{"id":41790,"date":"2016-11-14T16:57:46","date_gmt":"2016-11-14T14:57:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41790"},"modified":"2016-11-14T16:58:23","modified_gmt":"2016-11-14T14:58:23","slug":"gustav-venter-trump-en-die-dood-van-n-dinosourus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41790","title":{"rendered":"Gustav Venter: Trump en die dood van \u0149 dinosourus"},"content":{"rendered":"<p>Donald Trump gaan \u0149 muur bou, en dit is \u0149 goeie ding, maar sy werklike nalatenskap gaan nie wees wat hy gebou het nie, maar wat hy gebreek het. Hy het die Republikeinse Party geknak, die Demokratiese Party uitgewis, die loopbane van Jeb Bush, Mario Rubio en Ted Cruz \u00f3f erg belemmer, \u00f3f be\u00ebindig, en die Clintons&#8230; wel, h\u00falle het hy sommer gekrok. Verreikender nog, meer ingrypend en skokkend, is die dinge wat ander mense gebreek het om hom aan bewind te kry: Die sogenaamde hoofstroommedia.<\/p>\n<p>Vir \u0149 anderhalfeeu het die media in die VSA \u2013 eers koerante, toe koerante en radio, toe koerante en radio en televisie \u2013 as\u2019t ware oor alles geheers wat hulle o\u00eb gesien het, veral op politieke gebied. Hulle het presidente geskep en presidente soos Nixon vernietig. Hulle het regeringsbeleid in s\u00f3 \u0149 mate bepaal dat die twee hoofpartye in Amerika, die Demokrate en die Republikeine, naderhand eintlik ononderskeibaar was.<\/p>\n<p>Die media het die inligtingstroom na die algemene bevolking ontwerp, geskep en gereguleer. H\u00falle het besluit wat die gewone Amerikaanse japie mag lees, hoor en sien. Die enigste inligting wat die bevolking bereik het, is verpak en aangebied deur die hoofstroommedia. Hulle het dit bloot onwaar gemaak dat elke storie twee kante het. In Amerika het elke storie naderhand net een kant gehad \u2013 en die media het besluit wat dit is.<\/p>\n<p>Met die aanbreek van die verkiesingskringloop verlede jaar was die media heel vervelig en amper verveeld seker van hulle vermo\u00eb om die presidentsaanwysing te dirigeer. Hulle het steeds die geld, die prestige, die reputasie, die maatskaplike gewig en die kanale gehad&#8230; soos altyd. Hulle sou as\u2019t ware van bowe neerdaal in ink en luggolf en pieksel en vir die begenadigde gepeupel die waarheid aanbied. En wat is die waarheid? Die waarheid is wat die media besluit ons mag weet.<\/p>\n<p>En toe loop die arrogante, selfaangeprese media hulle rieme styf. Ewe skielik, sien, het hulle nie meer al die versendingsroetes beheer nie. Die ontwikkeling van die persoonlike rekenaar het vir ons die internet gegee; meer in besonder wat al die Internet v.2 genoem is \u2013 sosiale media. Facebook, Youtube en veral Twitter. \u0149 Los, bestuursvrye federasie van privaatnuusversamelaars het \u0149 hele skadumediabedryf geskep. Internetbedrewe, skeppend, dinamies, nuuskierig, pittig&#8230; En aggressief.<\/p>\n<p>Die hoofstroommedia het hierdie kwetterkoor eers ge\u00efgnoreer, toe probeer wegpraat, toe ontken en uiteindelik vergeefs probeer meeding. Ek het \u0149 helder gedagtebeeld van \u0149 witkruisarend in die lug bo die plaas, waar hy geteister en soort van gebombardeer is deur \u0149 halfdosyn rooivlerkspreeus. Hoe die groot, manjifieke roofvo\u00ebl ook al gekrul en in vlug gewriemel en geswiep het, hy was magteloos teen die dartelende, duikende terggeeste, en uiteindelik het hy maar bedremmeld weggefladder. Dit is \u0149 prentjie van die oneweredige stryd tussen die hoofstroommedia en die \u201cnuwe media\u201d soos wat die Twitter-Facebook-Youtube-rampokkerbende gedoop is.<\/p>\n<p>Die hoofstroommedia met, aan die spits, die New York Times en Washington Post en Wall Street Journal en met ABC, NBC en CBS in die voorhoede, selfs met hulle eie Nuwe Media soos Politico en Huffington Post in hulle falankse, was net te lomp, te beperk, te beteuel, te voorspelbaar en het vinnig uitgesak teen Breitbart, \u0149 groterige, groeiende, konserwatiewe nuusdaarsteller, maar ook teen Paul Joseph Watson, Mike Cernovich, Paul Kersey, Stefan Molyneux en Ricky Vaughn, almal privaatenkelinge wat weet hoe werk \u0149 skootrekenaar, \u0149 videokamera en \u0149 selfoon.<\/p>\n<p>Hierdie mense het vanuit hulle studeerkamers die meganuuskorporasies voor hulle tuisskare geklop deur nuus vinniger en meer akkuraat te rapporteer. Kort Youtube-beriggies is blitsvinnig na enige gebeurtenis verfilm, geredigeer en versprei. Elke Trump-gebaar is toegejubel en elke Hillary-uitspraak uitgekryt. Video\u2019s, potgooie, twiets en Facebook-plasings is as\u2019t ware hand-tot-hand aangegee van selfoon na tablet na rekenaar na selfoon&#8230; Duisende, honderdeduisende, miljoene hertwiets, Facebook-aange\u00eb en Youtube-delings het mense in die kleinste skeurtjie of gleufie van die Amerikaanse samelewing bereik en \u0149 deurslaggewende aantal van hulle oorgeswaai na die kamp van die man met die oranje kuif.<\/p>\n<p>Die ou, afgestompte media het lomp reageer. Eers het hulle oudergewoonte net grepies van die waarheid vrygestel, toe die waarheid probeer ignoreer en uiteindelik het hulle prontuit gelieg. Nog nooit in die vrye Weste het die media so pens en pootjies in die bed gespring met \u0149 presidentskandidaat nie. Chris Cuomo van CNN \u2013 Clinton News Network soos die alt-regse media hulle gedoop het \u2013 het in \u0149 onbewaakte oomblik erken dat die media hulle dekselse uiterste bes vir Hillary doen. \u0149 Skrywer het sy verbystering in die New York Times uitgespreek dat hulle onbeskroomde kantkiesery nie hond haaraf maak nie.<\/p>\n<p>Want dit het nie. Die alt-regse \u201cnuwe media\u201d het die ou dinosourusmedia gereeld voorgespring met stories en, veel belangriker, hulle was merendeels reg wanneer die ou media eenvoudig verkeerd was. Die nuwe media het nuus blitsvinnig verwerk en in verteerbare klankgrepe en meme omskep. Toe Clinton helfte van Trump se volgelinge as in \u201c\u0149 mandjie van afstootlikes\u201d beskryf het, het die nuwe media gesorg dat sy dit onmiddellik, onophoudelik en eindeloos berou. Intussen het hulle vir Trump opgehemel in oordrewe, meestal komiese tuisgemaakte video\u2019s en foto\u2019s waarin hy gevier is as superheld of Koning Leonidas van Sparta.<\/p>\n<p>Die ou media het selfvoldaan en selfskouerkloppend die hand gestrek na hulle gunsteling- diagnostiese implement \u2013 meningspeilings \u2013 en reg voor die verkiesing nog voorspel dat Clinton \u201c\u0149 98% kans\u201d (in die Huffington Post se woorde) het om die verkiesing te wen.<\/p>\n<p>Ter plaatse het Naspers se koerante en selfs die parmantige Daily Maverick en omtrent al die ander koerante di\u00e9 versekerde sommetjie herhaal. Clinton sou wen en dit is dit. In Amerika het een tydskrif sover gegaan om 150,000 voorblaaie te druk wat Hillary aandui as \u201cMadam President,\u201d so seker was hulle dat sy sou wen.<\/p>\n<p>Sy het nie en die hoofstroommedia was verslae, verbyster, verpletter en verward. Dit kon nie gebeur het nie! Niemand kon dit sien kom nie! Strooi! Vir di\u00e9 wat die nuwe media, die alt-regse inligtingstroom, gevolg het, was Trump se oorwinning nie net nie \u0149 skok nie, maar heeltemal te verwagte.<\/p>\n<p>Hierdie afgelope week het die een koerant na die ander met die eienaardigste o\u00ebnskynlike kloekmoedigheid openbare bestekopname gedoen oor hoe hulle die tekens verkeerd gelees het. Natuurlik het Netwerk 24 se redakteurtjies dit nagepraat. Net die liberale media kan \u0149 prestasie uit \u0149 mislukking skep.<\/p>\n<p>Die nuwe media, die alt-regse vleuel, het hierdie oorlog gewen. Die hoofstroommedia se rug is geknak. Hulle word deur massas mense wantrou. 63% van Amerika se bevolking gebruik Facebook as hulle hoofbron van inligting en Facebook word deur die alt-regses oorheers. Minder as 25% lees nog koerante.<\/p>\n<p>Ons, in ons uithoekie van die alt-regse rewolusie, wonder tans onder mekaar hoe ons hierdie metodes en aanslag hier kan aanwend. Omstandighede is nie dieselfde nie. Die alt-regses het duidelike vyande en teikens gehad: Die Obama-regering en die Clintons. Hier het ons nie die luukse van so \u0149 vyand nie. Almal verag die ANC en hulle president; in elk geval almal met wie ons wil praat.<\/p>\n<p>Maar ons het wel een vyand wat ons kan en moet aanval, genadeloos en onophoudelik, en hierdie vyand is&#8230; ons eie nasionale hoofstroommedia.<\/p>\n<p>Daar is \u0149 tyd vir alles. Dit is nou die tyd van ons verskroeide aarde waarmee ons net die bouvalle van ons uitgediende outydse media agterlaat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Donald Trump gaan \u0149 muur bou, en dit is \u0149 goeie ding, maar sy werklike nalatenskap gaan nie wees wat hy gebou het nie, maar wat hy gebreek het. Hy het die Republikeinse Party geknak, die Demokratiese Party uitgewis, die loopbane van Jeb Bush, Mario Rubio en Ted Cruz \u00f3f erg belemmer, \u00f3f be\u00ebindig, en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":40764,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46,10],"tags":[23484,12998,17377,19564,8613],"class_list":["post-41790","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter","category-rubrieke","tag-alt-regs","tag-donald-trump","tag-hoofstroommedia","tag-hsm","tag-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41790","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41790"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41790\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40764"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41790"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41790"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41790"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}