{"id":4195,"date":"2009-02-12T03:46:24","date_gmt":"2009-02-12T03:46:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4195"},"modified":"2009-02-12T03:46:24","modified_gmt":"2009-02-12T03:46:24","slug":"taliban-selfmoordbomplanters-val-afghaanse-hoofstad-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4195","title":{"rendered":"Taliban selfmoordbomplanters val Afghaanse hoofstad aan"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/taliban_in_kaboel.jpg\" width=\"240\" height=\"154\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Taliban-vegters gister in Kaboel<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Talibanmilitante het gister drie regeringsgeboue in die Afghaanse hoofstad met geweervuur en selfmoordbomme aangeval en ten minste 19 mense doodgemaak, terwyl hulle deur die stad terreur gesaai het. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&#39;n Verdedigingswoordvoerder het ges&ecirc; die weermag is ontplooi, terwyl ambulanse gehoor is wat mense na hospitale toe gejaag het en owerhede geskarrel het om een van die mees ambisieuse aanvalle nog op Kaboel af te weer. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&#39;n Talibanwoordvoerder, Zabihullah Mujahid, het ges&ecirc; 16 selfmoordaanvallers het die stad ingegaan om &#39;n vlaag aanvalle uit te voer. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&quot;Die inligting wat ons sover gekry het van hospitale dui daarop dat 54 mense gewond is en 19 martelare gemaak is (dood is) in die aanvalle op Kaboel vandag,&quot; het die verdedigingsministerie se woordvoerder Abdullah Fahim ges&ecirc;. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Afghaanse amptenare het ges&ecirc; ten minste 7 militante is ook dood nadat hulle amper gelyktydige aanvalle op die direktoraatsgebou van die tronke en ministeries van justisie en onderwys  geloods het. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die aanvalle het plaasgevind kort voor &#39;n besoek van Richard Holstein, president Obama se nuut aangestelde gesant aan Pakistan en Afghanistan. Die aanvalle toon die uitdagings wat Amerikaanse en NAVO-soldate in die gesig staar om die Talibaninsurgente te stuit wat so blatant is om aanvalle in die hartjie van die stad uit te voer. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Getuies wat die aanval op die ministerie van justisie gesien het, wat naby die presidensi&euml;le paleis is, het ges&ecirc; verskeie gewapende mans het by die gebou ingebars en op die veiligheidswagte begin skiet. Sommige van die mans het daarin geslaag om verskeie vloere op te gaan in die gebou en het sover as wat hulle gegaan het, geskiet. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Werknemers het hulleself toegesluit in kantore en ernstige skietgevegte het vir &#39;n paar ure lank voortgeduur terwyl veiligheidsmagte gesoek het na aanvallers wat verskuil was. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Vier selfmoordaanvallers is in die gebou doodgemaak, het die ministerie ges&ecirc;. Ten minste een het plofstof om sy lyf gedra, het &#39;n getuie ges&ecirc;. <\/p>\n<p align=\"justify\">&quot;Ek het verskeie van hulle in die ministerie sien inhardloop n&aacute; &#39;n skietgeveg moet die polisiewagte by die ingang, reg langs die kombuis,&quot; het &#39;n kok, Juma Khan, ges&ecirc;. &quot;Een van hulle is deur die veiligheidswagte doodgeskiet. Drie van my kollegas is martelare gemaak. Ek het hulle liggame gesien,&quot; het hy ges&ecirc;. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Terwyl die dramatiese aanval ontvou het, het twee selfmoordaanvallers die direktoraatsgebou vir tronke in die noorde van die stad getref. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&quot;Ek het eers skote gehoor,&quot; het Mia Agha, &#39;n inwoner van &#39;n nabye huis, ges&ecirc;. &quot;Ek het gesien hoe &#39;n man van 18 of 20 jaar oud agter &#39;n voertuig geskuil het terwyl die polisie op hom geskiet het. Hy het &#39;n pistool gehad en het teruggeskiet.&quot; <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&quot;Op een stadium het hy &#39;n draad uit sy mou getrek en toe was daar &#39;n ontploffing met vuur en dik rook. N&aacute; so &#39;n paar minute het nog &#39;n ontploffing by die ingang van die gebou plaasgevind.&quot;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Mnr. Agha het ges&ecirc; hy het baie lyke en gewonde mense gesien. Die ministerie van binnelandse sake&nbsp; se mediakantoor het ges&ecirc; vier of vyf burgerlikes, asook &#39;n polisieman is dood. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Nog &#39;n selfmoordaanvaller is doodgeskiet voor die gebou van die onderwysministerie, het &#39;n amptenaar van die ministerie van binnelandse sake ges&ecirc;. &quot;Sy plofstof het afgegaan, maar geen beserings veroorsaak nie.&quot;<\/p>\n<div align=\"justify\">\n<p>Die Talibanwoordvoerder Mujahid het ges&ecirc; sommige van die selfmoordaanvallers wat na die stad gestuur is, wag nog op bevele.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/39-trekovye-svetilniki\">\u0442\u0440\u0435\u043a\u043e\u0432\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438 \u0435\u043a\u0430\u0442\u0435\u0440\u0438\u043d\u0431\u0443\u0440\u0433<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Taliban-vegters gister in Kaboel Talibanmilitante het gister drie regeringsgeboue in die Afghaanse hoofstad met geweervuur en selfmoordbomme aangeval en ten minste 19 mense doodgemaak, terwyl hulle deur die stad terreur gesaai het. &#39;n Verdedigingswoordvoerder het ges&ecirc; die weermag is ontplooi, terwyl ambulanse gehoor is wat mense na hospitale toe gejaag het en owerhede geskarrel het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4195\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Taliban selfmoordbomplanters val Afghaanse hoofstad aan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,4066],"class_list":["post-4195","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-taliban-selfmoordbomplanters-val-afghan-hoofstad-aan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4195","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4195"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4195\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4195"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4195"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4195"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}