\/em>) na die toekoms kan aandui.<\/p>\n<p>Ons toekomspad word ook baie sterk be\u00efnvloed deur globaliste soos George Soros (veral op die Suid-Afrikaanse middelklas). Suid-Afrika word redelik aanvaar deur ontwikkelde lande as mededingend en die middelklas is dus redelik Westers. Die volgende grafiek vra wie nou eintlik voordeel trek uit globalisme.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41964\" aria-describedby=\"caption-attachment-41964\" style=\"width: 571px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-41964\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt1.jpg\" alt=\"Duidelik is globalisme nie tot voordeel vir die gemiddelde Suid-Afrikaner nie.\" width=\"571\" height=\"423\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt1.jpg 571w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt1-300x222.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt1-148x110.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt1-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt1-38x28.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt1-290x215.jpg 290w\" sizes=\"auto, (max-width: 571px) 100vw, 571px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41964\" class=\"wp-caption-text\">Duidelik is globalisme nie tot voordeel van die gemiddelde Suid-Afrikaner nie.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Verder het die \u201cInternational Spectator\u201d onlangs die volgende oor Indi\u00eb weergegee:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cIndia &#8211; 7.6% GDP growth in 2016 &#8211; Middle class to grow 900% by 2040\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Dit word nou meer duidelik dat Suid-Afrika se middelklas werklik swakker word as di\u00e9 van mededingende lande. Verder kan afgelei word dat dit tot die middelklas se voordeel sou wees as fokus op BRICS sou verskerp, in plaas van op Europa en Amerika.<\/p>\n<p>Daar is egter \u2019n interessante kronkel in hierdie kat se stert. Onlangse opnames in lande om te bepaal of hulle van globalisme hou het die volgende grafiek opgelewer:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright wp-image-41965\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2.jpg\" alt=\"jt2\" width=\"600\" height=\"465\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2.jpg 1190w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2-300x232.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2-768x595.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2-1024x793.jpg 1024w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2-148x115.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/jt2-277x215.jpg 277w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Die afleiding hier is dat die lande (waar globaliste woonagtig is) besig is om hulself van globalisme te distansieer. Dit is oor die algemeen ontwikkelde lande, terwyl ontwikkelende lande saamstem met globaliste.<\/p>\n<p>Suid-Afrika sit met die teenstrydigheid dat samewerking met ontwikkelende lande aangemoedig word (soos Indi\u00eb), maar dat globalisme intern onwenslik is. Die antwoord hierop is dat aangesien globalisme gefaal het in sterk lande soos in Europa, dat dieselfde gaan gebeur in swakker lande (omdat globaliste dit juis uitbuit).<\/p>\n<p>Daarom sal Suid-Afrika eerder gesien word as \u2019n voorbok gedurende onderhandelinge met sulke lande, terwyl dit onderhandelinge met Amerika en Europa sal vergemaklik. Inderwaarheid \u2019n wen-wen-situasie.<\/p>\n<p>Die geleentheidsvenster vir Suid-Afrika is dus om van globaliste ontslae te raak en self die pad vorentoe te ontdek. Dit kan egter nie gedoen word deur die burgeroorlog aan te moedig nie, maar om dit te ontmoedig d.m.v. \u2019n vredesverdrag.<\/p>\n<p>Net soos gedurende die Trump-verkiesing, kan sosiale media doeltreffend gebruik word om Zuma te ondersteun.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hernieude Zuma-histerie word wyd en syd deur die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia verkondig. Die meestal onkundige lesers voel verontreg deur die groeiende lys van wandade wat hulle president straffeloos pleeg, maar word andersyds onthuts deur dieselfde president wat \u201cveg\u201d teen die oorweldigende aanklagte teen sy lydende persona. Dit is duidelik dat daar twee kante van die storie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":41966,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[67,10],"tags":[10577,14870,23538,17377,8026,6723,2242],"class_list":["post-41963","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c55-johann-theron","category-rubrieke","tag-brics","tag-globalisme","tag-globaliste","tag-hoofstroommedia","tag-indie","tag-jacob-zuma","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41963","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41963"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41963\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41966"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41963"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41963"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41963"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}